EG Kerk Quellerie Park

EG Kerk Quellerie Park EG Kerk Quellerie Park Moontlik het u nog nooit met die Kerk kennis gemaak nie. Dit mag selfs wees dat u nog nooit van die Kerk gehoor het nie. (Matt. 8:17-19)

LEUSE: SO Sê die HERE"


Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige evangeliese kerk wat op gereformeerde grondslag berus. Deur verdraaide of gebrekkige inligting mag dit wees dat u 'n verkeerde begrip omtrent die Kerk het. Ons beskou dit as 'n besondere voorreg om u langs hierdie weg in te lig en beter kennis te laat maak met die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-

Afrika.

1. Die ontstaan van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

Die Kerk is gestig op 21 April 1944 deur 49 kerkraadslede van die N.G. Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam "Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika". Op 18 Augustus 1986 is die naam van die Kerk deur die Sinode verander na die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Die rede vir die naamsverandering was die voortdurende verwarring en assosiëring van die Kerk met die Pinksterkerke, terwyl die Kerk baie duidelik in die gereformeerde stroom is, maar met 'n sterk evangeliese karakter. Daar is gemeentes in al nege die provinsies van Suid-Afrika. Kenmerkend van die Kerk is die eenvoudige en verstaanbare boodskap wat onder inspirasie van die Heilige Gees na die mens gebring word onder die leuse "So sê die Here".

2. Die grondslag van die Kerk

Hierdie kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk, op grond van God's Woord bely, is evangelies-gereformeerd en dit word uitgedruk in sy evangeliese belydenis en ook die gereformeerde belydenisskrifte, nl. Die Drie Formuliere van Enigheid. Die Kerk aanvaar die Formuliere as ondergeskik aan die Woord van God.

3. Die Boodskap wat die Kerk verkondig

Tereg kan saam met die apostel Paulus gesê word: "Want ek het my voorgeneem om niks onder julle te wees nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde". Die boodskap wat deur die Kerk uitgedra word sluit die volgende in:

3.1 Die verlossing van verlore sondaars (Efes. 1:7) en dat 'n mens in hierdie lewe sekerheid van saligheid kan bekom. (1 Joh. 3:15)
3.2 Die vervulling met die Heilige Gees (Efes. 5:18) en die noodsaaklikheid van die heiligmaking wat die wil van God is vir sy kinders. (1 Thes. 4:7-8)
3.3 Die persoonlike wederkoms van Jesus Christus voor die duisendjarige vrederyk. (1 Thes. 4:16-17, Open. 19:20)
3.4 Die genesing van die kranke liggaam, wat impliseer dat God vandag nog siekes genees op grond van die versoening van Christus Jesus.

🙏2025🙏
03/01/2025

🙏2025🙏

15/12/2023
Saterdagaand om 18:00Sondag om 9:30 en 18:00
08/02/2023

Saterdagaand om 18:00
Sondag om 9:30 en 18:00

U is hartlik welkom
09/11/2022

U is hartlik welkom

21/04/2022

I always wondered what this part of Psalm 23 meant. I thought “He anoints my head with oil” was figurative language for God keeping the Psalmist healthy. I never knew this parallel.

Sheep can get their head caught in briers and die trying to get untangled. There are horrid little flies that like to torment sheep by laying eggs in their nostrils which turn into worms and drive the sheep to beat their head against a rock, sometimes to death. Their ears and eyes are also susceptible to tormenting insects.

So, the shepherd anoints their whole head with oil. Then there is peace. That oil forms a barrier of protection against the evil that tries to destroy the sheep.

Do you have times of mental torment? Do worrisome thoughts invade your mind over and over? Do you beat your head against a wall trying to stop them? Have you ever asked God to anoint your head with oil? He has an endless supply! His oil protects and makes it possible for you to fix your heart, mind, and eyes on Him today and always! There is peace in the valley! May our good Father anoint your head with oil today so that your cup overflows with blessings! God is good and He is faithful!!” - Author Unknown

12/04/2022

Vrydagoggenddiens, 15de April 2022, om 8:00 en Sondagdiens 09:30. Prediker ds. Jan Keyser.
Almal is welkom.

31/12/2021

Oujaars diens vanaand om 19:00 by die kerk. Kom geniet die Woord saam met ons vir 'n laaste keer in 2021.

02/08/2021

Alle aktiwiteite begin weer Sondag 08 Augustus. Ons diens begin om 9:30. Ons begin deur heerlik saam te sing en daarna luister ons na die Woord vekondiging.
Sien uit om u daar te sien.

Address

2 Reyger Street
Krugersdorp
1739

Telephone

+27116602672

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Quellerie Park posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category