31/03/2021
EK het JOU nodig, en JY het MY nodig…
Liewe vriende vandag kom ek my hart oopmaak teenoor julle…
Covid het ons ook baie seergemaak, en ons moet feitlik weer van voor af die Bediening en Gemeente opbou. Daar is net nie geld nie en mense in ons gebied kry geweldig swaar in die Weste van Krugersdorp. Ons is OMGEE KERK, familie van Lewende Woord.
Ons hou kerk by Nic Diederichs skool se Klubhuis, Sondae 9am.
Ons beplan om gedurende die wintermaande by elke erediens ‘n lekker bord warm kos gratis vir mense te gee, maak nie saak wie ookal kom nie. Vereiste is: hulle kom eers kerk toe vir die Woord, daarna lekker ete saam, gebed ens. So gaan ons mense bedien en ook voed, en die gemeente bou!
Ons benodig dus mense wat die Bediening sal ondersteun, in die vorm van finansies, donasies of borge vir kos, weggooi eetgery ens… Ook mense wat wil deel word vd Bediening, help kos maak ens. So as jy naby Krugersdorp is, en jy verlang om iewers betrokke te wees, kontak my asb!
Saam met dit alles het ek ook nog hierdie ‘Online-bediening’ op Facebook, ‘n Bevrydings-bediening, huisskoonmaak-, asook Huweliks-Bediening en voltrekking van huwelike…
Ek het ondersteuning nodig van mense wat vrywillig sal SAAI op hierdie manier in God se Koninkryk, sodat ek op die lug kan bly om mense te kan bly bemoedig, by mense fisies kan uitkom met probleme, en ook om mense in nood in ons bediening te kan help…
Ek wil so graag by mense uitkom, of ten minste vir hulle bel en oor die foon Bid, maar daars net nie geld vir brandstof of data nie…
Mense kort dikwels iemand om ‘n familielid te begrawe, en dan is daar nie geld nie. Ek wil graag die diens Gratis aanbied, sonder om oor geld te worry, vir petrol en my tyd.
Ek kort dus ernstig Bedienings-vennote!
Sou jy jou weg oopsien om Maandeliks ‘n R100, of soos die Vader jou ookal lei te saai in hierdie werk, jy my asb sal kontak, HIER, op MESSENGER of WHATSAPP : 0834405450.
Ons Bank details is: OMGEE KERK, FNB Tjek: 626 475 71175. Tak: 256955.
OF: PHM Fourie, FNB Tjek: 623 179 43646. Tak: 256955.
Jy sal saam in die Hemel deel in die Beloning vir die wen van kosbare siele!
Die Here seen jou 1000 voudig!
Mag die Here jou huisgesin en eiendom beskerm, en mag Hy jou voorspoedig maak in ALLES wat jy aanpak! ~ Job 1:10