10/04/2026
🌶️🍚 KERRIE & RYS FEES – ONS HET JOU NODIG! 🍚🌶️
Dis tyd om die potte te laat prut en die geure te laat werk!
Ons Kerrie en Rys projek is aan die gang, en ons wil dit ’n groot sukses maak – maar ons kan dit nie sonder julle doen nie!
👉 Ondersteun asseblief die projek deur ’n bakkie (of ses 😉) te koop
👉 Nooi jou vriende, familie, bure en kollegas om ook saam te eet
👉 Help ons om die woord te versprei
Kom ons wys wat ons gemeente kan doen as ons saamstaan 💪
Lekker kos, en ’n goeie doel – wat meer kan mens vra?
Dankie vir elkeen se ondersteuning! 🙌