Gereformeerde Kerk Kroonstad

Gereformeerde Kerk Kroonstad Die Gereformeerde Kerk Kroonstad

Die biltongaand beloof om ‘n hoogtepunt te wees! Spring om jou kaartjies te bespreek.
03/07/2026

Die biltongaand beloof om ‘n hoogtepunt te wees! Spring om jou kaartjies te bespreek.

Ons het Saterdagaand (30 Mei) 'n heerlike sop- en sjerrie-aand met dr. Willem Daffue aangebied. Die Here het gegee dat o...
04/06/2026

Ons het Saterdagaand (30 Mei) 'n heerlike sop- en sjerrie-aand met dr. Willem Daffue aangebied. Die Here het gegee dat ons 'n heerlike aand kon beleef met Dr Willem Daffue se vertelling van een van sy vele reise, die keer na Indonesië waar hy na die Berg Mwera gaan soek het. Natuurlik was dit gedokumenteer met asemrowende foto's van Hesté de Beer. Daarna het ons lekker sop met verskeie tuisgebakte broodjies geniet onder die geklank van mooi rustige musiek met 'n saksofoon.

Dankie aan elkeen, veral die susters onder leiding van die sustersbestuur vir al hulle reëlings en werk om die aand so 'n groot sukses te kon maak.

Sondag - 10 Mei 2026 Ons het die vorige naweek weer 'n groot voorreg gehad om die sakrament, die Heilige Doop, te beleef...
16/05/2026

Sondag - 10 Mei 2026
Ons het die vorige naweek weer 'n groot voorreg gehad om die sakrament, die Heilige Doop, te beleef toe die verbondseuntjie, Elijah du Plessis gedoop is. Dit is ons ouderling en teologie student Jaco en sy vrou Lynette se seuntjie wat ook hierdie teken kon ontvang as teken van God se genadeverbond ook met hom. Prof Henk Stoker het die erediens gelei.

07/05/2026
🎉 Gereformeerde Kerk Kroonstad Werkende Jeug Rolbaldag 🎉Wat ’n LEKKER dag!Baie gelag, goeie kompetisie en nog beter gese...
27/04/2026

🎉 Gereformeerde Kerk Kroonstad Werkende Jeug Rolbaldag 🎉
Wat ’n LEKKER dag!
Baie gelag, goeie kompetisie en nog beter geselskap – dit is wat dit alles werd maak!
Dankie aan elkeen wat deel was van die pret. Sulke dae bring ons net nóg nader aan mekaar!
Wie is reg vir die volgende een?

Gereformeerde Kerk Kroonstad is dankbaar - daar is vandag twee jong manne as diakens bevestig. Ons is baie gelukkig om s...
26/04/2026

Gereformeerde Kerk Kroonstad is dankbaar - daar is vandag twee jong manne as diakens bevestig. Ons is baie gelukkig om soveel nuwe jonger lidmate (gesinne) by te kry die afgelope jaar. Ook is Pieter Deysel as ouderling bevestig. Hy is die jongste ouderling in ons gemeente se geskiedenis. Hy bedien ons gemeente tans met die Woord. Hy het klaar gestudeer en moet nou net sy preekeksamen slaag, waarna hy by sy tuisklassis kan aanmeld vir finale eksaminering met die oog op beroepbaarstelling. Op die foto van links na regs is MJ Scheepers, ds Willem van Heerden (ons konsulent vanaf GK Parys), Pieter Deysel en Leon-andre Lourens.

Address

H/V Peck/en Turnerstraat
Kroonstad

Telephone

+27834627215

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Kroonstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share