Fearless Ministry

Fearless Ministry Sondag oggend diens tye 10:00

18/11/2025

.

08/11/2025

Psalm.34:8.
"Die Engel van die Here trek n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit."

Here ek bid dat ons U sal vrees sodat U ons kan uitred en n laer om ons trek. Amen.

07/11/2025

Psalm.142:6.
"Ek roep U aan, o Here! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes."

Dankie Here dat ons U kan roep as ons benoud is en dat U ons deel is. Amen.

06/11/2025

Psalm.130:5.
"Ek wag op die Here, my siel wag, en ek hoop op sy woord."

Here ek bid dat ons op U sal wag en dat ons siel na U sal dors. Amen.

05/11/2025

Markus.16:15.
"En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom."

Here gee dat elkeen van ons die evangelie sal verkondig. Amen.

04/11/2025

Matthéüs.19:26.
"Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."

Here ek bid dat ons onwrikbaar in U sal glo en leef want by U is alles moontlik. Amen.

03/11/2025

Matthéüs.7:24.
"Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koningkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is."

Here, gee dat ons nie n skyn godsdiens sal hê maar dat ons in die wil van Vader God sal kom en leef. Amen.

02/11/2025

Spreuke.16:9.
"Die hart van die mens d**k sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe."

Here dankie dat U ons lei waar ons moet wees. Amen.

01/11/2025

Spreuke.17:17.
"Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood."

Dankie Here dat die broer gebore word met die oog op die nood. Stel U ons in staat om daardie broer te wees. Amen.

31/10/2025

1. Petrus.1:9.
"en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry."

Dankie Here dat ons geloof ons saligheid vir ons siel gee. Amen.

30/10/2025

Galásiërs.2:20.
"Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maat Christus leef in my; En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Dankie Here dat ons in U kan leef en U in ons en dat ons nie meer n verlede het nie. Amen.

29/10/2025

Psalm.31:15.
"Maar ek vertrou op U, o Here! Ek sê; U is my God.

Here, dankie dat ons op U kan vertrou en dat U ons God is. Amen.

Address

Kragbron

Telephone

+27832573638

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fearless Ministry posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share