01/08/2026
Christenskap is ‘n radikale lewenswyse wat die vrug is van ‘n kwaliteitsbesluit wat jy moet maak om jouself te onderwerp aan God en Sy Woord as outoriteit in elke aspek van jou lewe en die Woord van God uit te leef as ‘n lewenswyse, slegs dan het jy die voorreg om te ervaar wat dit beteken om te wandel in die Heilige Gees.
Hebr 10:35-39(DV): “Julle moet dus nie julle vertroue verloor nie. Dit hou ‘n groot beloning in. (vs 36) Want julle het volharding nodig, sodat julle, wanneer julle die wil van God gedoen het, kan ontvang wat belowe is. (vs 37) Want “nog ‘n baie klein rukkie, en die Een wat kom, sal kom en nie talm nie”. (vs 38) My regverdige sal deur sy geloof lewe, maar as hy terugdeins, sal Ek nie met hom gelukkig wees nie. (vs 39) Maar ons is nie van dié wat terugdeins nie en so ondergaan nie, maar van dié wat glo en hul siel veilig behou word.”
Jesus Christus is die HOOF VAN DIE KERK – jy kan nie volwassenheid in die HERE bereik buite die raamwerk van die kerk nie – jy kan nie wandel in die Heilige Gees buite die raamwerk van die liggaam van Christus nie.
Rom 8:14(OV): “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” [take with one]
Nuwe bekeerlinge ervaar die grootste wonderwerk in hul lewens wanneer hulle gewederbaar word deur die Heilige Gees in die liggaam van Christus [kerk] [lewe deur die Heilige Gees]; … en dan word hul kerkgangers met ‘n sit-en-slurp-bediening en word ontneem van die geskenk van die ewige lewe wat hul ontvang het. [nog nooit die werklikheid ervaar wat dit beteken om ‘te wandel met die ‘Heilige Gees’ nie.]
Efes 1:22-23(OV): “En Hy het alle dinge onder Sy voete onderwerp en Hom as HOOF BO ALLE DINGE aan die gemeente gegee, (vs 23) wat Sy liggaam is, die volheid van Hom [the body of believers, as that which is filled with the presence, power, agency, riches of God and of Christ] wat alles in almal vervul [to cause God’s will to be obeyed as it should be, and God’s promises to receive fulfilment].”