NG Komati

NG Komati Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Komati, Church, 19 Erf Street, Komatipoort.

E-posadres: [email protected]
Kantoor & WhatsAppnommer: 082 850 8807
Kantoorure: Maandae - Vrydae 08:00-13:00
YouTube Kanaal: NG Komati
Byeenkomste om 09:00 inhuis & aanlyn

"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons Sy kinders, en ons is dit ook."Ons is saam met die Le ...
27/08/2026

"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons Sy kinders, en ons is dit ook."

Ons is saam met die Le Roux-familie diep dankbaar vir die doop van Sieghardt Samuel Le Roux.

Die doop herinner ons opnuut aan God se groot genade en Sy belofte wat van geslag tot geslag vasstaan. Ons bid dat die Here vir Sieghardt sal lei op sy lewenspad, en dat hy altyd sal weet hoe lief sy Skepper hom het.

Baie geluk aan Dirk en Michelle — mag julle baie wysheid en vreugde ontvang in sy grootmaak.

Ons uitreik na die rampgebiede in Mosambiek was geseënd bo ons verwagtinge! 🇲🇿 Dit is slegs moontlik gemaak deur die ong...
26/08/2026

Ons uitreik na die rampgebiede in Mosambiek was geseënd bo ons verwagtinge! 🇲🇿

Dit is slegs moontlik gemaak deur die ongelooflike ondersteuning vanuit ons eie gemeenskap sowel as soveel ander.

Dankie vir elke bydra, elke gebed en elkeen se betrokkenheid. Met julle hulp kan ons waarlik buitengewoon leef en hoop bring waar dit die nodigste is.

'n Spesiale dankie aan Kerk sonder Mure, wie se inisiatief hierdie uitreik moontlik gemaak het. Dankie vir julle visie en leierskap.

(Kyk na die foto's hieronder om te sien wat julle vrygewigheid vermag het!)

Dit was 'n ongelooflike en geseënde gemeenskapsfees 2026! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir 'n onvergeetlike dag v...
20/08/2026

Dit was 'n ongelooflike en geseënde gemeenskapsfees 2026! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir 'n onvergeetlike dag van saambring, omgee en feesvier.

Alle eer kom die Here toe vir Sy groot genade, die pragtige weer en die voorreg om as gemeenskap so saam te kon wees. Sonder Sy seën sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.

Ons wil ook 'n baie groot dankie sê aan al ons borge. Julle vrygewigheid, dryfkrag en oop hande het hierdie droom 'n werklikheid gemaak. Ons waardeer julle waardevolle belegging in ons mense opreg!

Dankie aan elkeen wat gekom het, gehelp het en die dag saam met ons gevier het. Julle maak ons gemeenskap spesiaal!

📢 Die NG Komati Gemeenskapsfees is hier!📢Ons gaan groot feesvier en jy wil dit nie misloop nie! Hier is alles wat jy moe...
08/08/2026

📢 Die NG Komati Gemeenskapsfees is hier!📢

Ons gaan groot feesvier en jy wil dit nie misloop nie! Hier is alles wat jy moet weet:

🚪 Wanneer maak ons oop?
Die hekke maak reeds om 13:00 oop.
🎤 Vermaak:
Die vermaak is vanaf 15:00 met ’n fantastiese reeks vertonings wat jou op jou voete gaan hê.
🥩 Kos & Koelboks:
Kom baie honger en ondersteun ons kosstalletjies en snoepie. Daar is ’n wye verskeidenheid kosstalletjies om van te kies. Onthou om ń leë koelboks saam te bring om jou vleis en gevriesde items wat te koop is by die Plaasmark, koud te hou.
🏉 Rugby-ondersteuners:
Vir die rugbyondersteuners sal die Springbokke se wedstryd tydens die Back Stage optrede gebeeldsend word.
🎟️ Toegang:
Geen voorafbesprekings nodig nie – kaartjies is beskikbaar by die hekke wanneer jy aankom.
Bring jou stoele, jou vriende en jou mooi persoonlikheid. Sien julle later! 🎉✨

📢 Ons Fees is om die draai! 📢Ons tel die dae af na Saterdag, die 8ste Augustus. Ons gaan groot feesvier en jy wil dit ni...
06/08/2026

📢 Ons Fees is om die draai! 📢

Ons tel die dae af na Saterdag, die 8ste Augustus. Ons gaan groot feesvier en jy wil dit nie misloop nie! Kaartjies beskikbaar by die hekke.

(Voorlopige program)

04/08/2026

Kom kuier saam die 8ste Augustus! Hekke open 13:00. Kaartjies beskikbaar by die hekke. R50 vir grootmense en R20 vir Laerskool kinders.

28/07/2026

NG Komati Gemeenskapsfees 08 Augustus. Kaartjies beskikbaar by die hekke. Hekke open 13:00. Kom kuier saam!

23/07/2026

Kom bederf jouself by die teetuin met ons gemeenskapsfees die 8ste Augustus 2026. Hekke open 13:00. Almal is welkom!

Address

19 Erf Street
Komatipoort
1340

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00

Telephone

+27828508807

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Komati posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Komati:

Shortcuts

Share

Category