NG Kerk Kloofsig

NG Kerk Kloofsig Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Kerk Kloofsig, Church of God, 365 Doris Street, Kloofsig.

29/10/2021

Goeiemiddag
Baie geluk aan die wenners van die koopbewyse!!

3de prys aan Joan Kolesky
2de prys aan Dries Steyn
1ste prys aan Piet Pieterse

28/10/2021

Hi almal,
Môre (Vrydag 29/10) is die trekking van die 3 koopbewyse (R500; R300; en R200) by Kings Meat Deli!
Dries sal die wenners telefonies in kennis stel en koopbewys gee!

As jy nog vinnig ‘n nommer wil kies en ‘n kaartjie @ R50 wil koop en ‘n maklike vragie beantwoord is jy welkom om Annamarie 0761057778 te kontak!

Baie dankie aan almal wat reeds kaartjies gekoop het!
Die geld gaan na ons 10de Maand Dankoffer!

16/10/2021

Goeiedag,
Dis ‘n voorreg om bekend te maak dat ons vanaf môre, 17 Okt, amper weer na normaal kan terugkeer tydens ons eredienste!
Geen register;
ons sing agter maskers saam met die orrel;
drink tee na die diens; en
die Kategese gaan voort na die vakansie!!
Ons sal steeds die protokol soos saniteer, maskers dra, en sosiale afstand handhaaf maar moedig u aan om in te skakel by die nuwe normaal.

15/10/2021

Môre almal,
10de Maand Dankoffer Projek!!
Daar is weer koopbewyse by Kings Deli Meat bekom👏🏻🥩🍖🍗
1ste prys - R500
2de prys. - R300
3de prys - R200
Kaartjies kos R50 per nommer!
Vraag: Het Kloofsig Gemeente ‘n kerkklok wat gereeld Sondae lui?🛎
Kontak Annamarie 0761057778 of Dries 0827263137!
Kies jou nommers en betaal kontant of EFT in kerk se rekening!
NG Gemeente Kloofsig
ABSA Lyttelton
Tjek rek 600580221

12/10/2021

Ons hoop julle is almal vernuftige baksters, infien nie, hier is jou kans om te oefen. Ons benodig 7dos kolwyntjies (cupcakes) vir ons tee by Rusoord die 27ste Okt 2021. ons moet dit egter op die 26ste ontvang omdat dit verpak moet word. Skakel asb vir Annemarie of Andra om jou bydrae te bevestig en finale reëlings te tref. 🧁🧁Lekker dag. 💞🌸💞

12/10/2021

Môre almal,
Ons verkoop Vrydag tussen 12:00 - 17:00 Jaffels @ R15 by die Kerk!
Bestel asb voor Donderdag by Annamarie 0761057778 of Dries 0827263137!

Welkom om by Danie se Basaar Winkel ‘n draai te maak vir ‘n lekker koppie tee/koffie!

05/10/2021

Môre almal,
Danie Steyn (0832716378) verkoop komende Vrydag (8/10) tussen 12:00 tot 17:00 heerlike kerrie en rys @ R25 per bakkie by die Basaar Winkel van NG Kerk Kloofsig (wat jy dan by die huis kan warm maak)!

Bestel asb voor Donderdag by Danie!

25/09/2021

Kloogsig Gemeente se
Virtuele Veiling Projek om fondse ter aanvulling van ons basaar in te samel.
Alle lidmate wat belangstel om daaraan deel te neem, moet hulself registreer as verkopers of kopers! Deelname is vrywillig!
Om jouself te registreer gee die vlg besonderhede aan Annamarie:
VOORLETTERS en VAN + SEL No
Verdere inligting sal dan volg!!

11/08/2021

Goeiedag almal,
Dis met vreugde dat ons kan bekend maak dat ons eredienste Sondag, 15 Augustus hervat word en boonop nagmaal, soos per ons kalender, kan vier.
Alhoewel ons steeds nie mag sing of tee drink nie, sien ons uit dat ons almal weer saam kan aanbid.
U is baie welkom.

30/07/2021

Goeiedag almal,
Baie dankie vir julle ondersteuning met die Kollekteprojek vir Julie, ons gelukkige wenner vir die koopbewys is Joan Kolesky!
Ons beplan om die projek weer in Oktober te herhaal, ons sal julle op hoogte hou!

28/07/2021

Goeiedag Gemeente,
Ons het besluit om geen eredienste te hou op 1 en 8 Augustus nie weens die Covid getalle asook die koue weer.
Voorlopig beplan ons om te heropen op 15 Augustus maar sal julle op hoogte hou.
Groete
Albert en Dries

20/07/2021

Met die Kollekte Projek wat ons einde Junie geloods het, het ons redelike sukses. Baie dankie vir elkeen wat ingekoop het by die projek. Ons versoek gemeentelede wat nog nie deelgeneem het om ons gemeente asb te ondersteun. Jy kies 'n nommer tussen 1 en 200 teen R50 per nommer (jy kan soveel nommers kies as wat jy wil) om 'n R500 koopbewys by Kings Meat Deli vir vleis te wen. Daar sal slegs net een wenner wees en die trekking vind plaas op 30 Julie deur die eienaar van die slaghuis. Die volgende nommers is reeds geneem 1 tot en met 33; 37; 42; 45; 47 tot en met 52; 55; 60; 66; 70; 73; 77; 79; 82; 84 en 85; 89 tot 91; 93; 100; 102; 104 en 105; 111; 120; 126; 177 en 185. Kies jou nommers en kontak Dries 0827263137 om dit aan te teken sodra ons jou geld ontvang het, hetsy kontant of inbetaal in die Kerk se rekening: Bankbesonderhede: ABSA Lyttelton; Tjekrekening 600580221. Om binne die reëls te bly moet ons 'n vraag vra saam met die nommer/s wat jy kies. Vraag: Wat ons ds se naam?

Address

365 Doris Street
Kloofsig
0140

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

0126643271

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Kloofsig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Kloofsig:

Share

Category