KOSH Gesinskerk Lede in Christus

KOSH Gesinskerk Lede in Christus Ons versorg, evangeliseer en leer mense om God te verheerlik en Sy Koninkryk te bevorder.

🍞🍷 ’N TAFEL VAN GENAADE 🍷🍞Ons berei ons harte voor om saam die Here se Nagmaal te vier. 🤍Die tafel is gedek — nie net me...
07/09/2026

🍞🍷 ’N TAFEL VAN GENAADE 🍷🍞

Ons berei ons harte voor om saam die Here se Nagmaal te vier. 🤍

Die tafel is gedek — nie net met brood en wyn nie, maar met ’n herinnering aan Jesus se groot liefde, genade en offer vir elkeen van ons.

“Doen dit tot my gedagtenis.”
— Lukas 22:19

Mag hierdie Nagmaal ons herinner aan die prys wat Jesus betaal het, die genade wat ons ontvang het en die hoop wat ons in Hom het. ✝️

Kom ons nader die tafel met dankbare harte. 🤍

✨ Nagmaal – Sondag, 2 Augustus 2026 ✨Sondag, 2 Augustus, het ons as gemeente die voorreg gehad om saam die nagmaal te ge...
03/08/2026

✨ Nagmaal – Sondag, 2 Augustus 2026 ✨

Sondag, 2 Augustus, het ons as gemeente die voorreg gehad om saam die nagmaal te gebruik. Ons is ook dankbaar dat ons senior groep die gemeente tydens die nagmaal bedien het.

Mag hierdie diens ons altyd herinner aan Jesus Christus se liefde, genade en die volmaakte offer wat Hy aan die kruis vir ons gebring het.

"Doen dit tot My gedagtenis." – Lukas 22:19

❤️ Kyk saam terug na 'n paar foto's van hierdie besondere oggend.

🎉 Terugblik op 'n besondere dag 🎉Op Sondag, 12 Julie, het ons as gemeente die voorreg gehad om ons geliefde Pastoor se v...
15/07/2026

🎉 Terugblik op 'n besondere dag 🎉

Op Sondag, 12 Julie, het ons as gemeente die voorreg gehad om ons geliefde Pastoor se verjaarsdag saam te vier, ter viering van sy verjaardag op 14 Julie.

Baie dankie aan almal wat deel was van hierdie spesiale geleentheid en gehelp het om dit so besonders te maak. Ons waardeer Pastoor se liefde, toewyding en getroue diens aan die Here en Sy gemeente.

Ons bid dat die Here hom ryklik sal seën met goeie gesondheid, wysheid, krag en vrede in hierdie nuwe lewensjaar. Mag God hom aanhou gebruik tot eer van Sy Naam.

🎂 Gelukkige Verjaarsdag, Pastoor! Mag die Here u oorvloedig seën.

"Die Here sal jou seën en jou beskerm." – Numeri 6:24

💙 Vadersdag – 21 Junie 2026 💙Tydens ons Vadersdagviering is 'n simboliese "Moses-staf" aan Pastoor Christo oorhandig as ...
25/06/2026

💙 Vadersdag – 21 Junie 2026 💙

Tydens ons Vadersdagviering is 'n simboliese "Moses-staf" aan Pastoor Christo oorhandig as teken van die roeping wat God op sy lewe geplaas het om Sy volk met geloof, wysheid en liefde te lei.

Soos Moses deur God gebruik is om Sy volk te lei, bid ons dat die Here vir Pastoor Christo sal versterk, lei en toerus vir die pad vorentoe.

Die jeug het ook hul waardering getoon deur aan elke pa in die gemeente 'n geskenkie te oorhandig as teken van dankbaarheid en erkenning vir die belangrike rol wat vaders vervul.

Ons is verder dankbaar vir Christopher Combrink wat ons tydens die diens met sang bedien het en die viering op 'n besondere wyse verryk het.

Dankie, Pastoor, vir u getroue diens, leiding en voorbeeld. Ons waardeer alles wat u vir die gemeente beteken.

"Die Here sal self voor jou uit trek. Hy sal by jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie." – Deuteronomium 31:8

Ons eer nie net die vaders in ons gemeente nie, maar ook die geestelike vader wat God aangestel het om ons te lei. 💙

🎉🌸 Suster Suzette se 60ste Verjaarsdagviering 🌸🎉Op 20 Junie het ons saam gekuier en 'n besonderse mylpaal gevier – Suste...
25/06/2026

🎉🌸 Suster Suzette se 60ste Verjaarsdagviering 🌸🎉

Op 20 Junie het ons saam gekuier en 'n besonderse mylpaal gevier – Suster Suzette se 60ste verjaardag!

Baie dankie aan almal wat deel was van die spesiale dag en gehelp het om dit onvergeetlik te maak. Dit was 'n voorreg om saam te lag, herinneringe te deel en hierdie besondere geleentheid te vier.

Suster Suzette, ons wens u nog baie geseënde jare toe. Mag die Here u steeds oorlaai met Sy liefde, vrede, goeie gesondheid en seën.

🎂✨ Baie geluk met hierdie wonderlike mylpaal!

🎣 VISVANGKOMPETISIE 2026 🎣Wat 'n wonderlike dag van ontspanning, gemeenskap en lekker visvang het ons op 16 Junie saam b...
25/06/2026

🎣 VISVANGKOMPETISIE 2026 🎣

Wat 'n wonderlike dag van ontspanning, gemeenskap en lekker visvang het ons op 16 Junie saam beleef!

Baie geluk aan ons wenners:

🏆 Eerste Plek – Tinus van Staden Jnr
🥈 Tweede Plek – Ruhandré
🥉 Derde Plek – Brendan Fourie

🐟 Junior Wenner – Cayden Goslin
⛪ Kerk Wenner – Deaan Botha

Baie dankie aan elke persoon wat deelgeneem het en gehelp het om die dag so 'n sukses te maak. Ons sien reeds uit na die volgende visvangkompetisie!

🌟 Op soek na hoop, bemoediging en 'n woord vir jou hart?Kom kuier hierdie Sondag saam met ons. Ons sien uit na 'n wonder...
16/06/2026

🌟 Op soek na hoop, bemoediging en 'n woord vir jou hart?

Kom kuier hierdie Sondag saam met ons. Ons sien uit na 'n wonderlike oggend van aanbidding, gemeenskap en die Woord van God.

🎶 Spesiale sangbediening deur Christopher Combrink.

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom! 🙌

Wat 'n geseënde dag in die huis van die Here! 🙏Sondag, 7 Junie 2026 het ons die voorreg gehad om Nagmaal saam te vier, a...
08/06/2026

Wat 'n geseënde dag in die huis van die Here! 🙏

Sondag, 7 Junie 2026 het ons die voorreg gehad om Nagmaal saam te vier, as herinnering aan Jesus se liefde en opoffering vir ons.

Ons het ook die inseëning van 3 kosbare kleintjies beleef, 15 nuwe lidmate aan die gemeente voorgestel, en die doop van 9 gemeentelede gevier wat hul geloofsverbintenis openbaar gemaak het.

Ons dank die Here vir Sy goedheid en genade en bid dat Hy elkeen ryklik sal seën op hul geloofspad.

Aan God alleen al die eer! 🤍

🎶✨ Sang en Musiek Aand – 31 Mei 2026 ✨🎶Wat 'n besondere en geseënde aand was dit nie! Ons is dankbaar vir elke lied, elk...
01/06/2026

🎶✨ Sang en Musiek Aand – 31 Mei 2026 ✨🎶

Wat 'n besondere en geseënde aand was dit nie! Ons is dankbaar vir elke lied, elke stem en elke persoon wat deel was van hierdie spesiale geleentheid.

Baie dankie aan almal wat opgetree het en aan elkeen wat die aand bygewoon het. Julle deelname en ondersteuning het bygedra tot 'n wonderlike atmosfeer van lofprysing, aanbidding en gemeenskap.

Geniet die video's en beleef saam met ons weer van die hoogtepunte van die aand. 🎵❤️

Ons nooi u hartlik uit om saam met ons hierdie aand mee te maak.
26/05/2026

Ons nooi u hartlik uit om saam met ons hierdie aand mee te maak.

Address

C/O Du Toit & De Bruyn Streets; Klerksdorp
Klerksdorp
2571

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when KOSH Gesinskerk Lede in Christus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share