18/06/2026
Goeiemôre almal!
Ons tema vir vanaand is: Waarom God kan wraak neem, maar ons moet dit nie doen nie?
Ons lees in 2 Kon 2:23-25 hoe Elia wraak neem oor kinders wat Hom gespot het en twee bere verskeur 40 van hulle. Dieselfde met die mense wat in opstand gekom het teen Moses en God skeur die aarde oop en hulle, met alles wat hulle het en almal wat aan hulle behoort verdwyn in die afgrond. So is daar baie ander voorbeelde. Tog sê die Woord ons moenie self wraak neem nie, maar dit oorlaat aan God wat sal wraak neem en wat elkeen sal vergeld wat verkeerd doen. Hierdie lering is baie nodig om nie toe te laat dat ons van God se seën en voorsiening beroof word nie. Wees daar as jy kan. Dit is ons laaste byeenkoms vir die kwaartaal.
Sien later vanaand! Vrede vir jou. Pastoor Herman