NG Kerk Diamantveld & Windsorton

NG Kerk Diamantveld & Windsorton Kerk

15/02/2026

Goeiemore...die eerste verhaal in die bybel, is die verhaal van Adam en Eva, n Tuinverhaal..."Die Here God het die mens in die tuin laat woon, om dit te bewerk en op te pas" (Gen.2:15) kom luister verder na hoe die verhaal hom uitspeel in Genesis 2 en 3🙏ds Pieter Roux en die Kerkraad (kategese in en na die erediens)

08/02/2026

Vanoggend, iets oor die lewe.. "Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met n bly gemoed: God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen"(Prediker 9:7) lekker dag!

25/01/2026

Goeiemore...ons Tema vanoggend: So moet julle bid...! Jesus gee hierdie opdrag in Mateus 6:9 in die baie bekende Bergpredikasie. Kom luister saam na die Model gebed wat Jesus ons gee as Hy Sy Bediening op aarde begin🙏kategese tydens en na die erediens en kom drink n lekker koppie tee-koffie saam! Ds Pieter Roux en die kerkraad

22/01/2026
20/01/2026
18/01/2026

Goeiemore: "Ek, die Prediker...ek het my daarop toegelê om alles wat in hierdie wêreld gebeur, te ondersoek en behoorlik te deurdink...ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is..."(Pred.1:12, 13 en 16) kom luister verder hoe Salomo worstel met God oor die lewe...Wysheid of dwaasheid is die keuse! Ds Pieter Roux en die kerkraad🙏kategese opening vanoggend, kom drink n lekker koppie tee na die erediens!

11/01/2026

Goeiemore...ons Tema vandag: Wat is ware Wysheid...? Salomo en sy vader Dawid leer ons; "Wysheid begin met die dien van die Here...almal wat dit doen het ware insig (Ps.111:10 en Spreuke 9:10) kom luister verder wat ware Wysheid is soos opgeteken in die Spreuke van Salomo! Ds Pieter Roux en die Kerkraad...onthou ons eredienste begin weer vanoggend 9h00 in Diamantveld!

04/01/2026

Goeiemore...Dis n nuwejaar, 2026! Paulus moedig ons aan hier op die eerste sondag van die nuwejaar: "Koop die tyd uit...maak die beste gebruik van elke geleentheid". Kom luister saam en en kom ons doen juis dit soos ons 2026 "instap"🙏Voorspoed en SEEN, ds Pieter Roux en die kerkraad (onthou, daar is nie n erediens 9h00 in die kerk nie, slegs n video Diens) lekker rusdag!

Address

Opheliastraat 4-6
Kimberley

Telephone

+27538420990

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Diamantveld & Windsorton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Diamantveld & Windsorton:

Share

Category