NG KERK Hazyview

NG KERK Hazyview Eredienste en Kinderkerk 09:00 op Sondae. Kom sluit gerus aan!

En hy het!
29/08/2026

En hy het!

*'n Oggend van seën en samesyn by NG Hazyview*Dit was voorwaar 'n voorreg om vanoggend saam as NG Hazyview-familie en vr...
29/08/2026

*'n Oggend van seën en samesyn by NG Hazyview*

Dit was voorwaar 'n voorreg om vanoggend saam as NG Hazyview-familie en vriende te kon vergader. Ons is op 'n besondere wyse verryk deur Jaco Kriel, wie se aangrypende getuienis elkeen van ons se harte geraak het. Sy opregte boodskap het nie net tot ons gespreek nie, maar ons herinner aan die krag van geloof en die skoonheid van ons gemeenskap.

Die oggend is afgesluit met lekker gesels en saam eet – 'n kosbare geleentheid om die bande van vriendskap en geloof te versterk. 'n Groot dankie aan Jaco vir jou bereidwilligheid om jou hart met ons te deel; jou woorde sal nog lank by ons bly.

Saam Kuier Ontbyt met Jaco KrielJy word hartlik uitgenooi na 'n oggend van inspirasie en saamwees. Ons is bevoorreg om J...
23/08/2026

Saam Kuier Ontbyt met Jaco Kriel

Jy word hartlik uitgenooi na 'n oggend van inspirasie en saamwees. Ons is bevoorreg om Jaco Kriel as ons gasspreker te verwelkom.

Datum: 29 Augustus
Tyd: 09h00
Plek: NG Kerk Hazyview
Koste: Gratis

Kom geniet die geleentheid saam met ons. Vir beplanningsdoeleindes, laat weet asseblief die kerkkantoor indien jy van plan is om dit by te woon.

Ons sien uit daarna om jou daar te sien!

13/08/2026

Save the date!!!!!
Die 18de September is dit weer tyd vir ons laerskoolkinders om te gaan kamp by Ella Combrink. Gee solank jou kind se naam op by Ds. Ingrid Joubert. Sodra die inskrywingsvorms gereed is sal ons dit uitstuur.

06/08/2026
02/08/2026

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Op 1 Augustus kom ons gemeente saam met al die kerke in ons omgewing bymekaar om 'n aanbiddingsmiddag te hou, omdat ons ...
06/07/2026

Op 1 Augustus kom ons gemeente saam met al die kerke in ons omgewing bymekaar om 'n aanbiddingsmiddag te hou, omdat ons almal dieselfde Here dien en liefhet. Kom sluit aan by hierdie spesiale geleentheid. Dit is gratis en beloof om 'n onvergeetlike ervaring te wees wat jy nie wil misloop nie!

Sluit gerus by ons aan vir Pinkster!Ondersteun ook asseblief ons kombersprojek vir minderbevoorregtes terwyl dit nou al ...
20/05/2026

Sluit gerus by ons aan vir Pinkster!

Ondersteun ook asseblief ons kombersprojek vir minderbevoorregtes terwyl dit nou al kouer raak.
Bring 'n bers, geniet 'n ligte ete vooraf en ontvang 'n Pinkster-boodskap!

Woensdag - "Here, ek kom te veel kerk toe om te rus, en te min uit om te werk."
1Tim 2:3-12; Hand 1:8

Donderdag - Elkeen leef Christus
Mark 3:33-35; Joh 17:1-26

Sondag - Pinksterfees met Piet Smit

https://bybelmedia.co.za/wat-is-pinkster/

Address

Portion 125, Burgers Hall 21 JU
Kiepersol
1241

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:15

Telephone

+27649176892

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG KERK Hazyview posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share