NG Kempton Kruin

NG Kempton Kruin Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Kempton Kruin, Church, Fiskaal straat 30, Glenmarais, Kemptonpark, Kempton Park.

20/07/2018
03/09/2015

Hierdie is 'n verouderde blad. Lees asb net "Kempton-Kruin" se splinternuwe blad! Dr Danie

25/08/2015

Sondag was die laaste van die reeks oor ons gedagtes. God maak ons gedagtes nuut. Hy vernuwe ons denke. Hy help ons om meer en meer soos Jesus te d**k. Dit het 'n groot verskil in my menswees gemaak. En in joune?

18/08/2015

Sondagaand het Schalk gepreek oor Levi. Hy het Jesus ontmoet en sy hele lewe het in 'n oogwenk verander. Hy het alles net soos laat agterbly, en Jesus gevolg. Het jy Jesus al so ontmoet? Eerstehands? Persoonlik? En alles agtergelaat om Hom te volg? Danie

11/06/2015

Kempton-Kruin is geroep om missionaal te leef en daarom uit te reik na mense van alle groepe, gelowe en nie-kerklike mense, en om mede-gelowiges van alle Christen-groepe te versterk en op te bou in hulle geloof. Hoe sien jy jou rol as lidmaat tussen jou vriende, familie en kollegas?

31/03/2015

Die Paasnaweek is die hoogtepunt van die Christelike jaar. Ons d**k nie net terug aan wat Jesus 2000 jaar gelede vir ons gedoen het nie. Ons besef eerder: ons is saam met Hom gekruisig! Daarom het die sonde geen houvas meer op ons nie. Ons is vry! Kom ons gee daarom ons hele liggaam aan God om Hom te verheerlik (Rom 6:13). Dr Danie Malan

23/03/2015

Die Paassangdiens met Hester van der Westhuyzen en die gaskunstenaars was 'n wonderlike ervaring op ons Paasreis saam met Markus. Mag die Paasnaweek 'n groot hoogtepunt van hierdie reis wees. Dr Danie Malan

Kommentare oor die nuwe liturgiese ruimte: Ek moet bieg, dit is baie mooier as wat ek ged**k het dit sal wees. Lidmaat. ...
23/03/2015

Kommentare oor die nuwe liturgiese ruimte: Ek moet bieg, dit is baie mooier as wat ek ged**k het dit sal wees. Lidmaat. Na die matte in is en die afronding gedoen is, gaan dit lidmate en besoekers se asem wegslaan. Kruin is op 'n pad van vernuwing om nuwe mense in te nooi en deel van God se huisgesin te maak, veral die gesinne met jong kinders en tieners. Ons wil hoop gee en mense help om hulleself nuut te ontdek in Christus as mense wat 'n verskil kan maak in Suid-Afrika. Ons vertrou immers op die Heilige Gees om ons aan te raak en te stuur om sy lewende water oral te laat vloei. Anel Viljoen se kosmosse het gister mense se harte gesteel in Kruin. Danie Malan

Address

Fiskaal Straat 30, Glenmarais, Kemptonpark
Kempton Park
1619

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kempton Kruin posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kempton Kruin:

Share

Category