VEK Kempton Park Jeug

VEK Kempton Park Jeug Die Facebook blad van die Volle Evangelie Kerk Kempton Park Jeug.

Kom en geniet die diens saam met ons.  Sondag 03 Sept 09:00.VEK Kemptonpark
01/09/2023

Kom en geniet die diens saam met ons.
Sondag 03 Sept 09:00.VEK Kemptonpark

30/09/2022
Jeug byeenkoms vannaand om 19:00 ! Gr7 - Gr12 is welkom !
27/05/2022

Jeug byeenkoms vannaand om 19:00 ! Gr7 - Gr12 is welkom !

Die jeug oefen vanmiddag 15:00 -17:00 vir die Volleyball kompetisie.Daar sal nie Jeugbyeenkoms vanaand wees nie.
13/05/2022

Die jeug oefen vanmiddag 15:00 -17:00 vir die Volleyball kompetisie.Daar sal nie Jeugbyeenkoms vanaand wees nie.

Daar is groot pret vanaand by die Jeug !
22/04/2022

Daar is groot pret vanaand by die Jeug !

Alle Gr 7's - Gr 12's welkom
18/04/2022

Alle Gr 7's - Gr 12's welkom

Jeugbyeenkoms Vrydag aand om 19:00 .Gr 7 tot Gr 12 is welkom!
07/04/2022

Jeugbyeenkoms Vrydag aand om 19:00 .Gr 7 tot Gr 12 is welkom!

In Matteus 4 lees ons van Jesus, wat na sy doop, woestyn toe is waar Hy vir 40 dae en nagte gevas het. Dit was toe dat S...
30/03/2022

In Matteus 4 lees ons van Jesus, wat na sy doop, woestyn toe is waar Hy vir 40 dae en nagte gevas het. Dit was toe dat Satan gekom het om Jesus te versoek.

Omdat hy geweet het dat Jesus honger moes wees, sê Satan vir Hom om die klippe in brood te verander. Net soos wat hy met Adam en Eva gedoen het, het Satan probeer om Jesus so ver te kry om iets te doen wat nie deel van God se plan vir sy lewe was nie. (Dis presies wat Satan met jou ook doen.)

Jesus het geantwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.'" (Matteus 4:4) 'n Aanhaling uit Deuteronomium 8:3.

Satan het besef sy eerste plan het misluk, dus het hy Jesus vanuit 'n ander hoek aangeval. (Dis presies wat Satan met jou ook doen.) Dieselfde metode, 'n nuwe poging.

Die duiwel neem Jesus toe na die hoogste punt van die tempel in Jerusalem en daag Hom uit om daarvandaan af te spring. Satan besluit toe dat twee mense hierdie speletjie kan speel, en haal Psalm 91 aan:

“Daar staan mos geskrywe: 'Hy sal sy engele oor jou opdrag gee' en: 'Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.'" Matteus 4:6
(Ja, Satan ken ook die Bybel.) Hy wou Jesus versoek om te bewys dat Hy waarlik die Seun van God is. Hy wou ook vir God probeer forseer om bewys te lewer van sy liefde en sorg.

Jesus was onbeweeglik en het eenvoudig geantwoord: “Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie." (Matteus 4:7) 'n Aanhaling uit Deuteronomium 6:16.

Dit het ook nie gewerk nie, dus het Satan 'n ander manier probeer om sy pad na Jesus se denke oop te grawe. (Weereens, dis presies wat Satan met jou doen.)

Hy neem Jesus toe na 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en bied dit alles vir Hom aan indien Jesus sou neerval en hom aanbid. Jesus het nou genoeg gehad en beveel hom: “Gaan weg, Satan!" Hy haal toe Deuteronomium 6:13 aan: "Want daar staan geskrywe: 'Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.'" (Matteus 4:10)

Moet ons nie dieselfde benadering as Jesus volg nie?

Drie keer, in drie afsonderlike gevalle en versoekings het Jesus Satan se leuen ontbloot en die waarheid van God se Woord toegepas wat Hy gememoriseer het sedert Hy 'n jong, Joodse seuntjie was.

Die eerste hulpmiddel waarvan ek dus geleer het om my denke mee te vernuwe en my lewe te verander, was die Beginsel van Vervanging: Verwyder die leuens en vervang dit met waarheid. As jy eers hierdie hulpmiddel, hierdie wapen, verstaan, kan jy begin om dit gereeld te gebruik om jou denke en jou lewe te verander.

Jesus se duidelike voorbeeld, uitgebeeld in Matteus 4, is hoekom dit noodsaaklik is om die Bybel te ken. As navolgers van Christus, prioritiseer ons Bybellees, luister na Bybelonderrig, skakel by Bybelstudies in en kry God se Woord in ons harte sodat ons die swaard teen die vyand se leuens kan gebruik.

Address

10 Glenavon Road, Aston Manor
Kempton Park
1630

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VEK Kempton Park Jeug posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share