NG Kerk Townsview

NG Kerk Townsview Ons was 'n deernisvolle en liefdevolle klomp mense in die Suide van Johannesburg.

01/03/2024
Herinneringe uit die kermis van 2008
15/02/2023

Herinneringe uit die kermis van 2008

Herinneringe uit die Paasspel van 2007
08/09/2022

Herinneringe uit die Paasspel van 2007

Die geskiedenis van NG Townsview
29/05/2022

Die geskiedenis van NG Townsview

Aankondigings vir 29 Mei 2022
29/05/2022

Aankondigings vir 29 Mei 2022

29/05/2022

Klankopname van die erediens van 29 Mei 2022

Uit die pastorie: 25 Mei 2022Geduld ... een van die heel moeilikste vrugte van die Gees!!En daar val ek myself vir ‘n vo...
24/05/2022

Uit die pastorie: 25 Mei 2022
Geduld ... een van die heel moeilikste vrugte van die Gees!!
En daar val ek myself vir ‘n volle drie weke behoorlik uit alles uit. Wat ‘n vinnige vyf minuut werkie moes wees, word toe iets baie groter, duurder en seerder as wat ek ooit self sou kon d**k.
En weer eens besef ek in hierdie tyd dat geduld, hierdie besondere vrug van die Gees, my nog ‘n leeftyd lank ontwyk.
As ek geduldig was en dalk hulp gevra het, sou die val seker nooit gebeur het nie en sou ek beslis nie vir drie weke tussen werlikheid en nie-werklikheid gedwaal het nie.
En kyk nou net wat het ek alles gemis! Die Russe veg nog steeds, die regerende party erken dat hy moeilikheid het en ons geagte minister wil ‘n vlagpaal oprig van 22 miljoen rand ... en ook sommer so in dieselfde proses die bekende Taalmonument se naam verander. Blouwillem skryf in hierdie week se rubriek die baie waar woorde: “... die mensdom het nou al kafeïne uit koffie gehaal, alkohol uit bier uit en selfs bestuurders uit motorkarre, maar nog nie idiote uit die kabinet nie.” Ai, mens kan maar net jou kop skud as jy alles lees en gadeslaan. En dan wou ons agbare minister die vlagpaal ook sodanig verlig dat ruimtevaarders dit sommer uit die ruimte al kan raaksien ... maar dit kos nie ‘n Einstein om te besef dat hierdie plan nie sou werk nie, want meeste van ons sit saans met beurtkrag!!!
Dis sulke tye wat my ongeduld sy prooi wil bespring soos ‘n luiperd wat ongeduldig gewag het om sy prooi plat te trek.
Dankie tog vir die woorde van die Psalmdigter Dawid: “As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” (Psalm 27: 13-14)
Ek d**k die meeste van ons kan ons vereenselwig met hierdie woorde uit die pen van die digter Dawid, want geduld is seker een van die moeilikste fasette van die vrug van die Gees om te bemeester ... maar, die oomblik wat ons geduld in ons lewe innooi, is daar bittermin wat ons in hierdie lewe kan stuit.
Geduld is die vermoë om te kan wag op die Here, nie moed te verloor nie en te volhard in geloof. Ons lewe teen so ‘n vinnige tempo in die wêreld vandag, waar alles hier en nou gebeur. Daarom is ongeduld aan die orde van die dag, met padwoede, rusies, onenigheid, gebroke verhoudings ... ongeduldigheid so deel van ons elkeen se lewe elke dag.
Ek wil glo dis presies waarom geduld juis een van die vrugte van die Gees genoem word. Ons word nie daarmee gebore nie, ek kan dit nêrens koop of sommer net kry nie ... geduld bid ek elke dag van my lewe van die Here af en dan rus ek in daardie heerlike wete dat my Vader alwetend en almagtig is en dat Hy vir my, Sy kind, net die heel beste wil hê elke dag.
Om te wag op die Here is presies waaroor geduld gaan. Geen passie en geen toegewydheid gaan my drome laat werk as ek nie eers geleer het om op die Here te wag nie.
En dalk lê die sleutel tot geduld juis hierin opgesluit ... om te leef in die oomblik en om alles wat goed is in hierdie oomblik ten volle te omhels en met ‘n dankbare hart op die Here te wag ...
En so kom ons kuier van die afgelope 26 maande ook ten einde. Wat daar êrens in Maart 2020 as ‘n huiwering in my eie hart begin het, ‘n behoefte om my eie deurmekaar gedagtes op papier te sit, kom op 31 Mei tot ‘n einde.
Vanaf 1 Junie is ons die gemeente Ligbaken met ‘n heel nuwe baadjie en ‘n nuwe voorkoms. Kom ons kyk hoe dinge van daar af ontwikkel. Dankie vir al hierdie maande se saam kuier, saam bekommer, saam huil en sommer lekker saam lag oor alles wat rondom ons gebeur. Dit was vir my ‘n ongelooflike voorreg om vir so lang tyd ‘n gereelde gas in u huis te kon wees. Kom ons vertrou die Here ook vir die nuwe seisoen wat haas gaan begin en kyk met opgewondenheid vooruit na ‘n nuwe hoofstuk wat vir elkeen van ons gaan begin.
Soos altyd: Kyk mooi na jouself, bid en bid en bid vir geduld en dat die Here dit deel van jou lewe sal maak. Hopelik kuier ons spoedig weer?
Ds Danie

22/05/2022

Klankopname van die erediens van 22 Mei 2022

Aankondigings vir 22 Mei 2022
22/05/2022

Aankondigings vir 22 Mei 2022

15/05/2022

Klankopname van die erediens van 15 Mei 2022

Aankondigings vir 15 Mei 2022
15/05/2022

Aankondigings vir 15 Mei 2022

08/05/2022

Klankopname van die preek van 8 Mei 2022

Address

6 Hex River Street
Johannesburg
2190

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Townsview posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Townsview:

Share