NG Kerk Die Vleie Hoekwil

NG Kerk Die Vleie Hoekwil Hier gesels en kuier ons saam as God se huisgesin oor alles wat ons na aan die hart is. Jy is welkom!

Kerk Kantoor - Donderdag 08h00 - 12h00
vir meer inligting of navrae bel 078 965 3651. Kerkdienste: Okt-Mrt 09h00 (Somertyd)
Apr-Sept 09h30 (Wintertyd)

Ps 139:14. 'Ek wil U loof, want U het my op ñ wonderbaarlike wyse geskep.' En deel van ons unieke ek, is die emosies wat...
18/03/2026

Ps 139:14. 'Ek wil U loof, want U het my op ñ wonderbaarlike wyse geskep.'

En deel van ons unieke ek, is die emosies wat ons ontvang het ..😁😥😡🫣... Die Gr 3's van Touwsranten VGK Primêr het vanoggend entoesiasties saam met tannie Elaine gesels oor ál die emosies wat ons beleef....die goeie en die slegte....en hoe ons met Jesus se hulp dit reg kan gebruik en beheer.
Die maats het uitbundig gesing, gelag en gespeel, en heerlik agterna met al hulle eetgoed gekuier!
Dit was ñ perfekte, geseënde oggend. Dankie Jeugbediening en dankie al die tannies vir julle oop harte!

Op YouTube beskikbaar!...Sondag, 15 Maart. Ds Dawie le Roux.
17/03/2026

Op YouTube beskikbaar!...Sondag, 15 Maart. Ds Dawie le Roux.

Prediker: Ds. Dawie le RouxNG Kerk Die Vleie: Oggenddiens op 15 Maart 2016

Op YouTube!  Dr Danie Nel, 1 Maart.Wildernishoogte.
17/03/2026

Op YouTube! Dr Danie Nel, 1 Maart.
Wildernishoogte.

Prediker: Dr. Danie Nel NG Kerk Die Vleie: nagmaalsdiens te Wildernishoogte op 1 Maart 2026Die aard van ’n intieme verhouding met God word aan die hand van t...

Op YouTube. 8 Februarie. Ds Frankie Ge**er.
17/03/2026

Op YouTube. 8 Februarie. Ds Frankie Ge**er.

Prediker: Ds Frankie Ge**er.NG Kerk Die Vleie: 8 Februarie 2026

Die Gr.3 maats van Hoekwil Primary School het by ons gekuier op hierdie heerlike koel, nat oggend! Hulle en tannie Elain...
17/03/2026

Die Gr.3 maats van Hoekwil Primary School het by ons gekuier op hierdie heerlike koel, nat oggend!

Hulle en tannie Elaine het oor emosies gesels....of dit vreugde, hartseer, woede of kommer is, dit is alles deel van ons unieke menswees.
Dit is egter ons keuse hoe ons op die verskillende emosies reageer en optree, en dit bly ons gebed dat ons kinders sal leer om hulle emosies reg te kanaliseer...reg te beheer.
Ons is almal só perfek en wonderlik geskape deur God! Ps.139:14

Elke maat het die geleentheid gekry om met koekies en ñ verskeidenheid lekkergoed twee verskillende emosies uit te beeld, en natuuuurlik was daar genoeg tyd vir kuier! Hulle is terug skool toe, elk met ñ magneet kaartjie waarop vanoggend se teksvers geskrywe is, as aandenking.

Dankie aan elke tannie wat kom saam speel het!

16/03/2026
Die smaak van stroopsoet waatlemoen, die geluide van jillende kinders en die heerlike reuk van braaivleisvuur is maar ne...
16/03/2026

Die smaak van stroopsoet waatlemoen, die geluide van jillende kinders en die heerlike reuk van braaivleisvuur is maar net drie van die vele hoogtepunte van vanjaar se Sondagskoolpiekniek, Sondag 15 Maart 2026, by Afri-Eco Resort net buite Wildernis.

Die jong klomp het natuurlik onophoudelik geswem en gegly, maar selfs die mammas was braaf genoeg om die glybane aan te durf.

Dankie aan almal vir ‘n spesiale dag langs die swembad, maar veral aan Hendro en Merize Botes wat elke jaar hulle oord vir ons Sondagskool oopstel vir die spesiale byeenkoms.

15/03/2026

Juig en Getuig 15 Maart 2026

15/03/2026

Erediens 15 Maart 2026

14/03/2026

Die Visvanger...geniet die eerste uitgawe van 2026!☕🧑‍💻

14/03/2026

Daar is nog plek beskikbaar, kontak sommer vandag vir Dolf!

NG Kerk Die Vleie. Bybelopleiding.
Wil jy die Bybel beter verstaan, sonder om dit te verdraai?
Vir Christene wat wakker lees, diep d**k en eerlik wil groei.
Veritas Bybelopleiding (Module 1) begin 25 Maart 2026.
📲 WhatsApp of skakel Dolf Syvertsen – 083 651 2425

Saterdag 9 Mei...draf en basaar!🥳..eet en drink ...speel en kuier ...oud en jonk...almal tesaam in dankbaarheid vir 80 g...
13/03/2026

Saterdag 9 Mei...draf en basaar!🥳..eet en drink ...speel en kuier ...
oud en jonk...almal tesaam in dankbaarheid vir 80 geseënde jare!

Address

Kerk Straat
Hoekwil

Opening Hours

Thursday 08:00 - 12:00
Friday 09:00 - 11:00
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27789653651

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Die Vleie Hoekwil posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Die Vleie Hoekwil:

Share