NG Universiteitsoord Alumni

NG Universiteitsoord  Alumni As jy 'n geestelike reisgenote soek vir hierdie road trip van jou tyd as student ... dan sal jy dit hier by ons kan kry. Hoekom?

Want ons glo God wil hê as student en jong volwassene moet jy deel wees van 'n netwerk van mense , waar jy kan BEHOORT! As jy 'n ruimte soek waar jy die lewe en jouself kan ontdek en ontgin ... dan bied ons jou vele kanse om jouself te leer ken terwyl jy 'n verskil maak in die wêreld om jou. Hier is vir jou genoeg ruimte om jouself en die wêreld om jou te BEWEEG. Die Here het ons geseën die afgelo

pe half-eeu sedert ons gemeente se begin toe ons al begin het om te fokus op die bediening van studente. Daarom glo ons dat met duisende studente, dosyne kampe & uitreike, verskillende bedieninge & projekte en 'n selgroep in jou omgewing is ons seker jy sal 'n plek vind waar jy welkom voel. Verkies jy byvoorbeeld 'n orrel, tjello en viool in 'n erediens, dan sal jy gemaklik wees met ons klassieke dienste. As jy agter hou van dromme en elektriese kitare sal die alternatiewe diens meer in jou smaak val. Hou jy van sports bied die kaskar fees, die sportsdag of die fietstoere jou die kans om behoorlik te sweet. Miskien is jy iemand wat hou van boukampe en sendinguitreike of eerder van plaaslike liefdadigheidsprojekte of berading gee aan vriende in nood ... dan is hier iets vir jou. Loer gerus hier om meer uit te vind oor die groot verskeidenheid van mense en doen en late waarvan jy deel kan wees by Universiteitsoord NG Kerk. As jy meer wil weet, kontak gerus enige van die studenteleiers of studentepredikante en hulle sal graag saam met jou 'n koffie gaan drink.

20/07/2026

Ons tweede preekreeks vir 2026 skop Sondag af!
UNDER CONSTRUCTION

In hierdie reeks gesels ons oor genadegawes – die unieke gawes wat die Here aan elkeen van ons gee om Hom en ander te dien. Sien jou Sondag! 👷👷🏻‍♀️

https://www.universiteitsoord.co.za/preekreeks

17/07/2026

ONE MONTH TO GO! ⏳🏁
The countdown has begun.
Who's ready for Kaskar 2026? 🚗💨🔥

Every lap makes a difference.
Join us for an unforgettable day of fun, community, and purpose.
Kaskar 2026 – see you on race day!

17/07/2026
18/05/2026
09/04/2026

🔥🥔 HOT POTATO GESPREKKE 🥔🔥

3 Weke reeks waar ons praat oor die dinge waaroor mense gewoonlik stilbly 😌

📅 5 , 12, 26 Mei
🕗19:00

Meer inligting volg binnerkort...

06/04/2026

Kom nes jy is…almal is welkom!

Worshipaand hierdie Donderdag 9 April 18:30 by NG Universiteitsoord.

Address

Duxburyweg 105
Hillcrest
0083

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27664080909

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Universiteitsoord Alumni posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Universiteitsoord Alumni:

Shortcuts

Share