29/07/2025
GENIET Ñ SPESIALE SONDAG!
Om 09:30 begin ons normale Sondag erediens, waartydens Winand Grundling die orrelbegeleiding tydens die erediens waarneem. Daarna geniet ons saam ñ koppie tee. Almal welkom by die erediens!
Aansit-ete begin om 11:00 en daarna die orrel-uitvoering om 12:00. Koste R60 per ete en R100 pp vir die uitvoering. Bespreek per WhatsApp by Daleen - 072 545 7034. Ete besprekings sluit Woensdag, 30 Julie.
Pyporrels in Suid-Afrika is nie net majestueuse musiek-instrumente nie, maar word geag as waardevolle, kulturele en historiese artifakte.
Na ‘n uiters suksesvolle orrel-uitvoering in die NG Kerk Hartebeestfontein verlede jaar, het die plaaslike ATKV-tak besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak om die wonderlike orrel-erfenis van die plaaslike gemeente en die vaardigheid van orrelspel, met inwoners van omliggende dorpe te deel.
- Lees meer: https://www.northwestnewspapers.co.za/midweek/news/community-news/pyporrel-erfenis-op-sy-beste-in-hartbeesfontein