NG Gemeente Groblersdal

NG Gemeente Groblersdal Dit is hier waar ons as gemeente daarna strewe om die koninkryk van God sigbaar te maak!!

Ons doen dit deur ons geloof in die Here Jesus Christus te bely, ons bekering uit te leef, ons gawes uit te leef en die Here te verheerlik in alles wat ons doen.

Wat bedoel ons wanneer ons elke Sondag bely dat Jesus Christus “ter helle neergedaal” het?Het Jesus ná sy dood hel toe g...
01/09/2026

Wat bedoel ons wanneer ons elke Sondag bely dat Jesus Christus “ter helle neergedaal” het?

Het Jesus ná sy dood hel toe gegaan? Wat leer die Skrif, en waarom maak die Heidelbergse Kategismus juis van hierdie moeilike frase ’n bron van troos?

Kom dink Woensdagaand saam hieroor by ons Bybelskool.

Die formaat:
• Lees vooraf bl. 21–31 in die werkboek
• ’n Voordrag van ongeveer 35–40 minute in die kerk
• Daarna vrae en gesprek in die konsistorie

Bring jou werkboek. Bring jou vrae.

Woensdag 2 September | 18H00
NG Gemeente Groblersdal

Almal word hartlik uitgenooi na die Erediens komende Sondag om 09h00.
28/08/2026

Almal word hartlik uitgenooi na die Erediens komende Sondag om 09h00.

Ons Bybelskool gaan vanaand voort met Sessie 2:“Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.”...
26/08/2026

Ons Bybelskool gaan vanaand voort met Sessie 2:

“Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde.”

🕕 18H00
📍 NG Gemeente Groblersdal

Kom soos jy is. Almal is welkom—ook indien jy die eerste sessie gemis het!

25/08/2026
Wat glo die Kerk en waarom maak dit saak?Ons bely elke Sondag: “Ek glo…” Tog vra hierdie bekende woorde dat ons hulle be...
17/08/2026

Wat glo die Kerk en waarom maak dit saak?

Ons bely elke Sondag: “Ek glo…” Tog vra hierdie bekende woorde dat ons hulle behoort te verstaan, met oortuiging bely en daarvolgens leef.

Kom ontdek saam met ons die ryke inhoud van die Apostoliese Geloofsbelydenis en waarom hierdie 12 artikels steeds die Kerk se geloof, identiteit en getuienis vorm.

📅 Woensdag, 19 Augustus 2026

🕕 18h00

📍 NG Gemeente Groblersdal Kerkgebou

Almal is hartlik welkom. Bring gerus jou Bybel saam. Werkboek sal voorsien word.

📚ONDERWYSERS & GRAAD 7-LEERDERS — HIERDIE EEN IS VIR JULLE!📚NG Gemeente Groblersdal nooi jou hartlik uit na Onderwysersa...
13/08/2026

📚ONDERWYSERS & GRAAD 7-LEERDERS — HIERDIE EEN IS VIR JULLE!📚

NG Gemeente Groblersdal nooi jou hartlik uit na Onderwysersaamtrek en ’n spesiale geleentheid vir Graad 7-leerders!

👩‍🏫 ONDERWYSERSAAMTREK 2026
📅 24 Augustus 2026
🕜 13:30
📍 Laerskool Julian Muller – Saal/Hall
🎤 Spreker: Johan Smith van VitaAmp
🗣️ Die geleentheid sal in Afrikaans en Engels aangebied word.

🎒 GRAAD 7-LEERDERS
📅 25 Augustus 2026
🕘 09:00
📍 Laerskool Julian Muller – Saal/Hall

’n Belangrike en relevante program wat fokus op die uitdagings wat jongmense in vandag se wêreld in die gesig staar — van identiteit en groepsdruk tot verslawing, verhoudings, tegnologie en keuses vir die toekoms.

📲 RSVP voor 19 Augustus 2026
WhatsApp: 065 512 7373
of 013 262 4207
📧 [email protected]

🌟 Alle onderwysers welkom!
🌟 Alle Graad 7-leerders welkom!

Kom wees deel van ’n geleentheid wat mense bemoedig, toerus en herinner dat elkeen meer as net ’n onderwyser of leerder is.

--------------------------------

Ons tema vir môre. Ons reis verder deur 1 Korintiërs.  Mag u elkeen môre geseënde dag van die Here geniet!
08/08/2026

Ons tema vir môre. Ons reis verder deur 1 Korintiërs. Mag u elkeen môre geseënde dag van die Here geniet!

Nuwe Reeks - Nuwe Seisoen.  Ons begin môre ons reis deur 1 Korintiërs.  U word hartlik uitgenooi na môre se Erediens om ...
01/08/2026

Nuwe Reeks - Nuwe Seisoen.

Ons begin môre ons reis deur 1 Korintiërs. U word hartlik uitgenooi na môre se Erediens om 09h00.

🎉 Basaar 2026 – Wat 'n dag om te onthou!📅 1 Augustus 2026Wat 'n ongelooflike dag was dit! Ons harte loop oor van dankbaa...
01/08/2026

🎉 Basaar 2026 – Wat 'n dag om te onthou!
📅 1 Augustus 2026

Wat 'n ongelooflike dag was dit! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir elke persoon wat deel was van ons jaarlikse basaar!

Van vroegoggend af was daar 'n heerlike, gesellige atmosfeer waar oud en jonk saam kon kuier. Die dag was gevul met lekker kos, vrolike geselskap en baie opgewondenheid.

🌿 Ons besoekers kon smul aan 'n groot verskeidenheid lekkernye en produkte – van vars groente, plante, ons deli, handgemaakte, gehekelde en gebreide items tot heerlike pannekoek, kerrie en rys, stormjaers, vetkoek, koeldrank, poedings en lekkers en soveel meer.

🎬 Die kinders het hul eie vermaak geniet met 'n Quest, Aqua Attack en nóg 'n fliek op die grootskerm – net soos tydens ons Potjiekosaand.

🎯 Daar was pret vir almal, met skiet vir jonk en oud, en natuurlik die gewilde Lucky Droppings, waar die bokke se "keuse" bepaal het wie die gelukkige wenners sou wees! Baie geluk aan Ben en Jannes wat as die gelukkige wenners aangekondig is!

'n Opregte dankie aan elke vrywilliger, uitstaller, borg, donateur en besoeker wat hul tyd, moeite en ondersteuning gegee het.

Bo alles bring ons die eer en dank aan ons Hemelse Vader. Deur Sy genade en seën kon ons weer 'n besonderse, suksesvolle basaar aanbied. Aan Hom alleen kom al die eer!!

Ons sien reeds uit daarna om julle weer by die volgende geleentheid te verwelkom!

📸 Deel gerus julle gunstelingfoto's van die dag in die kommentaar!

Basaar 2026 – Potjiekosaand!📅 31 Julie 2026Al het die winter sy opwagting gemaak, was die atmosfeer gevul met warmte, vr...
01/08/2026

Basaar 2026 – Potjiekosaand!
📅 31 Julie 2026

Al het die winter sy opwagting gemaak, was die atmosfeer gevul met warmte, vrolikheid en heerlike samesyn. Daar is saam gelag, gekuier en natuurlik heerlik geëet.

Ons wil graag vir Ds. Julian Olivier bedank dat hy die aand met gebed tot ons Hemelse Vader geopen het. Verder sê ons ook baie dankie aan Chris Coetzer, wat ons met sy uitstekende lewendige musiek vermaak het.

🥘 **Baie geluk aan ons potjiekoswenners** wat met hul smaaklike potjies uitgeblink het:
🥇 1ste plek – Roelof Schoeman
🥈 2de plek – Wilfred Hein
🥉 3de plek – Charles Leischester

🍿 Intussen het die kinders hul eie spesiale fliekaand geniet. Twee films is op die grootskerm vertoon, met slush puppies, springmielies en lekkers – net soos by 'n regte "cinema"! En vir die dapperes was die grilhuis beslis 'n hoogtepunt.

'n Hartlike dankie aan elkeen wat gehelp het, deelgeneem het en hierdie aand so besonders gemaak het.

Ons grootste dank gaan aan die Here, wat hierdie geleentheid weereens 'n besondere sukses gemaak het. Ons harte is gevul met dankbaarheid!

📸 Deel gerus julle gunstelingfoto's van die aand in die kommentaar!

Address

Kerkstraat 1
Groblersdal
0470

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Groblersdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Groblersdal:

Share