Reformed Church Grassy Park/Mitchells Plain

Reformed Church Grassy Park/Mitchells Plain Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Reformed Church Grassy Park/Mitchells Plain, Religious organisation, 76 5th Avenue, Grassy Park.

Simon Peter Mukhama (middle) CEO of Bible Society of Uganda sudden passingHard to say goodbye.Your time with us, for us ...
13/05/2023

Simon Peter Mukhama (middle) CEO of Bible Society of Uganda sudden passing

Hard to say goodbye.

Your time with us, for us so short,
called to the warmth of God’s heavenly court.
You submit to your rest without much effort,
in obedience to His voice, you are sort.

We heard the sound of a massive tree that fell,
the fragrance of your work we smell.
the presence of our Lord, you now dwell,
your confirmation that your soul is well.

Praises for your life we bring,
of the glorious work of the Lord, we sing.
Early morning carried on an angel’s wing,
now privilege to wear the father’s ring.

Study Opportunity
19/04/2023

Study Opportunity

09/03/2023
We invite you to our sermon series. All welcome.
10/02/2023

We invite you to our sermon series. All welcome.

Many courses are available for 2023. Don't miss out on this opportunity. Act now and win
09/01/2023

Many courses are available for 2023. Don't miss out on this opportunity. Act now and win

04/07/2022

Bybelstudie Wat se die verskillende boeke van die Bybel deel 3
Verlede keer het ons ‘n verduideliking gegee van die die Ou Testamentiese boeke tot by Hooglied. Vandag kyk ons na die res van die boeke van die OT wat bekend staan as die profetiese boeke.
Profetiese boeke: God maak sy wil bekend deur mense daarvoor te roep. Die boeke is los weg in twee groepe verdeel, naamlik die groot en klein profete.

Die Groot profete
Jesaja: Die profeet kondig die oordeel van God aan oor die sonde van die volk. Hy kondig ook die genade aan vir ‘n oorblywende groep wat God se plan vir die wêreld sal deurvoer.
Jeremia: Hy waarsku dat die volk se tyd uitgeloop het en nou in ballingskap sal gaan want tenspyte van die waarskuwings het hulle nie geluister en hulle bekeer nie. Hulle was nie lojaal teenoor God en het nie Sy Wet onderhou nie.
Klaagliedere: Hier is gedigte/liedere wat die val van Jerusalem betreur.
Esegiël: Hy was ‘n priester wat saam met die volk in ballingskap weggevoer was. Hy sien ‘n gesig waarin die lot van die volk bekend gemaak word omdat hulle die verhouding met God verbreek het en ontrou was aan die Wet. Hy sien nog ‘n gesig wat dui op die herstel van die volk en wat wys na die toekoms na Jesus.
Daniël: Hy het groot wysheid en insig. Hy voorspel wat met die koninkryke van die wêreld gaan gebeur, in die verlede, hede en toekoms.
Die Klein Profete
Hosea, Joel, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria, Maleagi:
Hierdie is preke, besprekings/voorspelings van hoe God sal handel met Israel en die ongelowige wêreld. Dit handel oor hoe God vrede, geregtigheid en orde in die wêreld sal herstel. Na Maleagi is daar ‘n stilte van 400 jaar en dan skielik verskyn die profeet Johannes op die toneel in die Nuwe Testament. Maar di teers tot ‘n volgende keer.

23/06/2022

Ds Nelis Janse van Rensburg van die NG kerk Welgemoed lewer die volgende bydrae: "Ons is nou in die Koninkrykstyd van die kerklike jaar. Dit duur tot en met die aanvang van die Adventstyd op 27 November, dit wil sê vir 24 weke sedert Drie-eenheidsondag. Hierdie tyd maak egter net sin as jy die lewegewende opstanding van Christus herdenk het, die uitsorting van die Heilige Gees in herinnering geroep het en die geboorte van die kerk gevier het.
Daar het oor die jare al verskillende seisoene ontstaan binne Koninkrykstyd soos die Seisoen van Barmhartigheid gedurende Augustus en die Seisoen van die Skepping in September. In Koninkrykstyd word die betekenis van die heilsgebeure vir die skepping en die lewe deurdink.
Die kerk se diensbaarheid aan die koms van die koninkryk van die hemele word onder die soeklig van die evangelie geplaas. Dit is die seisoen van leer en onderskeiding, van introspeksie en planne bedink. Dit is ’n seisoen vir handevat, saamwerk en ekumene. Dit is die tyd van grense oorsteek, gemaksones verlaat, die Gees vertrou, waagmoed aan die dag lê, so teen die agtergrond van die kruis en opstanding. Dit is ’n tyd van aksie neem, die buurman aan die hand te vat, die arme te versorg, die siekes te vertroos, die werkloses te help met opleiding, die gebrokene se las op jou neem, die vreemdes te ontmoet, die dakloses droog te hou en die huisloses warm te hou met komberse en hoop.
Dit is ’n tyd om die gemeenskapsleiers en stadsrade te ontmoet om saam ’n ontwikkelingsplan vir die mense te bedink. Dit is ’n tyd om die volhoubaarheid van die aarde te bedink en te bevorder. Dit is die tyd vir ekumeniese kanselruilings. Dit is ’n tyd vir sosialisering met die breë gemeenskap en netwerke bou. Dit is insluittyd, naderroeptyd, innovasietyd. Dit is ’n tyd vir uitreik, gasvryheid, verkondiging, evangelie bring, liefde gee, genade betoon. Dit is ’n tyd vir hande vuilmaak en handel met hoop. Dit is opstaantyd, transformasietyd, aanbeweegtyd.
Koninkrykstyd volg op Pinkstertyd. Anders sou niks van hierdie Koninkrykstyd se inhoud moontlik wees nie. Dis die tyd waarin die appél wat die evangelie gemaak het sy vrug lewer, waarin die liefde blom, waarin die oes ingebring word. Dit is ’n tyd van viering, doksologie, lofprysing en verkondiging. Christus is die Here en hierdie Koninkrykstyd is sy tyd vir wonderwerke."

Sondag 26 Junie vier ons nagmaal in die tradisie van die laaste maaltyd van onse Here Jesus met sy dissipels met die opd...
23/06/2022

Sondag 26 Junie vier ons nagmaal in die tradisie van die laaste maaltyd van onse Here Jesus met sy dissipels met die opdrag om die maaltyd dikwels te vier in herinnering aan ons verlossing deur Jesus as die Lam van God.
Die Skriflesing is Johannes 14 en die tema is die Woord skep ( gebore) en onderhou gelowiges.
Die afbeelding van die laaste maaltyd is 'n beeld in die Bybelhuis van die Bybelgenootskap van Amerika in Pennsylvania.

20/06/2022

Bybelstudie Wat sê die verskillende boeke van die Bybel deel 2
Verlede keer het ons na kort beskrywings gekyk in die Wet, die eerste vyf boeke van die Bybel. Onthou ons sê nie wat in die boeke staan nie maar gee bloot ‘n oorsig waaroor die boeke gaan in twee tot drie lyne. Vandag gaan ons kyk na die historiese boeke en die poetiese boeke.
Historiese boeke: Die geskiedenis wat volg is glad nie so rooskeurig nie. Soos Moses voorspel het word daar nie volgens hierdie verbond (ooreenkoms) geleef nie met ernstige gevolge vir die Israeliete.

Josua: Moses se opvolger lei die volk en neem die beloofde land in besit. Hulle dryf die ander volke wat daar woon uit. Elke stam kry hulle eie stuk grond in die land.
Rigters: Vertel van verskillende leiers wat die volk lei, maar die volk is ongehoorsaam en is daar groot lyding. Daar is onrus en gewelddadige oorname van leieskap deur verskillende leiers.
Rut: ‘n Skoondogter van Naomi neem Naomi se geloof aan en volg Naomi terug na haar land om haar te versorg. Sy trou met Boas en word een van die voorgeslagte waaruit Dawid die magtigste koning van Israel kom. Sy is ook in die geslagsregister van Jesus.
1,2 Samuel: Van die stories in Samuel word ook in Kronieke vertel. Hier word meestal vertel van hierdie magtige koning Dawid wat die Here getrou gedien het en die materiaal vir tempel gereed gekry het.
1,2 Konings: Hier is ook stories wat in Kronieke gevolg. Dit gaan oor die nageslag van Dawid en waarvan die mees bekende die wyse Salomo is wat ‘n pragtige tempel bou. Maar die nageslag is ongehoorsaam en daar is agteruitgang. Die land skeur in twee en eindelik lei dit tot die totale ondergang van ‘n eens magtige volk wanneer die twee koninkryke Israel en Juda in ballingskap eindig. Moses se woorde word waar.
1,2 Kronieke: Baie van die stories oor die konings word vertel. Die volk eindig dan in ballingskap. Hulle is weer slawe in ‘n ander land weg van hulle eie land wat vernietig is.
Esra: In hierdie boek gaan sommige weer terug na die beloofde land en word die tempel herbou.
Nehemia: In die boek van Nehemia word die stad se mure weer herbou.
Ester: Is die storie van ‘n dapper vrou wat die Jode red van ‘n plan om hulle uit te moor.

Poetiese boeke: Gaan oor wyse mense wat verskillende aspekte van die lewe ondersoek.

Job: ‘n Reeks slegte dinge gebeur in Job se lewe en beantwoord die vraag waarom God toelaat dat slegte dinge met goeie mense gebeur.
Psalms: Hier is ‘n 150 liedere/gedigte wat gebruik was vir aanbidding.
Spreuke: Dit was vir kinders geleer om goeie besluite in die lewe te maak en bevat dit verskeie wyse gesegdes.
Prediker: Hanteer die vraag waaroor die lewe gaan en wat die beste manier is om deur die lewe te gaan.
Hooglied: Dit is ‘n hartstogtelike liefdes lied van ‘n ouer en ryk persoon vir ‘n jong meisie wat verlief is op ‘n jong man.

08/06/2022

Bybelstudie Wat sê die verskillende boeke van die Bybel deel 1
Sommer hier aan die begin net weer die opmerking dat die poging om ‘n kort beskrywing te gee van die boeke van die Bybel, nie alles sê oor die Bybelboeke. Die oefening is bloot om lesers wat oorweldig voel deur die hoeveelheid en die lengte van die boeke te help om die boeke te lees. Baie wat die Bybel as hulle lewensboek beskou lees ook net sekere boeke van die Bybel. Ons herinner weer dat die groter deel van Ou Testament gaan oor die verhouding tussen God en die nageslag van Abraham (Israel) en die Nuwe Testament is die vervulling van die beloftes in die Ou Testament deur Jesus Christus en die uitvloei daarvan.
Ons begin met die Wet of die vyf boeke van Moses.
Die Wet
Genesis: Begin met God se verhouding met alle mense wat uitmekaar val ten spyte van wat God vir die mens gedoen het. God kies ‘n kinderlose Abraham en beloof hom ‘n groot nageslag met 'n belofte om alle volke van die wêreld in die toekoms te red.
Eksodus: Van die beloftes aan Abraham word vervul. Israel is ‘n groot nasie maar is slawe in Egipte. God stuur Moses om hulle te bevry. By die berg Sinai gee God hulle sy Wet. ‘n Verbond word gesluit. Dit sal met hulle goed gaan as hulle die Wet gehoorsaam, maar met hulle sleg sal gaan as hulle ongehoorsaam is.
Levitikus: God is heilig en om in die nabyheid van God te wees en om God se volk te wees moet hulle heilig wees. Hulle ontvang hier instruksies hoe om heilig te leef.
Numeri: Is afgelei van Moses wat die volk aan die begin van die boek tel. Die volk sondig, is ongehoorsaam aan die Wet en dwaal in die woestyn vir 40 jaar en baie mense gaan dood. Moses tel dan weer die volk aan die einde van die boek.
Deuteronomium: Die nuwe geslag is by die grens van die land wat God aan hulle beloof het. Moses herhaal weer die Wet (die naam van boek beteken tweede Wet) en waarsku om nie dieselfde foute as hulle voorvaders te maak deur ongehoorsaam te wees. Hy voorspel dan dat die volk nie sal luister nie en uiteindelik die land sal verloor. Dit gebeur wanneer hulle in ballingskap weg gevoer word.

Die Gereformeerde kerk Elsiesrivier het 20 Mei 1972 af gestig van die Gereformeerde kerk Grassy Park. Die gemeente het o...
21/05/2022

Die Gereformeerde kerk Elsiesrivier het 20 Mei 1972 af gestig van die Gereformeerde kerk Grassy Park. Die gemeente het ontstaan deur evangelisasie van Danie Marman wat hierdie gemeente bedien tot die einde van sy lewe in Junie 2018. Gisteraand het die gemeente in dank teenoor die Here en in erkenning vir die werk van Danie Maran hulle 50ste verjaarsdag gevier. Sondag 22 Mei 2022 sal die twee gemeentes Gereformeerde kerke Elsiesrivier en Grassy Park 'n gesamentlike dankdiens hou.

Address

76 5th Avenue
Grassy Park

Opening Hours

09:00 - 10:00
11:00 - 12:00

Telephone

0217062353

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Reformed Church Grassy Park/Mitchells Plain posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share