29/04/2016
Ons hou 'n lekker potjiekosdag by die kerk. al ons vriende en familie is welkom. Daar sal 6 verskillende potjies wees, baie pannekoek, koffie met koek, en handgebreide items self deur ons eie dames van die gemeente gebrei vir die winter. Kom maak 'n draai en geniet dit saam met ons.