Tuinedal NG Gemeente

Tuinedal NG Gemeente Jy is altyd welkom! Wie is ons? Kom nes jy is! Ons gebou is geleë in Dormehlsdrift en ons eredienste begin elke Sondag om 09:00. Kom nes jy is - jy is WELKOM!

As huisgesin van God wil Tuinedal ‘n VEILIGE ruimte wees waar goed versorgde en toegeruste lidmate gestuur word na ‘n stukkende wêreld - tot eer van God. Ons eredienste word ingerig met kindertyd, begeleiding deur ‘n orrel sowel as ‘n musiekgroep, relevante Woordverkondiging, Sondagskool vir laerskoolkinders tydens die erediens, ‘n oppasdiens aan voorskoolse kinders sowel as heerlike saamkuier in

die kerksaal na afloop van die erediens. Ons gemeente is divers ... van jonk tot baie oud, suksesvol, sukkelend, wit en bruin, professionele mense, werkloses, pensionarisse, alleenlopers, gesinne ... almal het JESUS in gemeen.

05/06/2026
Die herstelwerk aan ons kerkgebou het gister afgeskop. Ons moes eers deur die admin van die versekering, assessore en ve...
04/06/2026

Die herstelwerk aan ons kerkgebou het gister afgeskop. Ons moes eers deur die admin van die versekering, assessore en verskeie kwotasies werk. Ons is dankbaar en hoopvol dat ons weer vanaf middel Junie as gelowiges bymekaar kan kom! HOU DIE SPASIE DOP vir inligting.

Ons Youth for Christ-sendelinge in Kamieskroon ontvang Tuinedal-besoekers! Wie is lus vir 'n uitreik Namakwaland toe? St...
25/05/2026

Ons Youth for Christ-sendelinge in Kamieskroon ontvang Tuinedal-besoekers!

Wie is lus vir 'n uitreik Namakwaland toe?

Steek op jou 🤚!

16/05/2026

Liewe gemeente,
na n rowwe en stormagtige week is ons dankbaar almal is droog en veilig.

Ons kerkgebou het egter erge wind- en waterskade opgedoen. Die versekering het die gebou ongeskik verklaar vir menslike gebruik.

Die Kerkraad het gister George Suid gemeente se uitnodiging aanvaar om tot tyd en wyl saam met hulle eredienste en Pinksterbidure te hou.

Ons vertrou die Here vir diep ontmoetings met Hom in hierdie tyd van ontwrigting.

Hulle erediens begin om 09:00.

Ds Pieter

Indien enige iemand in groot nood verkeer, help Wellington Spar graag.
11/05/2026

Indien enige iemand in groot nood verkeer, help Wellington Spar graag.

Gelukkige Moedersdag aan álle vroue ... die ma's, oumas, tannies, peetma's of buurtannies!
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan álle vroue ... die ma's, oumas, tannies, peetma's of buurtannies!

Moeg en klaar en opgebruik? Laat die Kunstenaar jou vanoggend vashou! KÓM! 08:30.
26/04/2026

Moeg en klaar en opgebruik? Laat die Kunstenaar jou vanoggend vashou! KÓM! 08:30.

Tuinedal se soldaatjies leer oor die wapenrusting van God. Dankie, tannie Dirkie en Krizelle!
19/04/2026

Tuinedal se soldaatjies leer oor die wapenrusting van God. Dankie, tannie Dirkie en Krizelle!

God is dáár vir jou ... op die bergtoppe en in die valleie.
12/04/2026

God is dáár vir jou ... op die bergtoppe en in die valleie.

Tannie Rina Marais het hierdie treffende uitstalling vir ons Paasnaweekdiens opgestel. Dankie dat tannie jou gawe en tal...
08/04/2026

Tannie Rina Marais het hierdie treffende uitstalling vir ons Paasnaweekdiens opgestel. Dankie dat tannie jou gawe en talent met ons deel!

Address

C/o Kasteel + Palgrave Street
George
6529

Opening Hours

Monday 09:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27448734383

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tuinedal NG Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share