Christian Counselling by Carl Lehmkühl

Christian Counselling by Carl Lehmkühl Christian counsellor & marriage officiant providing compassionate guidance for personal growth.

08/03/2026

Romans 8:3-11 (English Standard Version
(3) For God has done what the law, weakened by the flesh, could not do. By sending his own Son in the likeness of sinful flesh and for sin, he condemned sin in the flesh,
(4) in order that the righteous requirement of the law might be fulfilled in us, who walk not according to the flesh but according to the Spirit.
(5) For those who live according to the flesh set their minds on the things of the flesh, but those who live according to the Spirit set their minds on the things of the Spirit.
(6) For to set the mind on the flesh is death, but to set the mind on the Spirit is life and peace.
(7) For the mind that is set on the flesh is hostile to God, for it does not submit to God's law; indeed, it cannot.
(8) Those who are in the flesh cannot please God.
(9) You, however, are not in the flesh but in the Spirit, if in fact the Spirit of God dwells in you. Anyone who does not have the Spirit of Christ does not belong to him.
(10) But if Christ is in you, although the body is dead because of sin, the Spirit is life because of righteousness.
(11) If the Spirit of him who raised Jesus from the dead dwells in you, he who raised Christ Jesus from the dead will also give life to your mortal bodies through his Spirit who dwells in you.

Romans 8:3-11 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(3) Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel.
(4) Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.
(5) Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die sondige natuur, maar dié wat hulle deur die Gees laat beheers, hou hulle besig met die dinge van die Gees.
(6) Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.
(7) Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan die wet van God nie, dit kan trouens ook nie.
(8) Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.
(9) Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.
(10) Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.
(11) Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

07/03/2026

Galasiërs 2:19-20 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(19) Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig,
(20) en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Galatians 2:19-20 (English Standard Version)
(19) For through the law I died to the law, so that I might live to God.
(20) I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me.

06/03/2026

Isaiah 29:13-14 (English Standard Version)
(13) And the Lord said: “Because this people draw near with their mouth and honor me with their lips, while their hearts are far from me, and their fear of me is a commandment taught by men,
(14) therefore, behold, I will again do wonderful things with this people, with wonder upon wonder; and the wisdom of their wise men shall perish, and the discernment of their discerning men shall be hidden.”

Jesaja 29:13-14 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(13) Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.
(14) Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.

05/03/2026

1 Korintiërs 1:26-30 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(26) D**k maar net, broers, aan wat julle was toe julle geroep is. Volgens die opvatting van mense was daar nie baie geleerdes of baie invloedrykes of baie mense van aansien onder julle nie.
(27) En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam,
(28) en wat vir die wêreld sonder aansien of betekenis is, ja, wat niks is nie, het God uitgekies om wat iets is, tot niet te maak.
(29) Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie.
(30) Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing.

1 Corinthians 1:26-30 (English Standard Version)
(26) For consider your calling, brothers: not many of you were wise according to worldly standards, not many were powerful, not many were of noble birth.
(27) But God chose what is foolish in the world to shame the wise; God chose what is weak in the world to shame the strong;
(28) God chose what is low and despised in the world, even things that are not, to bring to nothing things that are,
(29) so that no human being might boast in the presence of God.
(30) And because of him you are in Christ Jesus, who became to us wisdom from God, righteousness and sanctification and redemption,

04/03/2026

1 John 5:10-12 (English Standard Version)
(10) Whoever believes in the Son of God has the testimony in himself. Whoever does not believe God has made him a liar, because he has not believed in the testimony that God has borne concerning his Son.
(11) And this is the testimony, that God gave us eternal life, and this life is in his Son.
(12) Whoever has the Son has life; whoever does not have the Son of God does not have life.

1 Johannes 5:10-12 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(10) Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in sy hart; wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie.
(11) En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun.
(12) Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.

02/03/2026

1 Timotius 1:12-15 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(12) Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee en my betroubaar geag om my in sy diens te stel,
(13) al het ek Hom voorheen belaster, vervolg en beledig. Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie.
(14) Ons Here het my oorlaai met sy genade en met geloof en liefde wat ons deel is in Christus Jesus.
(15) Dit is 'n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word: Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste.

1 Timothy 1:12-15 (English Standard Version)
(12) I thank him who has given me strength, Christ Jesus our Lord, because he judged me faithful, appointing me to his service,
(13) though formerly I was a blasphemer, persecutor, and insolent opponent. But I received mercy because I had acted ignorantly in unbelief,
(14) and the grace of our Lord overflowed for me with the faith and love that are in Christ Jesus.
(15) The saying is trustworthy and deserving of full acceptance, that Christ Jesus came into the world to save sinners, of whom I am the foremost.

01/03/2026

2 Peter 1:16-21 (English Standard Version)
(16) For we did not follow cleverly devised myths when we made known to you the power and coming of our Lord Jesus Christ, but we were eyewitnesses of his majesty.
(17) For when he received honor and glory from God the Father, and the voice was borne to him by the Majestic Glory, “This is my beloved Son, with whom I am well pleased,”
(18) we ourselves heard this very voice borne from heaven, for we were with him on the holy mountain.
(19) And we have the prophetic word more fully confirmed, to which you will do well to pay attention as to a lamp shining in a dark place, until the day dawns and the morning star rises in your hearts,
(20) knowing this first of all, that no prophecy of Scripture comes from someone's own interpretation.
(21) For no prophecy was ever produced by the will of man, but men spoke from God as they were carried along by the Holy Spirit.

2 Petrus 1:16-21 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(16) Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien.
(17) Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: "Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug."
(18) Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was.
(19) En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos 'n lamp wat in 'n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.
(20) Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie,
(21) want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

28/02/2026

Romeine 1:2-6 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(2) Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig,
(3) en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore;
(4) op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.
(5) Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.
(6) Julle is hierby inbegrepe; ook julle is geroep om aan Jesus Christus te behoort.

Romans 1:2-6 (God's Word Version)
(2) (God had already promised this Good News through his prophets in the Holy Scriptures.
(3) This Good News is about his Son, our Lord Jesus Christ. In his human nature he was a descendant of David.
(4) In his spiritual, holy nature he was declared the Son of God. This was shown in a powerful way when he came back to life.
(5) Through him we have received God's kindness and the privilege of being apostles who bring people from every nation to the obedience that is associated with faith. This is for the honor of his name.
(6) You are among those who have been called to belong to Jesus Christ.)

27/02/2026

John 1:14-18 (English Standard Version)
(14) And the Word became flesh and dwelt among us, and we have seen his glory, glory as of the only Son from the Father, full of grace and truth.
(15) (John bore witness about him, and cried out, “This was he of whom I said, ‘He who comes after me ranks before me, because he was before me.’”)
(16) For from his fullness we have all received, grace upon grace.
(17) For the law was given through Moses; grace and truth came through Jesus Christ.
(18) No one has ever seen God; the only God, who is at the Father's side, he has made him known.

Johannes 1:14-18 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(14) Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
(15) Johannes getuig van Hom en roep uit: "Dit is Hy wat ek bedoel het toe ek gesê het: Hy wat ná my kom, is my vóór, want Hy was voor my reeds daar."
(16) Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.
(17) God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
(18) Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

26/02/2026

Hebreërs 1:1-3 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(1) In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete,
(2) maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.
(3) Uit Hom straal die heerlikheid van God en Hy is die ewebeeld van die wese van God. Hy hou alle dinge deur sy magswoord in stand. Nadat Hy die reiniging van sondes bewerkstellig het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoë hemel.

Hebrews 1:1-3
(1) Long ago, at many times and in many ways, God spoke to our fathers by the prophets,
(2) but in these last days he has spoken to us by his Son, whom he appointed the heir of all things, through whom also he created the world.
(3) He is the radiance of the glory of God and the exact imprint of his nature, and he upholds the universe by the word of his power. After making purification for sins, he sat down at the right hand of the Majesty on high,

24/02/2026

1 Chronicles 29:10-12 (Contemporary English Version)
(10) Then, in front of everyone, David sang praises to the LORD: I praise you forever, LORD! You are the God our ancestor Jacob worshiped.
(11) Your power is great, and your glory is seen everywhere in heaven and on earth. You are king of the entire world,
(12) and you rule with strength and power. You make people rich and powerful and famous.

1 Kronieke 29:10-12 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(10) Dawid het 'n lofprysing aan die Here in teenwoordigheid van die hele vergadering uitgespreek. Sy woorde was: "Geloof sy U, Here, God van ons voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid.
(11) Die grootheid, Here, die krag, die g***s, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die heerskappy; U is bo almal verhewe.
(12) Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles. Mag en krag word deur U geskenk, en dit berus by U om enigiemand groot en sterk te maak.

23/02/2026

Openbaringe 5:11-14 (1983 Vertaling van die Afrikaanse Bybel)
(11) Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor
(12) uitroep: "Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang."
(13) Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: "Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid."
(14) Die vier lewende wesens het gesê: "Amen!" En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

Revelation 5:11-14 (English Standard Version)
(11) Then I looked, and I heard around the throne and the living creatures and the elders the voice of many angels, numbering myriads of myriads and thousands of thousands,
(12) saying with a loud voice, “Worthy is the Lamb who was slain, to receive power and wealth and wisdom and might and honor and glory and blessing!”
(13) And I heard every creature in heaven and on earth and under the earth and in the sea, and all that is in them, saying, “To him who sits on the throne and to the Lamb be blessing and honor and glory and might forever and ever!”
(14) And the four living creatures said, “Amen!” and the elders fell down and worshiped.

Address

George

Telephone

+27823193192

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christian Counselling by Carl Lehmkühl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Christian Counselling by Carl Lehmkühl:

Share