01/03/2018
Vandag wil ek praat oor die tweede Penina gees wat ons gesinne kan opbreek....
Baie keure is ek en u so gefokus op n ander een se vooruitgang, dat ek en u vergeet om dankbaar te wees vir dit wat ons het. Soms verloor ons wat ons het, omdat ons iemand anders se lewens, se seeninge en se besittings begeer.
Voorbeeld hoe hierdie gees families kan opbreek:
Mamma, pappa en die kinders spandeer lekker tyd in die sitkamer saam, daar word gepraat, gelag, gesing, gegrap. Alles is perfek totdat mamma besluit sy gaan nou n bietjie tee vir haar en vir pappa maak. Terwyl mamma die ketel vol water maak sien sy deur die venster, dat daar n trok vol nuwe meubels by sr Penina die buurvrou afgelewer word. Terwyl die trok stilhou, stop sr Penina se man in sy nuwe kar ook daar. Mamma se reaksie is soos volg "Oe sr Penina het darem n goeie man, hy koop vir haar alles wat sy begeer, dus nou n goeie lewe daai, kan jy nie ook soos hy wees nie. My ma het my gewaarsku dat ek nie met jou moet trou nie, want jy is nikswerd nie, jy kan nie eers jou gesin gee wat hulle nodig het nie...
Onmiddelik is die atmosfeer suur, elkeen verdwyn na sy hoekie en pappa voel soos n mislukking, minderwaardig en goed vir niks. Mamma u weet nie hoeveel probleme pappa van u weerhou om u te beskerm nie, u weet nie hoeveel ure hy oortyd moet werk om te sorg dat u kry wat u moet he nie, u weet nie hoeveel slapelose nagte hy moet deurmaak net om sy gesin gelukkig te hou nie....
My gebed is dat ons van vandag af daai gees uit ons lewens sal sit, dat ons as n span sal saam werk om n gelukkige lewe te verseker en dat ons dankbaar in alles moet wees. In die tong le lewe en dood, mamma moenie u familie dood verklaer as u dit nie bedoel nie.
Geseende dag aan almal