02/10/2023
Om stil te bly vir die Waarheid, of nie
deur Stephan Joubert
Spreuke 26:4 sรช jy moenie โn dwaas antwoord op dieselfde dwase manier, as hoe hy met jou praat nie. Dan is die grap op jou. Maar vers 5 sรช die teenoorgestelde: โAntwoord โn dwaas op dieselfde dwase manier, anders d**k hy, hy is wys in sy eie oรซ.โ In hierdie twee verse het ons โn klassieke geval van wysheid, wat in afsonderlike situasies verskillend toegepas word. Dit wat in een konteks reg klink, is in โn volgende konteks nie die regte roete nie.
Van praat en stilbly gepraat, die ou Joodse Talmoed vertel juis hoe die beroemde rabbi Kahana II op โn dag uit Babilon in Israel aangekom het. Dadelik is hy genooi om te gaan sit op โn ereplek in die eerste ry van die akademie van rabbi Jochanan. Maar hy wou nie aan enige debatte van die geleerdes deelneem nie. As gevolg van sy volgehoue stilte is rabbi Kahana uiteindelik terugskuif, ry vir ry, totdat hy uiteindelik in die laaste ry van die klas tussen die onbelangrike studente opgeeรฏndig het. Rabbi Jochanan het toe gesรช dat daar โn leeu in sy klas, genaamd rabbi Kahana, aangekom het, maar dat hy uiteindelik as โn nietige jakkals opgeรซindig het. Hierdie opmerking het allerlei verdere nadraaie gehad, wat rabbi Kahana op die ou end tog wel laat seรซvier het. Maar hy het goed geweet om nie betrokke te raak in โn godsdienstige gestry nie. Hy was bereid om eerder as โn draadsitter beskou te word as om sy integriteit te verloor.
Stilbly vir die waarheid is soms die regte roete. Dit beteken nie dat die waarheid dan in gedrang is nie. God se waarheid is immers ook soos โn brullende leeu, soos wat die kerkvader Augustinus gesรช het. Sy waarheid is baie groter en sterker as ons. Ons leef hierbinne. Vertrou ook die Heilige Gees om die waarheid op sy eie maniere te verdedig. Daarom kan ons stilbly wanneer ons die slag moet. Ons doen graag wat Paulus vir Timoteus in 2 Timoteus 2:23-24 geskryf het: โIgnoreer dwase en โn oningeligte gestry. Moenie daaraan deelneem nie. Jy weet dat dit tot groot konflikte lei. Dienaars van die Here moenie baklei nie. Hulle moet sagmoedig teenoor almal wees.โ
https://tinyurl.com/2p8y8b4m