Naboomfontein Kampe

Naboomfontein Kampe Naboomfontein Kampe word gekenmerk deur 'n vriendelike, ontspanne atmosfeer en met teer lofprysing word almal nader na God gelei.

Ons bied die volgende kampe aan: Mannekampe, Vrouekampe, Jeugkampe en Pa-en-Seun Kampe.

10/08/2026

2 Kon. 17:13-18 - En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het. Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie. En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie. En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, ‘n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien. En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg. So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.

2 Kings 17:13-18 - The LORD had sent his messengers and prophets to warn Israel and Judah: "Abandon your evil ways and obey my commands, which are contained in the Law I gave to your ancestors and which I handed on to you through my servants the prophets." But they would not obey; they were stubborn like their ancestors, who had not trusted in the LORD their God. They refused to obey his instructions, they did not keep the covenant he had made with their ancestors, and they disregarded his warnings. They worshiped worthless idols and became worthless themselves, and they followed the customs of the surrounding nations, disobeying the LORD's command not to imitate them. They broke all the laws of the LORD their God and made two metal bull-calves to worship; they also made an image of the goddess Asherah, worshiped the stars, and served the god Baal. They sacrificed their sons and daughters as burnt offerings to pagan gods; they consulted mediums and fortunetellers, and they devoted themselves completely to doing what is wrong in the LORD's sight, and so aroused his anger. The LORD was angry with the Israelites and banished them from his sight, leaving only the kingdom of Judah.

Send a message to learn more

21/06/2026

1 Kon. 21:19-29 - Jy moet vir Agab sê: 'So sê die Here: Jy het gemoor en nou vat jy ook nog?' Sê verder vir hom: So sê die Here: Op dieselfde plek waar die honde die bloed van Nabot opgelek het, sal hulle jou bloed ook oplek. Ja, joune!"Toe Agab dit hoor, vra hy vir Elia: "Het jy my gekry, my vyand?" Elia het geantwoord: "Ek het jou gekry. Die Here sê vir jou: 'Omdat jy jou daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in my oë, gaan Ek 'n ramp oor jou bring en jou vernietig. Ek gaan al die manlikes in Agab se geslag sonder enige uitsondering uit Israel uitroei. Omdat jy My uitgetart het en omdat jy Israel laat sondig het, sal Ek met jou huis maak soos met die huis van Jerobeam seun van Nebat en soos met die huis van Baesa seun van Agija.' En oor Isebel het die Here gesê: Die honde sal Isebel opvreet by die voorste muur van Jisreël. Wie uit Agab se familie in die stad sterf, die honde sal hom opvreet, en wie in die oop veld sterf, die roofvoëls sal hom vreet." Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie. Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits. Agab het afskuwelik opgetree deur die afgode te dien net soos die Amoriete wie se besittings die Here aan die Israeliete gegee het. Toe Agab al hierdie woorde hoor, het hy sy klere geskeur en rouklere om sy lyf gehang en gevas. Hy het selfs met rouklere gaan slaap, en heeltyd bedruk rondgeloop. Daarom het die woord van die Here tot Elia die Tisbiet gekom en gesê: "Het jy gesien Agab het hom voor My verootmoedig? Omdat hy hom voor My verootmoedig het, sal Ek die ramp nie tydens sý lewe laat plaasvind nie. Tydens die bewind van sy seun sal Ek die ramp oor sy familie bring."

1 Kings 21:19-29 - Tell him that I, the LORD, say to him, 'After murdering the man, are you taking over his property as well?' Tell him that this is what I say: 'In the very place that the dogs licked up Naboth's blood they will lick up your blood!'" When Ahab saw Elijah, he said, "Have you caught up with me, my enemy?" "Yes, I have," Elijah answered. "You have devoted yourself completely to doing what is wrong in the LORD's sight. So the LORD says to you, 'I will bring disaster on you. I will do away with you and get rid of every male in your family, young and old alike. Your family will become like the family of King Jeroboam son of Nebat and like the family of King Baasha son of Ahijah, because you have stirred up my anger by leading Israel into sin.' And concerning Jezebel, the LORD says that dogs will eat her body in the city of Jezreel. Any of your relatives who die in the city will be eaten by dogs, and any who die in the open country will be eaten by vultures." (There was no one else who had devoted himself so completely to doing wrong in the LORD's sight as Ahab—all at the urging of his wife Jezebel. He committed the most shameful sins by worshiping idols, as the Amorites had done, whom the LORD had driven out of the land as the people of Israel advanced.) When Elijah finished speaking, Ahab tore his clothes, took them off, and put on sackcloth. He refused food, slept in the sackcloth, and went about gloomy and depressed. The LORD said to the prophet Elijah, "Have you noticed how Ahab has humbled himself before me? Since he has done this, I will not bring disaster on him during his lifetime; it will be during his son's lifetime that I will bring disaster on Ahab's family."

Send a message to learn more

07/06/2026

1 Kon. 17:1-6 - En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord! Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is; en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou. En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is. En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.

1 Kings 17:1-6 - Elijah the foreigner, who was an alien resident from Gilead, told Ahab, "As the LORD God of Israel lives, in whose presence I'm standing, there will be neither dew nor rain these next several years, except when I say so." Later, this message came to him from the LORD: "Leave here and go into hiding at the Wadi Cherith, where it enters the Jordan River. You will be able to drink from that brook, and I've commanded some crows to sustain you there." So Elijah left and did exactly what the LORD had told him to do—he went to live near the Wadi Cherith, where it enters the Jordan River. Crows would bring him bread and meat both in the morning and in the evening, and he would drink from the brook.

Send a message to learn more

10/05/2026

1 Kon. 12:12-16 - Toe Jeróbeam en die hele volk dan by Rehábeam kom op die derde dag soos die koning gespreek en gesê het: Kom na my terug op die derde dag—het die koning die volk ‘n harde antwoord gegee: hy het die raad wat hom deur die oudstes gegee is, in die wind geslaan en met hulle gespreek volgens die raad van die jongmanne en gesê: Het my vader julle juk swaar gemaak—ék sal by julle juk nog byvoeg; het my vader julle met die sweep getugtig—ék sal julle met gésels tugtig. So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was ‘n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat. Toe die hele Israel sien dat die koning nie na hulle luister nie, het die volk die koning geantwoord en gesê: Watter aandeel het ons aan Dawid? en daar is geen erfdeel aan die seun van Isai nie! Na julle tente toe, Israel! Kyk nou na jou eie huis, Dawid! Daarop het Israel na sy tente gegaan.

1 Kings 12:12-16 - So Jeroboam and all the people went back to Rehoboam on the third day, just as they had been directed when the king said, "Come back again in three days." But the king gave the people a harsh response, because he was ignoring the counsel that his elders had given him. Instead, Rehoboam spoke to them along the lines of what the younger men suggested. He told them "My father burdened you heavily, but I will add to that burden. If my father disciplined you with whips, I'm going to discipline you with scorpions!" The king would not listen to the people, because the turn of events was from the LORD, to fulfill his prediction that the LORD spoke by means of Ahijah the Shilonite to Nebat's son Jeroboam When all of Israel saw that the king wasn't listening to them, the people responded to the king's message, "What's the point in following David? We have no inheritance in the descendants of Jesse. Let's go home, Israel! David, take care of your own household!' So Israel left for home.

Send a message to learn more

03/05/2026

1 Kon. 11:4-13 - En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie. En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie. Toe het Salomo ‘n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode. Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie. Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee. Maar in jou dae sal Ek dit nie doen nie ter wille van jou vader Dawid; uit die hand van jou seun sal Ek dit afskeur. Maar Ek sal nie die hele koningskap afskeur nie; een stam sal Ek aan jou seun gee ter wille van my kneg Dawid en ter wille van Jerusalem wat Ek verkies het.

Send a message to learn more

26/04/2026

1 Kon. 10:6-9 - Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid; en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het. Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor. Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

1 Kings 10:6-9 - She said to King Solomon, "What I heard in my own country about you and your wisdom is true! But I couldn't believe it until I had come and seen it all for myself. But I didn't hear even half of it; your wisdom and wealth are much greater than what I was told. How fortunate are your wives! And how fortunate your servants, who are always in your presence and are privileged to hear your wise sayings! Praise the LORD your God! He has shown how pleased he is with you by making you king of Israel. Because his love for Israel is eternal, he has made you their king so that you can maintain law and justice."

Send a message to learn more

19/04/2026

1 Kon. 9:4-7 - En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met ‘n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou, dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Israel vir ewig bevestig, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ‘n man ontbreek op die troon van Israel nie. As julle en julle kinders ooit van My afvallig word en my gebooie, my insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp, sodat Israel ‘n spreekwoord en ‘n spotlied sal word onder al die volke.

1 Kings 9:4-7 - And as for you, if you will walk before me, as David your father walked, with integrity of heart and uprightness, doing according to all that I have commanded you, and keeping my statutes and my rules, then I will establish your royal throne over Israel forever, as I promised David your father, saying, ‘You shall not lack a man on the throne of Israel.’ But if you turn aside from following me, you or your children, and do not keep my commandments and my statutes that I have set before you, but go and serve other gods and worship them, then I will cut off Israel from the land that I have given them, and the house that I have consecrated for my name I will cast out of my sight, and Israel will become a proverb and a byword among all peoples.

Send a message to learn more

12/04/2026

1 Kon. 8:41-43 - Luister ook na die vreemdeling wat nie uit u volk Israel is nie en, omdat hy gehoor het van u groot Naam, u mag en krag, selfs uit 'n ver land kom en na hierdie tempel toe bid. Luister tog uit die hemel, u woonplek, en doen alles wat die vreemdeling U in sy gebed vra, sodat al die volke van die aarde u Naam kan ken en ook aan U gehoorsaam kan wees net soos u volk Israel, en dat hulle kan weet u Naam is uitgeroep oor hierdie tempel wat ek gebou het.

1 Kings 8:41-43 - "Now concerning the foreigner who is not from your people Israel, when he comes from a land far away for the sake of your name (for people will hear of your great name, your mighty acts, and your obvious power), when he comes and prays facing this Temple, then hear in heaven where you reside, and do whatever the foreigner asks of you, so that all the people of the earth may know your name, fear you as do your people Israel, and so they may know that this Temple that I have built is called by your name.

Send a message to learn more

Address

Plaas Naboomfomtein, R101
Ga-Mokopane
0600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Naboomfontein Kampe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Naboomfontein Kampe:

Shortcuts

Share