29/03/2024
Goeie dag.
Eerstens wil ek alle Lof, Eer, Dank, Aanbidding gee aan "JESUS" YAHSHUA wat Sy Lewe vir ons afgelê het deur om aan ń vloek hout (Kruis) te hang en te sterf, sodat ons vergifnis van ons sonde, oortredeninge, ongeregtigheid kan ontvang. Dit is Genade!
Tweedens. Moennie d**k ek oordeel nie. Hoegenaamd nie, ons was almal onkundig en het nie die volle Waarheid geweet nie.
Dit is totaal en al onmoontlik dat "JESUS" YAHSHUA op Vrydag gekruisig was!
Ons almal kan tel, of ten minste tot 3 en terug van 3 tot 0.
Hoeveel dae en nagte was YAHSHUA 'JESUS" in die graf? Kyk wat sê die Bybel:
Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
MATTHÉÜS 12:40 AFR53
3 dae en 3 nagte.
Kom ons tel. Nee. Wag kom ons kyk eers hoe laat het YAHSHUA "JESUS" gesterf op die dag van Kruisiging.
En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het. En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe. En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat? Maar YAHSHUA Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.
MARKUS 15:25, 33-34, 37 AFR53
So volgens die Bybel is YAHSHUA "JESUS" op die 3 de uur Gekruisig.
Dagbreek was volgens die Joodse tyd 6 uur in die oggend en teen 6 uur die middag het die nag aangebreek.
So 6 uur die oggend was die eerste uur. Die derde uur was dus 9 uur die oggend.
So hulle het YAHSHUA "JESUS" Vanaf 6 uur tot 9uur gemartel en HOM teen 9 uur {die derde uur} gekruisig.
Op die 6de uur{12 uur} kom daar duisternis oor die hele aarde tot die 9de uur {15:00 uur 3 uur die middag}
Op die 9 de uur {3 uur die middag} sterf YAHSHUA "JESUS".
Nou moes hulle YAHSHUA "JESUS" begrawe voor die Sabbath aanbreek. (let wel die Bybel praat van 2 Sabbate. Ek bespreek dit later)
EN toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat, kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van YAHSHUA Jesus te vra. En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.
MARKUS 15:42-43, 46 AFR53
En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
LUKAS 23:54 AFR53
Goed on sien dat "JESUS" was net voor 6 die aand vanaf die Kruis afgehaal en in doekke toegedraai en begrawe.
So die dag van Kruisiging was HY nie in die graf nie.
Nou moet ons kyk wanneer het YAHSHUA "JESUS" opgestaan. Ons moet kyk of ons ń vasgestelde tyd of dag kan kry om te bereken wanneer of op watter dag YAHSHUA "JESUS" Gekruisig is.
Ons lees die volgende :
En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was. Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
LUKAS 23:55-56 AFR53
Hier sien ons dat die vroue het op die Sabbat gerus. (watter Sabbat?) (ons kyk later na dit)
EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week, het hulle en ander saam met hulle by die graf gekom en die speserye gebring wat deur hulle toeberei was. En hulle het die steen van die graf afgerol gevind. En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
LUKAS 24:1-3 AFR53
Hier is ń vasgestelde tyd!
EN baie vroeg in die môre, op die eerste dag van die week,
Die eerste dag van die week.
Volgens die Joodse kalender is die eerste dag van die week Sondag.
So baie vroeg die Sondag oggend (voor 6 uur) kom die vroue by die graf en verneem dat "JESUS" het reeds opgestaan.
Nou is dit maklik om te bepaal. Tel net 3 nagte en 3 dae terug.
Saterdag nag (deur die nag het "JESUS" opgestaan so ons kan nie dit tel as ń vol nag in die graf nie)
Saterdag dag (1dag) (weeklikse Sabbat waar hulle gerus het)
Vrydag nag (1 nag)
Vrydag dag (2 dae)
Donderdag nag (2 nagte)
Donderdag dag (3 dae)
Woensdag nag (3 nagte)
Woensdag dag (KRUISIGING DAG) TEEN 15:00 BLAAS YAHSHUA SY ASEM UIT VIR JOU EN MY!
Wat van die Sabbat?
Daar is 2 Sabbatte.
1. Die gewone of normale Saterdag Sabbath wat Vrydag aand om 6 uur aanbreek. (waarvoor nie groot voorbereiding nodig was behalwe die kos wat geëet gaan word nie)
2. Die Jaarlikse Groot Sabbath waar geoffer moes word en groot voorbereiding gedoen moes word en vooraf beplanning noodsaaklik was. Hierdie Jaarlikse offer Sabbath het op die Donderdag geval dit was hoekom hulle YAHSHUA "JESUS" Die Woensdag voor 6 uur 18:00 uur moes begrawe.
So. YAHSHUA "JESUS" DIE VOLMAAKTE LAM VAN VADER is vir ons geslag op die Jaarlikse Paasfees of PASHAGH. YAHSHUA
"JESUS" word begrawe op die dag van voorbereiding (die dag wanneer die Jode hulle offer moes slag) en is Woensdag nag in die graf op Donderdag is die Jaarlikse SABBATH (Groot Sabbat)
Lees. En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was — want die dag van daardie sabbat was groot — het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.
JOHANNES 19:31 AFR53
Donderdag nag
Vrydag dag
Vrydag nag
Saterdag (weeklikse Sabbath)
Saternag (Hy staan op) en vroeg Sondag oggend sien die vroue dat HY het reeds opgestaan.
So dit is ń Bybelse feit dat YAHSHUA "JESUS" nie op Vrydag gekruisig is of was nie!
Ek stop eers hier omdat die gedeelte nou baie lank is.
Volgende sal ek vir u verduidelik watter tyd van die jaar was die Pachach (Pasga) volgens die Bybel. Vasgestelde tyd van VADER en nie soos dit nou gevier word nie.
Vrede.