Catholic Network South Africa

Catholic Network South Africa The Catholic Network South Africa aims to contribute to the unity and strength of the Catholic Church.

We are a network of converts, reverts, and devout Catholics dedicated to supporting one another's spiritual growth. Die Catholic Network South Africa wil 'n bydra lewer tot die eenheid en krag van die Katolieke Kerk. Ons is 'n netwerk van bekeerlinge, verdiepde en toegewyde Katolieke wat mekaar wil ondersteun met die oog op geestelike groei. Ons missie is om diegene wat navraag doen oor die Katoli

eke Kerk of wat volle gemeenskap met die Een Heilige Katolieke en Apostoliese Kerk verlang, te dien. Deur 'n landwye netwerk van ondersteuners te vorm, dra en help ons mekaar om in ons geloof te verdiep. Sluit by ons aan om die waarheid, skoonheid en liefde van die Katolieke geloof te ontdek. Ervaar die rykdom van ons tradisies en die warmte van ons gemeenskap.
_______________________________________________________________________
The Catholic Network South Africa aims to contribute to the unity and strength of the Catholic Church. Our Mission is to serve those enquiring about the Catholic Church or seeking full communion with the One Holy Catholic and Apostolic Church. By forming a nationwide network of supporters, we uplift and help each other deepen our faith. Join us to discover the truth, beauty and goodness of the Catholic faith. Experience the richness of our traditions and the warmth of our community.

31/05/2026
Magnifica Humanitas is ’n ensikliek van Pous Leo XIV oor die beskerming van die menslike persoon in die tyd van kunsmati...
26/05/2026

Magnifica Humanitas is ’n ensikliek van Pous Leo XIV oor die beskerming van die menslike persoon in die tyd van kunsmatige intelligensie. Die hoofgedagte is dat tegnologie — veral AI — nooit die waardigheid van die mens mag verklein nie. Die mens is geskape na die beeld van God, en daarom moet waarheid, vryheid, werk, familie, onderwys, vrede en gemeenskap altyd bo blote doeltreffendheid, beheer of wins gestel word.

Die dokument wys dat AI groot moontlikhede het, maar ook ernstige gevare: manipulasie van waarheid, verlies aan menslike oordeel, ekonomiese uitbuiting, werkloosheid, digitale slawerny, afhanklikheid van tegnologie, oorlogstegnologie en die verswakking van regte verhoudings. Daarom roep die pous die Kerk en die wêreld op tot ’n “meer menslike” gebruik van tegnologie —

The encyclical sets out the Church's social teaching for the age of artificial intelligence. Download and read the complete document.

May the Triune God bless us during this new Season of Ordinary Time.
25/05/2026

May the Triune God bless us during this new Season of Ordinary Time.

Is dit moontlik dat daar meer as een fondament vir die Kerk kan wees?  Is 'n hoeksteen en fondasie dieselfde?  Wat is 'n...
23/05/2026

Is dit moontlik dat daar meer as een fondament vir die Kerk kan wees? Is 'n hoeksteen en fondasie dieselfde? Wat is 'n voegsteen? Wat leer die Bybel oor Jesus as Hoeksteen of Voegsteen? Kan die Apostels die fondasie van die Kerk wees?

Is dit moontlik dat daar meer as een fondament vir die Kerk kan wees? Is 'n hoeksteen en fondasie dieselfde? Wat is 'n voegsteen? Wat leer die Bybel oor J...

Die storie agter die Fees van Sint Josef die WerkerPous Pius XII het die fees van Sint Josef die Werker op 1 Mei 1955 in...
01/05/2026

Die storie agter die Fees van Sint Josef die Werker

Pous Pius XII het die fees van Sint Josef die Werker op 1 Mei 1955 ingestel sodat dit saam met Internasionale Werkersdag, ook bekend as Meidag, gevier kon word. Sint Josef, die geliefde eggenoot van die Geseende Maagd Maria en die aardse vader van Jesus, word elke jaar twee keer deur die Katolieke Kerk vereer — eers op 19 Maart as Sint Josef, eggenoot van Maria, en weer op 1 Mei as Sint Josef die Werker.

Hoewel die Maartfees al so ver as die 10de eeu teruggaan, is die Meifees eers in 1955 ingestel. Maar hoekom juis toe?

Pous Pius XII het die fees doelbewus op 1 Mei geplaas om dit te laat saamval met Internasionale Werkersdag — ’n wêreldse viering van arbeid en werkersregte. In daardie tyd het die Sowjetunie hulself as die beskermers van werkers voorgehou en Meidag gebruik om Kommunisme te verheerlik en hul militêre mag ten toon te stel. Deur hierdie datum te kies, wou die pous verseker dat werkers nie die Christelike betekenis en waardigheid van arbeid uit die oog verloor nie.

In sy toespraak aan die Katolieke Vereniging van Italiaanse Werkers op daardie dag in 1955 het hy gesê: “Daar is geen beter beskermheer wat julle kan help om die gees van die Evangelie in julle lewens te laat deurdring nie… Uit die Hart van die Mens-God, die Verlosser van die wêreld, vloei hierdie gees na julle en na alle mense; maar dit is seker dat geen werker ooit so volkome en diep daardeur gevorm is soos die aangenome vader van Jesus nie — hy wat saam met Hom in die nouste verbondenheid van gesin en werk geleef het.”

Die Katolieke Kerk het nog altyd die waardigheid van menslike arbeid hoog geag. Wanneer ons werk, leef ons die opdrag uit wat ons in die boek Genesis ontvang het — om die aarde te bewerk, te bewaar en vrugbaar te wees in ons arbeid.

In sy skryfwe Laborem Exercens het Pous Johannes Paulus II geskryf dat “die Kerk dit as haar roeping sien om voortdurend die aandag te vestig op die waardigheid en regte van werkers, om onregverdige situasies waarin hierdie waardigheid en regte geskend word, aan te spreek, en om te help lei sodat ware vooruitgang vir die mens en die samelewing moontlik kan wees.”

Sint Josef is ’n pragtige voorbeeld hiervan. Hy het getrou en onvermoeid gewerk om sy gesin te beskerm en te versorg, terwyl hy altyd daarop ingestel was om na God te luister en Hom te gehoorsaam. Selfs nog voordat hierdie fees ingestel is, het verskeie pouse reeds ’n besondere toewyding aan Sint Josef die Werker begin aanmoedig. Een van hulle was Pous Leo XIII, wat reeds in 1889 oor hom geskryf het in sy skrywe Quamquam Pluries.

Hy skryf:

“Josef het die beskermer, bestuurder en wettige voog van die goddelike huis geword waarvan hy die hoof was. Deur sy hele lewe het hy hierdie roeping getrou uitgeleef. Met groot liefde en sorg het hy sy eggenote en die Goddelike Kind beskerm; deur sy werk het hy voorsien in alles wat hulle nodig gehad het vir kos en klere; hy het die Kind, wat deur ’n koning se jaloesie met die dood bedreig is, beskerm en vir Hom ’n veilige toevlug gevind; en in die swaarkry van die reis en die bitterheid van ballingskap was hy altyd daar — as metgesel, helper en steun vir die Maagd en vir Jesus.”

Benewens sy rol as beskermheilige van die Universele Kerk en van werkers in die algemeen, word Sint Josef ook as beskermheilige van baie beroepe beskou — onder andere vakmanne, timmermanne, rekenmeesters, prokureurs, kabinetmakers, begraafplaaswerkers, siviele ingenieurs, lekkergoedmakers, opvoeders, meubelmakers, wielmakers en regsgeleerdes.

Address

59 Klein Street
Ermelo
2351

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Catholic Network South Africa posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Catholic Network South Africa:

Share