Emmanuel Pinkster Kerk

Emmanuel Pinkster Kerk We believe in God the Father Jesus His Son and the Holy Spirit ( Holy Trinity) The Word of God is our compass.

11/01/2026

God wil jou verander in die beste jy!

Het jy al agtergekom dat sekere mense die beste uit jou kan bring, maar ander kan weer die slegste na vore bring.

Miskien is jy gelukkig om getroud te wees met ñ man wat net die beste uitbring in jou. Hopelik weet jy ook watter mense om te vermy wat net die slegste uit jou uitbring.

So werk dit ook in die gees… die duiwel se doel is om net die sondige, slegte deel van jou na vore te bring. Maar jou hemelse Vader wil hierdie sondige deel van jou nuut maak en verander. Maar ons moet God toelaat om elke deel van ons nuut te maak, want dan eers kan Hy die beste uit ons bring:

“En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”
(ROMEINE 12:1-2 AFR83)

Ons moet elke deel van onsself aan Hom gee. Die “Message” parafrasering stel dit so op die man af:

“So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.”
(Romans 12:1-2 MSG)

Jou hemelse Vader wil geestelike volwassenheid in jou ontwikkel sodat Hy net die beste uit jou kan bring. Sodat jy Sy beeld en glorie aan ñ stukkende wêreld kan wys.

So wil jy nie vandag elke deel van jouself as lewende, heilige offer aan Hom gee nie? Hy sal jou dan verander in die beste jy!

Oë gerig op Jesus!
Anina 🦋

25/12/2025
Foods of Jerusalem 2025
24/12/2025

Foods of Jerusalem 2025

Address

Empangeni

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Emmanuel Pinkster Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Emmanuel Pinkster Kerk:

Share