18/08/2019
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:16
Ons het ñ Hoëpriester, sy naam is JESUS. Hy is ons anker in die tyd van storms. Hou moed kind van God. Die Here gaan jou help. Hou aan bid en neem die geloofskuld op, om pyle van ongeloof uit te blus. Jy is meer as ñ oorwinnaar in Jesus naam. Skud af vandag alle gevoelens van moedeloosheid en dat jy nie goed genoeg is nie. Jy is kunstig gevorm en gemaak vir ñ doel. Leef dit uit! Waardeer u elkeen en bid vir u. Liefde groete
Annemarie en Herman