Enlarge my territory

Enlarge my territory Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Enlarge my territory, Religious organisation, ww, Emalahleni.

20/07/2026
19/06/2026

Hoe kom geloof(2)
Deel 4
Hier is dit waar baie van ons dit mis. Ons sê ek glo in genesing want ek het gesien hoe iemand genees is.
Ek glo in genesing want die woord sê genesing is my deel.
Jes 53:4,5
4. Nogtans het Hy ons krankhede op Hom geneem.......
5. ...... deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
Mat 8:17.... Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siekte gedra.
1Pet 2:24.... deur wie se wonde julle genees is.
Ek glo wat die Bybel sê, nie wat ek sien of hoor nie.
As ons ons geloof kan ontwikkel tot die plek waar ons die woord glo ongeag wat die omstandighede of simptome is, dan glo ons in die regte ding en kan ons reultate sien.
Rom4:17-21
Let op die verskil tussen Abraham se geloof en Thomas se geloof.
Thomas sê hy sal glo as hy gesien het.
Maar Abraham het nie eers gedink oor sy liggaam of ouderdom nie.
Hy het God se woord geglo.
Al sien jy nie ñ verandering nie of daar is nog simptome, Abraham het nie gekyk na omstandighede nie hy het God se woord geglo.

Deel 5 volg.....

04/06/2026

Hoe kom geloof(2)
Deel 3
Heb 11:1
Geloof........ ñ bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Maar dit waarvoor ek bid sien ek nie.
Maar as jy dit reeds het, het jy mos nie geloof nodig nie.
Baie mense wil dit eers sien voor hulle glo.
Ons weet ons het ontvang wat God se woord sê ons sin is.
As ons God se woord glo sonder om dit te sien sal die ñ werklikheid word.
Mark 11:24...... alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
Let op die kry is na die glo. Baie van ons draai dit om. Was daar al ooit iemand wat genesing ontvang het sonder om te glo?
Al sê simptome jy is nie genees nie, is dit ñ leun want God se woord sê jy is. Sodra ek op God se woord reageer in geloof inplaas van om op my gevoelens te fokus sal ek resultate sien.
Glo God se woord en nie jou gevoelens nie.
Maar vir so baievan ons is soos Thomas
Ons wil eers sien voor ons glo.
Hy het op sy sintuie staat gemaak. Hy moes eers sien en voel voor hy geglo het.

Deel 4 volg....

27/05/2026

Hoe kom geloof?(2)
Deel 2

Maak God se beloftes jou eie. Reageer op elke belofte.
Jy sal dalk sê: ek hoop God hoor my gebed.
As dit al is wat jy doen is om te hoop kan jou gebede nie beantwoord word nie.
As jy net hoop en nie geloof het nie is daar nie antwoord op gebed nie.
Geloof bewys God se woord as jy daarop reageer.
Baie mense bevestig dat God se woord die waarheid is met hulle verstand.
Maar om net met jou verstand saam te stem gaan nie die ding doen nie.
Dit is harts geloof wat ontvang van God.
Rom 10:10
Want met die hart glo ons en met die mond bely ons tot redding.
Mark 11: 23
Want voorwaar Ek së vir julle dat elkeen wat vir die berg sê: Hef jouself op en werp jou in die see en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê sal gebeur, hy sal dit verkry.
Die bybel sê niks van twyfel in jou kop nie. Jy kan twyfel in jou kop maar glo met jou hart.
Dit is die geloof in jou hart wat jou laat ontvang van God.
Maar hoe weet ek ek glo met my hart en nie my verstand nie.
As jy met jou verstand glo: ek weet God se woord is die waarheid. Ek weet God gee beloftes oor genesing en antwoord op my gebed oor wat ek nodig het, maar ek kry nie antwoord nie.
Ek verstaan nie.
Maar bybelgeloof/hartsgeloofsê: as God se woord dit së dit is so dan is dit so. Die belofte is myne.
Dit is myne!!!
Geloof sê altyd: Ek het genoeg al kan ek dit nognie sien nie.

Deel 3 volg......

21/05/2026

Hoe kom geloof?(2)
Deel 1
Heb 11:1
Die geloof dan is ñ vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ñ bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Ons word hier presies vertel wat "Bybel " geloof is.
Mensgeloof vs Bybelgeloof
Ons moet verstaan dat daar verskeie tipes geloof is.
Elke mens het natuurlike menslike geloof of jy gered is of nie.
Maar in Heb 11:1 praat God van die skriftuurlike geloof-bybelgeloof
Bybelgeloof is om te glo met jou hart.
Daar is ñ verskil om te glo met jou hart en om te glo wat jy met jou sintuie ervaar.
Bybelsegeloof kom van die onsienlike realm(hoop) en bring dit in die realm van die werklikheid.
Bybelgeloof groei uit die woord van God.
In ñ ander vertaling sê dit: Geloof is die waarborg, dat dit waarop jy so gehoop het, is nou joune.
M.a.w Jy hoop vir finansies om jou verantwoordelikhede na te kom. Geloof geejou die versekering dat jy die finansies sal hê. Want geloof is die bewys van dit wat jy nie sien nie.
Jy hoop op fisiese krag om jou werk te doen wat jy weet gedoen moet word.
Maar geloof sê in Ps27:1
Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug vir wie sou ek vrees?
Geloof sal sê alles wat die Woord sê.
Ons moet net daarop reageer, dan sal ons sien hoe elke belofte wat beskikbaar is tot ons, onssin kan word.

Deel 2 volg.....

Address

Ww
Emalahleni
1035

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Enlarge my territory posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share