Elim Erfenis

Elim Erfenis Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Elim Erfenis, Religious organisation, Elim Kerk Werf, Elim.

Ewigheidssondag Dodesondag.Dit is sowaar Elim behou die tradisie ons waardes dit is beslis wat ons Elimmers tot hier geb...
25/11/2025

Ewigheidssondag Dodesondag.Dit is sowaar Elim behou die tradisie ons waardes dit is beslis wat ons Elimmers tot hier gebring het. Ons Erfenis is vir ons mooi.Bewaar dit.

Elimmers kom geniet die dag met ons.
25/11/2025

Elimmers kom geniet die dag met ons.

More alle vriende en familie, net weer ietsie uit Elim.Hierdie jaar wemel dit eintlik in Elim van al die herdenkings in ...
06/11/2024

More alle vriende en familie, net weer ietsie uit Elim.Hierdie jaar wemel dit eintlik in Elim van al die herdenkings in ons dorpie.Die Groot fees verrigtinge oor die vrylating van die slawe, iets groot vir Elim.n Lieflike program natuurlik heeltemal iets anders as die van 2020. Orrals word die 190 jaar gevier en by ons is dit natuurlik iets om na uit te sien. Baie voorbeelde kan ons nagaan baie kan betrek word in ons gemeente as ons net kyk na die oorspronklike mense die Khoi en slaaf gemeente waarmee Elim begin het. n Geskiedenis wat my baie na aan die hart le want dit was die mense wat die fondasie vir ons Elimmers gele het en wat ons tot op vandag so n unieke gemeenskap en my n trotse Elimmer maak. As jy kyk die vanne van destyds wat uit gesterf het en wat dit so mooi maak hoe die einste vanne vandag weer terug trek na hul KOMVANDAAN dis iets soos die geskiedenis word herhaal. En deur dit kan ek weer se ons moet waardeer wat ons tans besit in hierdie stukkie hemel op aarde VOGELSTRUISKRAAL / ELIM .Ek het n lys van die vanne wat baie interessant voorkom asook die eerste mense wat hier was. Later sal ek meer uitbrei en van die vanne gee.

30/10/2024

Happy birthday Charmain Engel Koeper Alle geluk en seen vir jou.Geniet jou dag.Ons sien binne kort.🎂🎂🎂🙏🙏🙏

Wat n genade. Op die laaste dag van Erfenis maand net weer n stukkie geskiedenis vir ons a***e. Siende dat ons gemeente ...
30/09/2024

Wat n genade. Op die laaste dag van Erfenis maand net weer n stukkie geskiedenis vir ons a***e. Siende dat ons gemeente nog steeds in die jaar van fees vier is, was dit n baie mooi gebaar om ons stadsgemeente Moravian Hill te gaan besoek.Dit was beslis deel van hul waardering net om te herdenk al die Elimmers wat deel uitgemaak het van die oudste Moraviese Kerk in Kaapstad en orrals betrokke was veral in die basuinkoor kerkkoor en verenigings. Baie dankie Elim basuinkoor ons is trots op julle.Aangesien Moravian Hill besig is om weer te herleef hoop ons dat daar binnekort weer behoorlik lewe sal wees en dat alles weer soos van ouds in plek sal wees. Dit was ook n groot eer vir hulle om by een van hul lede se ma woonagtig in die stad Sr. Laura van Breda Goliath ook n Elimmer tans in haar 99 ste jaar n item te gaan lewer.
n Foto van Moravian Hill se basuinkoor van destyds en Elim basuinkoor Sondag na die ere diens.

Middag almal net n versoekie, as daar mense is wat nog belangstel in die nagmaal doekie kontak my gerus net R50.
26/09/2024

Middag almal net n versoekie, as daar mense is wat nog belangstel in die nagmaal doekie kontak my gerus net R50.

Erfenis maand en werklikwaar daar is so baie om oor te skryf. Die feesmaand Augustus is verby maar 2024 eindig mos maar ...
18/09/2024

Erfenis maand en werklikwaar daar is so baie om oor te skryf. Die feesmaand Augustus is verby maar 2024 eindig mos maar Desember so ons vier fees heel jaar fees. Net n reg stelling voor die groot fees het ek as Erfenis beampte n mildelike bedrag (donasies) gekry vir ons kerk se gordyne 100 meter. Die geld het gekom van n Elimmer wat tans in Australia woon agtig is asook Elimmers in die stad. n Pragtige gebaar, hy doen dit gereeld en die geld word behartig deur ons Erfenis kommitee. Die gordyne is gemaak en betaal maar ongelukkig wag ons nog vir n datum sodat dit gehang kan word. Baie dankie vir die vrywillige dame wat uit haar pad gegaan het om alles te reel. Voor ons Winkel se ingang Bo het gestaan. LAAT ALLES MEE EERLIK BEHANDEL WORDEN. Geld verduistering is n baie groot Klug. Dit is hoe ek dinge doen altyd eerlik openlik en deursigtig dit verwag ek van ander ook. En dit gaan met jou goed.

n Genade om vanoggend weer jou oe oop te maak en die rustigheid van Elim te smaak ongeag die boosheid of aanvalle vanaf ...
05/09/2024

n Genade om vanoggend weer jou oe oop te maak en die rustigheid van Elim te smaak ongeag die boosheid of aanvalle vanaf buite. Hier in Elim soos in enige ander dorpie of stad streef ons almal na kalmte, geluk en vrede. Deur dit Jan Ek mense, Elimmers aanraai om tog moeite te doen om ons boek 200 Jaar van genade te bekom. Ons drie ek myself Alliston en Hennie het baie in gesit en baie deur gemaak om hierdie weergawe die lig te laat sien.Baie dankie vir die wat almal hul stories te gegee het aangaande hul opgeroei in Elim. Ek kan jul verseker daar is nog baie en jul is meer as welkom om dit met my te deel.Die boek gaan beslis voort.Die wat verskyn in die boek en wel nie so betrokke was nie dankie aan julle ook dit word waardeer.Almal is tog belangrik.Kontak my gerus as jul belangstel.

Kom en geniet ons Erfenis. Daar is maar een Elim.
23/09/2023

Kom en geniet ons Erfenis. Daar is maar een Elim.

n Interessante storie, stap jy deur die gangetjies van Elim van straat tot straat is dit so opmerklik.In elke agterplaas...
13/06/2023

n Interessante storie, stap jy deur die gangetjies van Elim van straat tot straat is dit so opmerklik.In elke agterplaas soos in die verlede en tot op vandag nog het ons mos die gemakhuisies in ons agterplaas, my vraag die meerderheid van die deurtjies is hierdie pragtige hartjie uit gekerf. Was dit terwyl jy op die Troon sit d**k jy aan jou Hart.

Address

Elim Kerk Werf
Elim
7284

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 16:00

Telephone

+27280085033

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elim Erfenis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Elim Erfenis:

Share