Woord In Waarheid Edenburg NPC

Woord In Waarheid Edenburg NPC Woord In Waarheid Edenburg NPC Welkom by Woord In Waarheid Edenburg NPC. In ons gemeente glo ons in die Drie-Enige God.

Ons glo die Vader is God (Wese/Siel van God), die Seun is God (God as tasbare Liggaam/Joh 1:1-3, 14; 8:58), en die Heilige Gees is God (God as Gees/Hand 5:3-4). Een God, Almagtig, Alomteenwoordig en Alwetend. Ons is na sy beeld geskape (Gen 1:27) en bestaan dus ook uit gees, siel en liggaam (1 Thess 5:23). Ons gemeente is lief om die Here te verheerlik deur ons aanbidding, ons musiek en ons sang.

Ons hef hande op en klap graag ook hande in spontaniteit tot eer van God en ons aanbid ook in tale wanneer die Gees ons so lei. Tale en uitleg van tale word nie verhinder nie en ons verheerlik God met blydskap. Ons glo in ons dinamiese gemeente en verlustig ons graag in die Here. U is BAIE welkom om saam met ons die Here so te aanbid.

Geluk aan klein Kayden met jou inseēn vanoggend. Mag jou ouers hul belofte nakom en jou voorbeeldig grootmaak as kindjie...
31/05/2026

Geluk aan klein Kayden met jou inseēn vanoggend. Mag jou ouers hul belofte nakom en jou voorbeeldig grootmaak as kindjie van Jesus. Mag jy geseēnd wees en eendag self besluit om Jesus te volg.

31/05/2026
Sluit eerskomende Sondag by ons aan. Diens te Kerkstraat 12, Edenburg, begin 10h00.
29/05/2026

Sluit eerskomende Sondag by ons aan. Diens te Kerkstraat 12, Edenburg, begin 10h00.

TIENDES, OFFERGAWES, FINANSIEËLE SAAD. WAARVOOR?Tiendes dui op die gehoorsaamheid om 'n tiende van ons inkomste vir God ...
26/05/2026

TIENDES, OFFERGAWES, FINANSIEËLE SAAD. WAARVOOR?

Tiendes dui op die gehoorsaamheid om 'n tiende van ons inkomste vir God af te staan, terwyl offergawes ons vrywillige gawe vir Hom is en finansieële saad dieselfde met 'n vrug-opbrengs as verwagting. Op die ou-end bly dit eenvoudig net fondse wat ons aan die kerk afstaan, hopelik gegee met vrygewige harte, andersins met oortuiging van bo.

Die vraag is, wat gebeur met dié fondse?

Wel, soos enige ander organisasie moet huur, water en ligte, telefoon, skoonmakers, tuinwerkers en alle onderhoud betaal word.

Daar word van kerke verwag om kospakkies en klere aan armes te voorsien, met produkte wat aangekoop moet word, om hospitale te besoek en gesinne te besoek, met brandstof wat nie gratis aan kerke voorsien word nie, om mense met woord en brood te bedien deur uitreike ens.

Daar moet admin gedoen word, boeke ge-oudit. Alles kos geld. Intussen het die pastoor ook 'n huisgesin wat versorg moet word met huis, voedsel, vervoer, skoolfonds en klere. So-nie moet die pastoor ander werk soek en verrig vir lewens-onderhoud en net Sondae opdaag om 'n vinnige preek af te rammel terwyl die gemeente andersins sonder behoorlike versorging en voorbereiding klaar moet kom. Leraars is geroep om die gemeente voltyds te versorg en die Bybel sê; "DIE ARBEIDER IS SY LOON WERD" ( Luk 10:7/1 Tim 5:18).

Dankie dat jy betrokke is by ons bediening. Jou finansiele ondersteuning help my en my span om te doen wat ons doen. Jy is deel van die grote siele oes.

Hier kan jy maandeliks betrokke raak by ons bediening of eenmalig saai. Ons is geregistreer as 'n Nie Winsgewende Maatskappy (Non Profit Company - NPC).

NPC 2025 / 702600 / 08 is geregistreer onder die naam Woord In Waarheid Edenburg NPC. Ons bank by FNB en ons Gold Buseness Account rekeningnommer is: 6317 3691 990

Dankie vir u ondersteuning.

24/05/2026

ALLE EER AAN DIE HERE!
Dankie Heilige Gees vir U teenwoordigheid, sigbaar in elke diens met voelbare aanraking, tekens en wonders.
Dankie Gemeente van Christus vir getroue opkomste, betrokkenheid, getroue bydraes en ontvanklikheid.

24/05/2026

ALLE EER AAN DIE HERE!
Dankie Heilige Gees vir U teenwoordigheid, sigbaar in elke diens met voelbare aanraking, tekens en wonders.
Dankie Gemeente van Christus vir getroue opkomste, betrokkenheid, getroue bydraes en ontvanklikheid.
O die kragtige werking van die Heilig Gees! Nie sommer net woorde nie, maar deur tekens, wonders en profetiese Woord deur taal en uitleg. Dankie Here vir dié wat die HG doping ook ontvang het vandag. Hallelujah!

BOU JY OF BREEK JY?Die Gees van God werk in ons gemeente sodat ons sy Koninkryk kan bou. Kom luister na hierdie belangri...
22/05/2026

BOU JY OF BREEK JY?
Die Gees van God werk in ons gemeente sodat ons sy Koninkryk kan bou. Kom luister na hierdie belangrike boodskap - bou ons, of breek ons af?
Ons diens begin Sondag 10h00, met ons Facebook uitsending vanaf ±10h15.

Address

Kerkstraat 12
Edenburg
9908

Opening Hours

Wednesday 19:30 - 21:00
Sunday 10:00 - 12:00

Telephone

+27834583640

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woord In Waarheid Edenburg NPC posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share