NG Kerk, Wesheuwels, Oos-Londen

NG Kerk, Wesheuwels, Oos-Londen Dutch Reformed Church

22/11/2024
Heerlike gemeentekamp!
18/03/2023

Heerlike gemeentekamp!

16/03/2020

KENNISGEWING RAKENDE EREDIENSTE BY WESHEUWELS.

Na aanleiding van die regering se verklaring aangaande die COVID-19 virus deel ons die volgende : Ons gemiddelde erediensbywoning is bo die limiet wat Pres Ramaphosa gestel het – ons is dankbaar daaroor, maar sal nie kan voortgaan met ons eredienste op Sondae soos normaalweg nie. Kom ons staan saam en laat aanbidding in ons gemeente so min as moontlik ontwrig word.

Ons doen ‘n beroep op alle lidmate vir wie dit moontlik is om die aanddienste by te woon om dit eerder te doen en sodoende ons ouer lidmate wat nie graag in die aand uitgaan nie, die geleentheid te bied om die oggenddienste by te woon. Ons besef dis ‘n opoffering, maar so kom ons ons verantwoordelikheid na. Eerskomende Sondag 22 Maart is daar egter nie ‘n aanddiens nie. Vanaf 29 Maart hervat aanddienste en geld bogenoemde versoek.

Die Sondagskool sluit tot latere kennisgewing, waarskynlik ten minste totdat die skole weer heropen. Ons sal die ouers inlig.

Die minibasaar van 4 April word ook uitgestel.

Omgeegroepe, Manne-aksie en Bybelstudies gaan voort soos normaal.

Kom ons werk saam en doen ons deel. Bly tuis indien jy enigsins olik voel. Was jou hande gereeld en vermy fisiese kontak. Ons weet Christus is Koning oor alles en kom daarom ook ons verantwoordelikheid na.

Address

83 Rosedale Road, Amalinda
East London
5247

Opening Hours

Wednesday 09:00 - 11:55
Friday 09:00 - 11:55
Sunday 09:00 - 10:00
18:00 - 19:00

Telephone

+27437412815

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk, Wesheuwels, Oos-Londen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category