Perspektief

Perspektief ‘n Groep jong-volwassenes wat wil leef soos Hy, lief hê soos Hy en uitreik soos Hy. Ondersteunings basis vir enige jongmens in die Kaap.

26/07/2021

Rocco van Rooyen lifestyle gesels met ons uit Tokio!!

Ons gesels Woensdag oor: "Hoe bly ek staan?"Daar word elke dag baie druk op ons geplaas, dit is so belangrik om staande ...
21/06/2021

Ons gesels Woensdag oor: "Hoe bly ek staan?"

Daar word elke dag baie druk op ons geplaas, dit is so belangrik om staande te bly! Maar hoe doen ons dit?

Kom kuier en gesels saam, 19h00 by Harmonie Gemeente se kantoor!

Moenie opgee nie!
02/06/2021

Moenie opgee nie!

In dié wêreld waarin ons leef, gaan ons allerhande probleme, frustrasies en moeilikheid soms ervaar. Dis maar net die lewe. So as ons dit weet, wat gaan ons doen?

Ons moet standvastig bly en volhard. Met ander woorde, moed opgee is nooit die antwoord nie! Maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie, oorwinning sal slegs behaal word as ons weier om moed op te gee.

Hou ook net in gedagte, dat in die hitte van ons stryd is die Heilige Gees besig om sy grootste werk in ons te doen. Hy word nie beweeg deur die omstandighede nie.

As ek en jy Hom werklik vertrou, sal ons ook nie deur omstandighede geraak hoef te word nie. Hy is nie net in ons lewens vir goeie tye nie, maar ook vir die moeilike tye.

“Moet dus nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.” Galasiërs 6:9 NLV

Ek weet die lewe kan soms baie moeilik wees. Maar ek weet ook dat God ons sal help as ons standvastig bly. Kom ons staan op Galasiërs 6:9: Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie tou opgooi nie, sal ons op die regte tyd oes.

𝗪𝗼𝗲𝗻𝘀𝗱𝗮𝗴 𝗪𝗲𝗻𝗸: 𝗠𝗼𝗲𝗻𝗶𝗲 𝗼𝗽𝗴𝗲𝗲 𝗻𝗶𝗲!

30/05/2021
30/05/2021
30/04/2021

Aan elkeen wie lief is vir God se Koninkryk en wat die uitbreiding van Sy Koninkryk op die hart dra, wil ek graag vra om saam met ons te bid vir ‘n wonderwerk.

Terwyl meeste kerke hulle deure reeds kon oopmaak, het ons nog nie toegang tot ‘n gebou (plek van samekoms) nie. Vir die afgelope 5-jaar het die Here ons gedra, en ongetwyfeld weet ons dat Hy dit steeds sal doen. En ons is daagliks op ons knieë vir ons gemeente, en ook in belydenis vir die angstigheid wat soms die oorhand kry. Want Hy IS GOD! Hy bly in beheer! En Hy sal ons ook deur hierdie tyd dra!

Maar, “kerkwees” gaan so baie oor “saamwees” Oor gemeenskap! Oor saam bid en saam aanbid! Oor ‘n groep gelowiges wat saam Christus se Koninkryk bou en verhoog – wie dissipels maak van alle mense!

En agv die “toe”-deure en geen gebou nie, kan Harmonie nie tans SAAM wees nie!

Ons is in gesprekke is met soveel ander geloofsleiers, met agente, met skole, met enige iemand wat toegang het tot moontlike fasiliteite. Ons probeer alles in ons vermoë, terwyl ons wakend en biddend op die Here wag!

Bediening was nog nooit so uitdagend maar ook opwindend soos nou nie; want ons was nog nooit tevore in “hierdie situasie” nie. En dit het ‘n geweldige invloed op elke aspek van ‘n mens se lewe; gesondheid en emosioneel. Tog weet ons elke dag, ons hoef maar net te vertrou, ons hoef maar net aan te hou! God sal die deurbraak bring! Ek glo dit met my hele hart!

Die groot getuienis van wat GOD doen met ons AANLYNKERK is wonderlik, en ons sal nie ophou om VOLUIT en met OORGAWE daaraan te werk nie – dit vat die Woord na plekke waar ons nie voorheen kon gaan nie!

Ons is glad nie mismoedig nie! Dis mos JUIS in hierdie tye wat ons opnuut leer en sien hoe GETROU ons Hemelse Vader sorg en onderneem – groter as wat ons ooit oor kan droom of d**k – dit is Sy belofte in Ef 3:20. Ons is HOOPVOL en in afwagting vir die deurbraak, maar, sal julle asseblief saam ons vir die uitkoms bid! Vir God se soewereine WIL vir Harmonie!

Ons is so geseënd en bevoorreg om steeds die wonderlikste groep mense as deel van ons geloofsreis te mag hê! En, om te d**k dat ons eintlik in hierdie moeilike tye “gegroei” het in getalle en aanlyn bywoning, en met nuwe lidmate – ‘n Wonderwerk uit God se hand!

Kan jy d**k wat God kan doen as ons almal saam staan! Saam bid! Saam glo! Nie net vir Harmonie Gemeente nie, maar vir die kerk in geheel!

03/02/2021

As jy weet wie jy is, weet jy wat jy moet doen. Hoe meer ons fokus op wie ons in Christus is, hoe minder maak dit saak wie ons in die verlede was, wat met ons gebeur het, of wat mense van ons d**k.

In 'n wêreld vol skeptisisme en mededingers, kies ons eerder om "cheerleaders" vir ander te wees!

Want dan kan God jou gebruik om Sy liefde aan ander te bewys!

𝗪𝗼𝗲𝗻𝘀𝗱𝗮𝗴 𝘄𝗲𝗻𝗸: "𝗩𝗶𝗻𝗱 𝗷𝗼𝘂 𝗶𝗱𝗲𝗻𝘁𝗶𝘁𝗲𝗶𝘁 𝗶𝗻 𝗖𝗵𝗿𝗶𝘀𝘁𝘂𝘀.”

Spreuke 11:24‭-‬25 (ABA) “Daar is mense wat hulle goed vir ander mense uitdeel, maar hulle kry altyd meer goed, daar is ook mense wat nie graag vir ander mense iets doen nie, húlle word self arm. Wanneer iemand dit “goed laat gaan met ander mense” - dan gaan dit ook goed met hom. As hy vir ander mense water gegee het toe hulle dors was, dan sal hy ook water kry wanneer hy dors is.”

23/01/2021

Jesus het gesê Hy het gekom sodat ons lewe kan hê, en dit in oorvloed!
Dit sluit verseker verhoudings in. Ons is gemaak om te floreer, veral in verhoudings.

Kom kuier Sondag 24 Januarie saam met Rocco Bosman van Rooyen en Rene van Rooyen in die Woord en kom sien vir jouself watter herlewing God in jou huwelik en/of in jou verhoudings kan en wil kom bring!

Vars, nuwe lewe! Hoekom nie?

Sien jou daar!
Die diens sal van 09:15 op Youtube en ChurchOnline beskikbaar wees.

Youtube: https://www.youtube.com/channel/UC2sdfWCZQzJvV1pGDuPP40Q

ChurchOnline: https://harmoniegemeente.online.church/

Wat is die gewoonte wat jy wil begin die jaar?
13/01/2021

Wat is die gewoonte wat jy wil begin die jaar?

𝗣𝗔𝗦𝗢𝗣 𝗩𝗜𝗥 “𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗝𝗔𝗔𝗥, 𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗘𝗞”

Meeste ken die storie, elke nuwe jaar het soveel van ons nuwe voornemens. Dinge wat ons wil verander in ons lewens. Alhoewel dit ‘n edele ideaal is, moet jy versigtig wees om nie jouself te demotiveer met die grootte van so ‘n taak nie. Die statistieke van Nuwejaar voornemens gee meer duidelikheid; Volgens Forbes misluk 80% van voornemens en bitter min oorleef tot einde Februarie.

𝗡𝗼𝘂 𝗵𝗼𝗲 𝗱𝗮𝗻 𝗻𝗼𝘂?

‘n Aangepaste benadering kan beter resultate lewer deur die taak meer te vereenvoudig. Probeer om EEN gewoonte te vestig in jou lewe per jaar. Dit klink dalk min, maar die lei gewoonlik uiteindelik na die vestiging van meer gewoontes.

𝗪𝗢𝗘𝗡𝗦𝗗𝗔𝗚 𝗪𝗘𝗡𝗞:

𝗩𝗘𝗦𝗧𝗜𝗚 𝗘𝗘𝗡 𝗚𝗘𝗪𝗢𝗢𝗡𝗧𝗘 𝗣𝗘𝗥 𝗝𝗔𝗔𝗥!

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.” ‭‭ROMEINE‬ ‭12:2

Address

Wellington Road
Durbanville
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Perspektief posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Perspektief:

Share