VGKSA / URCSA Durbanville

VGKSA / URCSA Durbanville Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from VGKSA / URCSA Durbanville, Church, 10 Flamink Close, Durbanville.
(1)

Services every Sunday
Prayer meetings every first Wednesday of the Month
Sunday School every Sunday during services
Kids Ministry every Friday
Youth gatherings every Friday
Choir practise every Thursday
Womens m

Sluit by ons aan Sondag, 22 Maart 2026 @09:00Tema: U stap met my.Skriflesing: Eksodus 3:1-15Gasprediker: T/S M Hendriks ...
19/03/2026

Sluit by ons aan Sondag, 22 Maart 2026 @09:00
Tema: U stap met my.
Skriflesing: Eksodus 3:1-15
Gasprediker: T/S M Hendriks

Lydenstyd in Aksie - God gebruik wat ons bring!Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.Saam bou ons verde...
19/03/2026

Lydenstyd in Aksie - God gebruik wat ons bring!
Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.
Saam bou ons verder deur te gee.

"Bring julle volle tiende na die skathuis." - Maleagi 3:10

Lydenstyd in Aksie - Barmhartigheid in aksie!Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.Saam bou ons verder ...
18/03/2026

Lydenstyd in Aksie - Barmhartigheid in aksie!
Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.
Saam bou ons verder deur te gee.

"Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is." - Lukas 6:36

Lydenstyd in Aksie - Klein dade maak ’n verskil!Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.Saam bou ons verd...
17/03/2026

Lydenstyd in Aksie - Klein dade maak ’n verskil!
Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.
Saam bou ons verder deur te gee.

"Wie hom oor ’n arm mens ontferm, leen aan die Here." - Spreuke 19:17

Wyk 6 (Fisantekraal) Vierde Sondag in Lydenstyd  15 Maart 2026Tema: God sien anders as menseSkriflesing: 1 Samuel 16:1–1...
16/03/2026

Wyk 6 (Fisantekraal)
Vierde Sondag in Lydenstyd 15 Maart 2026
Tema: God sien anders as mense
Skriflesing: 1 Samuel 16:1–13
Prediker: Ds Karien

Lydenstyd in Aksie - Gee met ’n oop hart!Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.Saam bou ons verder deur...
16/03/2026

Lydenstyd in Aksie - Gee met ’n oop hart!
Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.
Saam bou ons verder deur te gee.

"Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang." - Handelinge 20:35

Wanneer ons gee – selfs iets klein – word ons deel van God se werk in mense se lewens.

Lydenstyd in AksieMoet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.Saam bou ons verder deur te gee.
16/03/2026

Lydenstyd in Aksie
Moet nie net iets opgee nie… gee iets weg hierdie week.
Saam bou ons verder deur te gee.

Sluit by ons aan Wyk 6 (Fisantekraal) Vierde Sondag in Lydenstyd  15 Maart 2026  @09:00Tema: God sien anders as menseSkr...
14/03/2026

Sluit by ons aan Wyk 6 (Fisantekraal)
Vierde Sondag in Lydenstyd 15 Maart 2026 @09:00
Tema: God sien anders as mense
Skriflesing: 1 Samuel 16:1–13
Prediker: Ds Karien

Sluit by ons aan Vierde Sondag in Lydenstyd - 15 Maart 2026 @09:00Tema:  Here wat beplan U.Gaan saam met ons.Skriflesing...
14/03/2026

Sluit by ons aan Vierde Sondag in Lydenstyd -
15 Maart 2026 @09:00
Tema: Here wat beplan U.Gaan saam met ons.
Skriflesing: Eksodus 33:1-23
Gasprediker: Propoent N Paulse

14/03/2026

DAGSTUKKIE: Lydenstyd - Bou met Genade

BYBELVERS
“Wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” - Efesiërs 4:32

REFLEKSIE
Waar mense saam is, gebeur daar soms misverstande en seerkry. Woorde word verkeerd gesê. Besluite word nie altyd verstaan nie.

Maar genade is die sement wat ’n gemeenskap bymekaar hou.

Lydenstyd herinner ons hoe groot God se genade is, genade wat aan die kruis sigbaar geword het. As God ons soveel vergewe het, kan ons ook leer om mekaar genadig te hanteer.

Wanneer genade in ’n gemeente leef, word mense nie uitmekaar gedryf nie, hulle word nader aan mekaar gebring.

En dan kan ons werklik sê:
Saam bou ons verder.

GEBED
Hemelse Vader, Help my om genade te wys soos U genade aan my bewys het. Laat my woorde en dade help om vrede en eenheid te bou.
Amen

13/03/2026

DAGSTUKKIE: Lydenstyd - Bou op ’n Sterk Fondasie

BYBELVERS
“Niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, naamlik Jesus Christus.” - 1 Korintiërs 3:11

REFLEKSIE
Wanneer ’n gebou op ’n swak fondament gebou word, begin krake gou wys.

Dieselfde geld vir ons geloof en vir die kerk. As ons bou op opinies, tradisies of persoonlike voorkeure, raak dinge gou onstabiel.

Maar wanneer Jesus die fondament is, staan die gebou sterk, selfs deur storms.

Lydenstyd herinner ons dat Jesus deur lyding en die kruis die fondament van ons redding gelê het. Daarom bou ons nie op onsself nie, maar op Hom.

Saam bou ons verder wanneer Christus die middelpunt bly.

GEBED
Here, help my om my lewe op Jesus te bou. Laat Hy altyd die fondament wees van alles wat ons saam doen.
Amen

12/03/2026

DAGSTUKKIE: Lydenstyd - Bou met Nederigheid

BYBELVERS
“Doen niks uit selfsug of eersug nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.” - Filippense 2:3

REFLEKSIE
Een van die grootste struikelblokke in enige gemeenskap is trots. Ons wil graag reg wees. Ons wil erkenning kry. Ons wil hê dinge moet op óns manier gebeur.

Maar Jesus wys vir ons ’n ander pad, die pad van nederigheid.

Hy, die Seun van God, het gekies om te dien. En in Lydenstyd onthou ons hoe Hy selfs bereid was om te ly vir ander.

Wanneer ons nederigheid kies, verander die manier waarop ons saamwerk. Dan word die vraag nie meer “Wie kry die krediet?” nie, maar “Hoe kan ons saam bou?”

Saam bou ons verder wanneer ons leer om mekaar te dien.

GEBED
Here Jesus, Leer my om nederig te wees soos U. Help my om ander eerste te stel en saam met hulle te bou aan U kerk.
Amen

Address

10 Flamink Close
Durbanville
7550

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VGKSA / URCSA Durbanville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to VGKSA / URCSA Durbanville:

Share

Category

Uniting Reformed Church in Southern Africa / Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika

The Uniting Reformed Church in Durbanville was established on the 18th of October 1935, then the Dutch Reformed Mission Church. We believe that the Bible is the Word of God and is the full and trustworthy (reliable) witness of this revelation. Our vision is to build from faith, hope, love and our steadfastness to serve God, each other and the world. We are based in a sub-economic suburb, Morningstar, near Durbanville CBD, but its regional boundaries also include all farm worker communities in the wider Durbanville area (Kleinroosboom Boutique Winery, Bloemendal Wine Farm, Welgegund Farm and surrounding farms) and Fisantekraal. The demographics of the residents in our congregation are diverse in terms of age and ethnicity. Our ministry is open to all people, young and old, from different backgrounds. We aspire to have as many congregants from the farming communities and Fisantekraal to attend the services and activities. As congregation we are faced with huge challenges, since the areas we serve are densely populated by low income households, the unemployed and receivers of social grants. The areas has also many high risk and vulnerable children that fight for survival from a very young age. As a congregation we are also faced with the challenge of transporting members to and from church as many of them do not have their own transport and access to public transport in the evening is challenging and unsafe. We appreciate any form of assistance, be it making transport available or financially helping us to to serve our congregants needs.

Bank: Standard Bank

Account: Current

Branch: Durbanville