Elim Gemeenskaps Kerk

Elim Gemeenskaps Kerk Ken Jesus, Maak Hom wêreldwyd bekend. Die Volle Evangelie Kerk Van God in Suidelike Afrika.
- Afrikaanse Diens op Sondae om 11:30-
Ons is wagtend op die Here!

20/02/2025

HOEKOM GLO EK IN GOD? .........
Ek het Hom nodig.. So hier is my antwoord..
Ek glo in God, want partykeer is die wêreld so "awesome" en dinge werk so goed uit dat my siel uitroep vir iemand om voor dankie te sê.
Dan is dit Hy! ........

Ek glo in God, want soms is die berge en die sonsondergang en die wolke en die maan so mooi dat ek iemand nodig het om te prys..
Iemand moes dit gemaak het.
Dis Hy!......

Ek glo in God, want partykeer gebeur goed wat so onbeplan is en so seer maak..
En Dan voel dit of niemand verstaan nie, maar Dan onthou ek die spykers in Sy hande en die Man aan die kruis..
Dan weet ek Iemand huil saam met my.
Dis Hy! ......

Ek glo in God, want partykeer is ek so deurmekaar en die lewe so sinneloos en my drome lyk onbereikbaar en Dan het ek iemand nodig om saam met my die pad te stap en rigting te wys..
Dan is Hy daar! ....

Ek glo in God, want partykeer is ek so dom en ek doen sulke "stupid" goed en Sonde mors my hart en my lewe so op en maak ander so seer..
En Dan het ek nodig dat Iemand vrede en wysheid bring..
Dan is Hy daar!....
Hy maak heel wat ek self verbrou het!
Hy bring genade selfs in seer wat ekself veroorsaak het! ..

Ek glo in God, want partykeer weet ek niks.. Ek het leiding en wysheid nodig in 'n deurmekaar wêreld wat ek nie verstaan nie....
En Dan skryf Hy vir my in die Bybel en ek lees Sy Woord en hoor Sy stem en dinge maak weer sin!....

Ek glo in God, in Jesus, in sy Gees, want Hy's daar!.....
Heeltyd! Altyd!....
In alles waardeur ek gaan en maak nie saak hoeveel keer ek dieselfde fout maak nie.... Hy is daar!..
Ek glo in God, want ek sien nie kans om ooit alleen te wees of enige iets alleen te doen nie...

Send a message to learn more

24/10/2024
22/12/2023

Wees gegroet in Jesus Naam al die mensies van Elim, tannie Kate se familie en vriende!! Vandag staan ons in die Gees saam met elke een van U. Ons bring hulde aan Koning Jesus vir die lewe van n pragtige diens maagd van Hom. Tannie Kate was n voorbeeld van opregtheid en het die Naam van Jesus hoog gehou in alles wat sy vir Hom gedoen het. Haar soet koeksister het die geur van die soete liefde van Jesus laat deur skyn. Haar kussings wat sy gemaak het, het die rustigheid van Sy vrede deur laat skemer. Maar dit was haar liefde vir die verlore siele wat in armoede geleef het wat sy met liefde deur gedra het. Sy, het die werk van die Here so veel makliker gemaak . Sy sal werklik gemis word. Tannie Kate Ons groet u tot ons mekaar weer sien. Kyk maar uit vir ons, ons sal daar wees. RUS IN JESUS.... TOT WEER SIENS. Pastoor Carel en Robyn Roux. 22/12/2023

17/11/2023

Jesus se voete bring ons by ’n plek van stilte

Die Bybel verwys na ‘n vrou met die naam van Maria. Sy was die suster van Lasarus en Martha en sy word drie keer in die Evangelies genoem. Elke keer wanneer haar naam genoem word, vind ons haar by die voete van Jesus. Die eerste keer is in Luk 10:38-42 En op hulle reis het Hy in ‘n sekere dorp gekom, en ‘n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. (39) En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. (40) Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help. (41) Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; (42) maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.
Terwyl Martha se aandag afgelei was, het Maria kalm gesit en luister na die woorde van Jesus. Wanneer ons in Jesus se teenwoordigheid kom, (d.w.s., in gebed, Bybel lees, aanbidding, ens.), dan is die laste van die lewe geneig om ongelooflik lig te word.

Dit sou baie Christene goed doen om te leer om te sit in Jesus se teenwoordigheid en te vergeet van die sorge van die wêreld. Leer om die Here meer as jou bekommernisse lief te hê en jy sal in staat wees om daardie kalm plek in sy Geseënde teenwoordigheid te vind.

21/09/2023

“Wat maak jy hier?”
1 Konings 19:9 “En hy (Elia) het daar in ‘n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?”
Gedagte:
“Diep in die nag het die Here met hom gepraat: Elia, wat presies maak jy hier?”
Om te d**k hoe die Here Elia gebruik het om vuur uit die hemel te bid en hoe al die priesters van Baäl uitgeroei was – en nou vlug hy vir sy lewe omdat Isebel hom wou doodmaak.
Ons vind hom skuil in ‘n spelonk terwyl hy begeer om liewer te sterwe. In vers 4 bid hy: “Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie.”
Daardie nag, in die spelonk, vra God hom wat hy daar maak. Die Here was teleurgestel dat Elia vlug vir sy lewe en gaan wegkruip het in ‘n spelonk. Elia was dan die gesalfde man van God!
Moenie wag totdat die Here jou ook vra: “Wat maak jy hier?” Ek d**k dit sal beter wees as jy vir jouself die vraag kan vra waar jy tans is en wat jy tans doen. In jou hart moet jy seker maak dat jy op die regte plek woon; op die regte plek werk; op die regte plek studeer en beslis in die regte bediening staan in die gemeente waar jy is omdat die Here jou geroep het om dit te doen.
Ek hoop nie dat jy, soos Elia, gevlug het en jou tans bevind in ‘n geestelike spelonk nie? Is jy tans moedeloos en voel jy dat jy voor ‘n toe deur staan? Skep moed en hoor wat met Elia gebeur het!
God het nog ‘n duidelike plan met Elia gehad. Hy moes twee konings gaan salf het en sy mantel sou nog op Elisa val, wat dubbel soveel wonders as hy gedoen het. (1 Kon. 19:15,16)
Selfs al het jy verkeerde besluite geneem, verwerp God jou nie.
Volgens Jer. 29:11 het God verseker ‘n duidelike plan met jou lewe.
En onthou altyd: Dit is soms die laaste sleutel wat die deur oopsluit.
Wees gegroet in die wonderlike Naam van Jesus, ons Verlosser.

14/09/2023

M A A K V O L
Deur Jannes Erasmus
Ek sit by die vulstasie en ek besef dat ek hierdie maand kort gaan kom…
of dit met die huur,
die krag, die kos,
die versekering of die skoolfonds is…
iewers gaan ek hierdie maand te kort kom…
as ek nou volmaak
gaan iets iewers leeg raak
hoe kies jy?
hoe kies jy wat is belangriker want die een beïnvloed die ander?
‘maak vol’
ek bly stil
‘asseblief’
sê ek met ‘n knop in my keel…
ons het ‘n budget, ons beplan,
en ons sny hom fyn,
nes jy,
elke maand
en die verpligtinge raak nie minder nie
die reën val neer en die vloed styg op…jy weet
ek sien die bedrag en klou aan my stuurwiel
die joggie steek sy hand uit en vra
‘do you want to pay?’
ek hoor
‘do you want to pray’
ek vat sy hand en begin bid
ek bid vir elke leë tenk wat hierdie maand moet kies...
vir elkeen wat te kort kom,
finansieel, emosioneel, geestelik en gesondheid
vir jou wat gebudget het en nou in die rooi is met jou verhouding, ‘n verslawing
vir jou wat sterk moet wees en kies om vol te maak as jou beursie leeg is
want as jy by Hom volmaak
sal jy sien hoe alles om jou net vanself voller raak
ek sê amen en die kêrel is so geskok
hy sê ook sommer amen
k wou nog omverskoning vra toe sê hy
‘my tenk was ook op empty vandag, kealeboga’
ek ry daar weg en ek voel voller,
ek besef hoeveel van ons ry op empty en d**k ons is die enigstes wat deur dit gaan
vandag weet ek waar om vol te maak
as alles om my leeg raak
Onthou, jy is nie alleen nie.
Dankie Hemelse Vader dat U deur alles ons versterk sodat ons ook ander om ons kan ophou deur gebed.

Our Christian life is all about choices. Nobody can make a decision on your behalf, you are responsible for every decisi...
21/08/2023

Our Christian life is all about choices. Nobody can make a decision on your behalf, you are responsible for every decision made. Is there something that you need to change?

Heb 12:1 Therefore since we also are surrounded with so great a cloud of witnesses, let us lay aside every weight and the sin which so easily besets us, and let us run with patience the race that is set before us,
Heb 12:2 looking to Jesus the Author and Finisher of our faith, who for the joy that was set before Him endured the cross, despising the shame, and sat down at the right of the throne of God.

Address

ELIM GEMEENSKAPS KERK (VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN SUIDELIKE AFRIKA)/103 Donegal Road, Bluff, Durban (Afrikaanse/Engelse Dienste/Sondae Oggende-11:30)
Durban
4052

Opening Hours

09:00 - 12:00
18:30 - 20:00

Telephone

+27835191110

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elim Gemeenskaps Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Elim Gemeenskaps Kerk:

Share