06/05/2020
*Manna: Jou gesindheid maak ’n verskil!*
_'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput._ Spreuke 17:22
Wat d**k jy het die grootste uitwerking op jou geluk?
jou omstandighede
jou gene
jou gesindheid
PARTY sou “omstandighede” kies. Hulle sê dalk: “Ek sou gelukkig gewees het . . .
“as ek maar net meer geld gehad het”
“as ek maar net gelukkig getroud was”
“as ek maar net gesonder was”
Maar in werklikheid het geluk dikwels meer te doen met jou gesindheid as met jou omstandighede of jou gene. En dit is goeie nuus. Waarom? Want anders as jou omstandighede of jou gene—waaraan jy min of niks kan doen nie—kan jy iets aan jou gesindheid doen.
Ons Skrif gedeelte sê: “’n Vrolike mens is ’n gesonde mens, ’n neerslagtige mens raak uitgeput” Met ander woorde, jou gesindheid maak ’n verskil! Dit kan bepaal of jy ’n doelwit bereik of tou opgooi en of ’n tragedie die beste of die slegste in jou na vore bring.
Geseënde dag