NG Gemeente Doornpoort

NG Gemeente Doornpoort ‘n Familie vir ons gemeenskap waar elke mens ons Vader se hart kan ontdek, deur God te VERHEERLIK, Jesus te VOLG en mekaar te VERSORG deur die Heilige Gees!

Doornpoort Gemeente
Baobabstraat 841
Doornpoort
0017

Tel: 012 547 1456
E-pos: [email protected]

12/09/2026
Hi almal,Dit is met groot blydskap dat ons kan sê dat Doornfees 2026 weer ’n groot sukses was! Dit was ’n wonderlike fee...
07/09/2026

Hi almal,

Dit is met groot blydskap dat ons kan sê dat Doornfees 2026 weer ’n groot sukses was! Dit was ’n wonderlike fees wat ons saam met ons gemeenskap kon geniet. Baie dankie aan elkeen wat hierdie dag moontlik gemaak het.

Dankie aan almal wat lank voor die tyd beplan en voorberei het. Dankie aan elkeen wat ’n stalletjie beman het, vir elke skenking en borg, en aan dié wat rondgery het om alles aan te koop. Dankie aan die span wat die ligte, tente en infrastruktuur opgestel het. Dankie aan elkeen wat Vrydag opgeoffer het om te kom dien, te ondersteun en saam te kuier. Dankie vir elke “like” en “share” van die Doornfees, dit het regtig ’n verskil gemaak. Ons is dankbaar vir elke besoeker wat die dag saam met ons kom vier het.

Sonder julle sou dit eenvoudig nie moontlik gewees het nie. Dankie dat julle Doornfees 2026 so besonders en so suksesvol gemaak het!
Laastens wil ons alle eer aan God gee, wat ons geseën het met ’n pragtige dag en ’n wonderlike gemeenskapsgeleentheid.

Groete Ds. Cecil

Hi julle,Ons is baie opgewonde oor ons nuwe reeks wat hierdie week afskop: *Leef Ligter.* Die hart van die reeks is om t...
05/09/2026

Hi julle,

Ons is baie opgewonde oor ons nuwe reeks wat hierdie week afskop: *Leef Ligter.* Die hart van die reeks is om te ontdek hoe ons staande kan bly in die druk van die lewe, sodat ons ons roeping voluit kan uitleef. Hierdie week kyk ons spesifiek na hoe *Christus ons dra en staande hou* in tye van verdrukking, nood en wanhoop.

Kom kuier saam oor die volgende vier weke en ervaar wat God in jou wil doen en deur jou wil doen.

Sien julle Sondag!

*841 Boababstraat, Doornpoort Gemeente*

Dis 'n fees! Die DOORNFEES!Kom kuier saam, ons hou fees tot 20:00 vanaand! 841 Baobab Straat, Doornpoort Gemeente.
28/08/2026

Dis 'n fees! Die DOORNFEES!

Kom kuier saam, ons hou fees tot 20:00 vanaand!

841 Baobab Straat, Doornpoort Gemeente.

Die Doornfees is hier. Jy wil dit nie mis nie. Vrydag, 28 Augustus |  841 Baobabstraat |  14:00 - 20:00Bring die hele ge...
25/08/2026

Die Doornfees is hier. Jy wil dit nie mis nie.

Vrydag, 28 Augustus | 841 Baobabstraat | 14:00 - 20:00
Bring die hele gesin vir ’n heerlike middag na werk en skool!

*Vermaak:* Live musiek deur Gypsy G en ’n optrede deur die volkspelegroep.
*Kos:* Kerrie & rys, bunny chow, butter chicken, pannekoek, hamburgers, pap & wors, gebak en meer!
*Pret vir kinders & stalletjies* : Vreeshuis, springkastele, boogskiet, lekkergoed en stalletjies om van te kies en keur.

Sien jou daar!
👉 Merk “Going” en deel die event: https://www.facebook.com/share/19eaPLVQFG/

Address

Baobabstraat 841
Doornpoort
0017

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27125471456

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Gemeente Doornpoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Gemeente Doornpoort:

Share

Category