NG Kerk Delareyville-Oos

NG Kerk Delareyville-Oos NG Kerk Delareyville-Oos U kan ook die leraar direk kontak op 073-130-4470 of [email protected]

πŸ‚ SEPTEMBER 2026 πŸ‚β€™n Nuwe maand lΓͺ voor! 🌿September bring weer ’n maand vol eredienste, kategese, jeugaktiwiteite, verga...
01/09/2026

πŸ‚ SEPTEMBER 2026 πŸ‚
’n Nuwe maand lΓͺ voor! 🌿
September bring weer ’n maand vol eredienste, kategese, jeugaktiwiteite, vergaderings, gemeenskapsgeleenthede en saamkuier.

πŸ“… BELANGRIKE DATUMS VIR SEPTEMBER:
β›ͺ6 September
β€’ 09:30 Kerkraadsbiduur
β€’ 10:00 Erediens
β€’ 12:00 Kategese
β€’ Potjiekosete

πŸ“‹ 8 September– Kommissievergaderings
β€’ 17:15 Finansies

πŸ™ 20 September
β€’ 10:00 Erediens
β€’ Kategese en koffie en tee saam ons Koster om hom te vier vir al sy jare!

πŸŽ“ 23 September – Skool sluit
πŸ“š 24 September – VLU Tak afsluiting / Erfenisdag

πŸ”₯ 27 September
β€’ 10:00 Gesamentlike Erediens
β€’ Bring-en-braai (om Ds. Natasha du Plessis en Herco Posthumus se huwelik saam te vier)
β€’ Kategese
β€’ Biddag vir bejaardes

πŸ₯ 30 September – SAVΓ‰ Vetkoekverkope

❀️ Kom ons stap saam deur September – ’n maand van geloof, diens, gemeenskap en saamwees.

Ons sien uit daarna om jou en jou gesin by ons geleenthede te verwelkom!

NG Delareyville-Oos
🌿 *Saam groei ons, saam dien ons, saam leef ons ons geloof.*

πŸ“Έβœ¨ FOTOKOMPETISIE – ONS WENNERS!βœ¨πŸ“ΈWat ’n wonderlike fotokompetisie was dit! 🌿❀️Baie, baie dankie aan elkeen wat ’n foto ...
30/08/2026

πŸ“Έβœ¨ FOTOKOMPETISIE – ONS WENNERS!βœ¨πŸ“Έ

Wat ’n wonderlike fotokompetisie was dit! 🌿❀️

Baie, baie dankie aan elkeen wat ’n foto ingestuur het, asook aan almal wat ons kompetisie ondersteun het – nie net binne ons gemeentes nie, maar ook van wyd en suid. Ons waardeer elke inskrywing, elke reaksie, elke stem en elke woord van ondersteuning ongelooflik baie! πŸ™πŸ»

Elke foto was besonders op sy eie manier, met pragtige oomblikke en die mooiste byskrifte. Dit het die keuse beslis nie maklik gemaak nie! πŸ˜πŸ“·

Na baie kyk, oorweeg en stemme is ons wenners:

πŸ₯‡ 1ste prys: Elma Botha
πŸ₯ˆ 2de prys:Elize Taljaard
πŸ₯‰ 3de prys:Hannerie Visser

πŸŽ‰ Baie geluk aan ons drie wenners! πŸŽ‰

En ’n spesiale dankie aan almal wat gehelp het met die stemproses. Julle betrokkenheid het hierdie kompetisie ekstra spesiaal gemaak. Dit was werklik moeilik om tussen al die besondere foto’s te kies! ❀️

Dankie dat julle saam met ons hierdie projek ondersteun en daarvan ’n sukses gemaak het. Ons is dankbaar vir elkeen van julle en sien uit na nog sulke lekker geleenthede saam! πŸŒΈπŸ“Έ

Baie geluk, Elma, Elize en Hannerie!πŸ†πŸŽ‰

Hier is van die foto's wat ingeskryf was ook by geplaas:...

❀️ ONS IS SAAM GEROEP OM CHRISTUS SIGBAAR TE MAAKIs bediening net vir dominees, ouderlinge en diakens?Nee.πŸ“– 1 Petrus 4:1...
30/08/2026

❀️ ONS IS SAAM GEROEP OM CHRISTUS SIGBAAR TE MAAK

Is bediening net vir dominees, ouderlinge en diakens?

Nee.

πŸ“– 1 Petrus 4:10 herinner ons:
β€œNamate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien...”

ELKEEN.

Jy het ’n plek.
Jy het ’n gawe.
Jy het iets om te gee.

Miskien is dit om iemand te bemoedig.
Miskien om te luister.
Miskien om te bid.
Miskien om te besoek.
Miskien om te help.
Miskien om iemand eenvoudig te laat weet:

❀️ β€œEk sien jou. Jy is nie alleen nie.”

As ons bid dat ons kerk voller moet word, laat ons nie net bid vir meer mense nie.

Laat ons bid vir ’n gemeente wat voller van Christus word.

’n Gemeente vol liefde.
’n Gemeente vol genade.
’n Gemeente vol mense wat bereid is om te dien.

🎧 Luister na hierdie boodskap op ons YouTube-kanaal:

β€œOns is saam geroep om Christus sigbaar te maak”

Deel dit gerus met iemand wat vandag ’n bietjie bemoediging nodig het. ❀️

Here, gebruik my.

HERE, GEBRUIK MYβ€œNamate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet jul...

🌿 LÊ DIT NEER🌿Het jy vandag iets op jou hart wat net te swaar voel?’n Bekommernis wat jy nie kan afskud nie?’n Verlede w...
23/08/2026

🌿 LÊ DIT NEER🌿

Het jy vandag iets op jou hart wat net te swaar voel?

’n Bekommernis wat jy nie kan afskud nie?
’n Verlede wat jou nog vashou?
Moegheid wat niemand anders sien nie?
Of dalk ’n toekoms waaroor jy onseker is?

Jesus sΓͺ: β€œKom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.” – Matteus 11:28

Jy hoef nie alles alleen te dra nie.

In hierdie kort boodskap word ons herinner om dit wat ons dra by Jesus neer te lΓͺ β€” en dit daar te los.

❀️ LΓͺ dit neer.
πŸ™ Vertrou Hom.
🌿 Rus in sy genade.

πŸŽ₯ Luister na ons nuwe YouTube-boodskap: β€œLΓͺ dit neer”

Mag hierdie boodskap jou hart vul met vrede, hoop en die versekering dat jy nooit alleen hoef te dra nie.

God sorg vir jou. ❀️

Dankie dat jy vandag saam met my geluister het.Waar jy ook al hie...

🌿 WAAR EENHEID WOON, DAAR STORT GOD SY SEΓ‹N UIT🌿Ons leef in ’n wΓͺreld waarin mense maklik van mekaar verwyder raak. Verh...
16/08/2026

🌿 WAAR EENHEID WOON, DAAR STORT GOD SY SEΓ‹N UIT🌿

Ons leef in ’n wΓͺreld waarin mense maklik van mekaar verwyder raak. Verhoudings word deur seerkry, misverstande en onvergewensgesindheid geraak.

Maar Psalm 133 herinner ons: β€œHoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon!”

En Jesaja 56 herinner ons aan God se hart: β€œMy huis sal uitgeroep word tot ’n huis van gebed vir al die volke.”

God is ’n God wat mense bymekaarbring. ❀️

Die vraag is daarom nie net:
β€œIs daar vrede rondom my?”

Maar ook:

β€œIs ek iemand wat vrede bring?”
Wie kan jy vandag nader trek?
Wie moet jy vergewe?
Wie het ’n bemoedigende woord nodig?
Wie het nodig om te weet: β€œJy behoort. Jy is welkom.”

Mag hierdie boodskap jou bemoedig en jou herinner dat God jou nie alleen laat nie. Waar eenheid woon, daar stort God sy seΓ«n uit. πŸ™β€οΈ

Here, Dankie dat U my nader getrek het toe ek ver was.Dankie dat e...

🌸 GESKEP OM GOD SE BEELD TE DRA🌸Die wΓͺreld probeer ons dikwels oortuig dat ons ons waarde moet verdienβ€”deur hoe ons lyk,...
09/08/2026

🌸 GESKEP OM GOD SE BEELD TE DRA🌸

Die wΓͺreld probeer ons dikwels oortuig dat ons ons waarde moet verdienβ€”deur hoe ons lyk, wat ons bereik of wat ander mense van ons d**k.

Maar God herinner ons:

"God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep..."
– Genesis 1:27

Jou waarde begin nie by wat jy doen nie.

Jou waarde begin by Wie jou gemaak het.❀️

As jy vandag voel jy is nie genoeg nie, onsigbaar is of wonder of jou lewe saak maak, mag hierdie boodskap jou herinner:

🌿 God sien jou.
🌿 God ken jou.
🌿 God het jou lief.
🌿 Jy is geskep met waarde en doel.

Deel dit gerus met iemand wat vandag nodig het om te hoor: "Jy is kosbaar in God se oë."🌸

🌸 GESKEP OM GOD SE BEELD TE DRA 🌸 Die wΓͺreld probeer ons dikwels ...

Gelukkige Vrouedag πŸ’
09/08/2026

Gelukkige Vrouedag πŸ’

πŸ’§ KOM NA DIE WATER πŸ’§β€œKom, almal wat dors is, kom na die water toe.” – Jesaja 55:1Waarna is jou hart vandag dors?Miskien ...
02/08/2026

πŸ’§ KOM NA DIE WATER πŸ’§

β€œKom, almal wat dors is, kom na die water toe.” – Jesaja 55:1

Waarna is jou hart vandag dors?

Miskien na vrede.
Miskien na hoop.
Miskien na vergifnis.
Miskien na ’n nuwe begin.

Ons spandeer dikwels ons lewens aan dinge wat belowe om ons te versadig, maar ons uiteindelik net méér dors laat.

Maar God se uitnodiging aan elkeen van ons is eenvoudig:

KOM.

Jy hoef nie eers alles reg te hΓͺ nie.
Jy hoef nie God se liefde te verdien nie.
Jy mag kom soos jy is.

Kom na Jesus – die Bron van lewe, die Een wat jou diepste dors kan les.

πŸ™ Ons nooi jou uit om na hierdie week se boodskap, Kom na die Water”, te luister en saam herinner te word aan God se genadige uitnodiging.

πŸŽ₯ Luister hier na die boodskap:

Die prys is betaal.
Die tafel is gedek.
Die genade is daar.

Die uitnodiging staan: KOM. ❀️

HET JY ’N DORS WAT DIE WÊRELD NIE KAN LES NIE?β€œKom, almal wat dor...

🌿✨ WELKOM, AUGUSTUS! βœ¨πŸŒΏβ€™n Nuwe maand vol genade, geleenthede, gemeenskap en God se trou!β€œWaarom kwyn jy weg, my siel, en...
01/08/2026

🌿✨ WELKOM, AUGUSTUS! ✨🌿
’n Nuwe maand vol genade, geleenthede, gemeenskap en God se trou!

β€œWaarom kwyn jy weg, my siel, en is jy so onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom, my God, weer prys vir die verlossing wat Hy, my God, sal bring.”
β€” Psalm 42:12

Augustus herinner ons daaraan om ons hoop op God te plaas. Wat ook al hierdie maand vir ons inhou – vreugde of uitdaging, nuwe begin of wagtyd – ons weet: God is getrou, en ons kan op Hom hoop! πŸ™πŸ»

Ons sien sΓ³ uit na alles wat hierdie maand voorlΓͺ en na elke geleentheid om saam as gemeente te groei, te aanbid, te leer en saam te kuier. 🀍

πŸ“… AUGUSTUS SE GEBEURE:

β›ͺ Sondag 2 Augustus
09:30 – Kerkraadsbiduur
10:00 – Erediens
11:15 – Kerkraadsvergadering en verkiesing

πŸ“– Dinsdag 4 Augustus
18:00 – Bybelstudie

πŸ“– Woensdag 5 Augustus
10:30 – Bybelstudie

🌿 Saterdag 8 Augustus
Barberspan stap vir Natuurbewaring

🌸 Sondag 9 Augustus
10:00 – Gesamentlike Erediens – Oos Gemeente
🌷 Vrouedag

🏫 Maandag 10 Augustus
Publieke vakansiedag

πŸ“– Dinsdag 11 Augustus
18:00 – Bybelstudie

πŸ“– Woensdag 12 Augustus
10:30 – Bybelstudie

πŸ“– Donderdag 13 Augustus
1000 Bybels Gholfdag
Laerskool Delareyville – Dames Oggend

🌳 Saterdag 15 Augustus
1000 Bybels Gholfdag (Die mag dalk nie meer gebeur op hierdie datum nie, neem dit in ag!)

β›ͺ Sondag 16 Augustus
10:00 – Erediens
Kategese

πŸ™ Dinsdag 18 Augustus
13:15 – Verootmoedigingsdiens
18:00 – Bybelstudie

πŸ“– Woensdag 19 Augustus
10:30 – Bybelstudie

πŸ›οΈ Saterdag 22 Augustus
09:00 – APK Basaar

β›ͺ Sondag 23 Augustus
10:00 – Nagmaal
Kategese
11:00 – GKV-vergadering

πŸ“– Dinsdag 25 Augustus
18:00 – Bybelstudie

πŸ“– Woensdag 26 Augustus
10:30 – Bybelstudie

🏎️ Saterdag 29 Augustus
Rally – Plaas

β›ͺ Sondag 30 Augustus
10:00 – Erediens
Kategese
πŸ“Έ Fotokompetisie-wenners word aangekondig!

πŸ™ Maandag 31 Augustus
Broederkring – Delareyville

πŸŽ‚ GELUKKIGE VERJAARSDAG! πŸŽ‚
Ons vier graag saam met almal wat in Augustus verjaar! πŸ₯³πŸŽ‰ Mag die Here julle nuwe lewensjaar vul met Sy liefde, vrede, vreugde en genade! 🀍

🎈 5 Aug: Jana Engelbrecht
🎈 9 Aug: Martiens Theunissen
🎈 10 Aug: Hennie K**k
🎈 12 Aug: Miandi Claassens
🎈 15 Aug: Hennie Byleveld & Hannetjie se Klerk
🎈 16 Aug: Anita Swiegelaar
🎈 19 Aug: Willem Louwrens, Elbè Fouché & Armand du Plessis
🎈 20 Aug: Charné McMaster
🎈 21 Aug: Chris Mengel & Marlie Mostert
🎈 24 Aug: Lizelle Pretorius & Anelle Claassens
🎈 25 Aug: Ester J v Rensburg
🎈 27 Aug: Annanelie Havenga
🎈 28 Aug: Sonei Vente & Lize-Mari Rall
🎈 29 Aug: Rassie Taljaard
🎈 30 Aug: Nathen du Plessis & Santie Bernardt

🌸 Mag Augustus vir elkeen van ons ’n maand wees waarin ons weer kies om te hoop, te vertrou en naby aan God te leef. Kom ons stap hierdie maand saam – as gemeente, as gesinne en as kinders van God! πŸ™πŸ»πŸ€

Kom ons groei in geloof en verhouding met God en mekaar en kies God eerste elke dag. So sien julle elke Sondag om kerk wees te weerspieΓ«l en ook elke dag in die week!

Ons sien uit om JULLE in Augustus te sien! β›ͺ🌿

❀️ WANNEER NIEMAND JOU KIES NIE – MAAR GOD JOU SIEN ❀️Het jy al ooit gevoel jy is tweede?Dat iemand anders gekies word e...
26/07/2026

❀️ WANNEER NIEMAND JOU KIES NIE – MAAR GOD JOU SIEN ❀️

Het jy al ooit gevoel jy is tweede?

Dat iemand anders gekies word en jy agterbly?

Dat jy nie raakgesien of waardeer word soos jy verlang nie?

In Genesis 29 ontmoet ons vir Lea – 'n vrou wat die pyn van verwerping en ongewenst wees geken het.

Maar haar verhaal herinner ons aan hierdie wonderlike waarheid:

✨ Mense mag jou miskyk, maar God sien jou.✨

Jy hoef nie deur mense gekies te word om deur God geliefd te wees nie.

Miskien is jy vandag die een wat voel:
"Niemand kies my nie."
"Ek is tweede."
"Ek is nie genoeg nie."

Dan wil ek jou vandag herinner:

God het jou gesien.
God ken jou.
God het jou nie vergeet nie.
Jy behoort aan Hom.πŸ™

Kom luister saam na hierdie boodskap oor Lea en ontdek hoe God selfs in haar pyn 'n groter verhaal geskryf het.

Mag jy vandag weet:
Jy is gesien. Jy is geken. Jy is geliefd. ❀️

Jy hoef nie deur mense gekies te word om deur God geliefd te wees n...

Address

44 Protea Straat
Delareyville

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 10:00 - 12:00

Telephone

+27539480520

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Delareyville-Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Delareyville-Oos:

Share