Die VEK van God Wesmoot Gemeente

Die VEK van God Wesmoot Gemeente Alle aktiwiteite van die Gemeente word hierin vertoon. Foto's, artikels, preke en funksies. DIENS: 9h30 Sondagoggend

Sondag: 22 Maart 2026 om 9:30.Taljaardstraat 540, Daspoort.TEMA: Die herstelgeveg van Elia!
20/03/2026

Sondag: 22 Maart 2026 om 9:30.
Taljaardstraat 540, Daspoort.
TEMA: Die herstelgeveg van Elia!

04/03/2026
01/01/2026

2026...

Vir julle wat die sepie Diepe Waters kyk, soos ek en Ester, het hulle in die laaste episode van 2025, rondom 'n lang tafel ete gevra dat elkeen wat kom een woord vir die nuwe jaar moet noem.

Dit het my nogal laat d**k wat sal my woord wees, veral nadat ek hierdie laaste 3 maande 2 keer letterlik by die dood omgedraai het met siekte. En omdat 'n mens nogal baie aan die verganklikheid van die lewe d**k en jouself vind dat jy meer aan die dood d**k en jou eie kwesbaarheid as aan enige iets anders terwyl 'n mens in ICU lê.

MAAR die Here was getrou en Hy het my, met julle gebede, wonderbaarlik deurgedra en my gespaar vir my gesin, my bediening en my gemeente. Ek het 'n nuwe waardering vir die Here gekry, vir wie Hy is, en dat Hy vir my, maar ook elkeen van julle so oneindig liefhet, dat Hy ons tog deurdra deur elke moeilike omstandigheid, en aan ons op 'n sagte, dikwels stillerige, bonatuurlike manier kom wys of sê: "Ek is nog besig in jou lewe, gee My kans."

So my enkele persoonlike woord vir 2026 is: LEEF!
LEEF vir Jesus!
LEEF vir jouself!
LEEF vir jou gesin, jou vrou, jou man, jou kinders, jou kleinkinders.
LEEF om te leef, reg te leef, reg te kies.

So wat jou woord ookal mag wees, Jesus is altyd dieselfde. Mag jy 'n wonderlike nuwe jaar beleef en weet dat ek en Ester julle elkeen liefhet en vir julle bid.

Christusliefde.
Pastoor Jacques en Ester.

Address

540 Taljaardstreet
Daspoort
0082

Opening Hours

09:30 - 11:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die VEK van God Wesmoot Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share