Bethanië Sondagskool - Rooted Kids

Bethanië Sondagskool - Rooted Kids Latter Rain Missions
Vibrant, active Sunday school

Ons Sondagskool is weer in volle swang aan die gang!🌿Kyk ons pragtige skriffie kaartjies vir elke les.
21/02/2021

Ons Sondagskool is weer in volle swang aan die gang!🌿
Kyk ons pragtige skriffie kaartjies vir elke les.

25/08/2020
Dankie vir almal wat vanoggend ingeskakel het by ons Sondagskool Zoom🌿Hier is ‘n link vir al die maatjies wat dit gemis ...
16/08/2020

Dankie vir almal wat vanoggend ingeskakel het by ons Sondagskool Zoom🌿

Hier is ‘n link vir al die maatjies wat dit gemis het! https://youtu.be/RRBCtHJk25s

Nou kan jul iewers op jul eie tyd lekker Sondagskool hou 🌿

16 Aug '20

14/08/2020

Sondag 11:00 het ons ‘n groot gesamentlike Sondagskool Zoom🌿
Kom word deel en leer iets nuuts!

Van ons Miertjie klassie af:ONS LEGKAART IS VOLTOOI!!!! 🧩Baie dankie aan elke liewe Miertjie & Mamma vir julle oulike by...
26/06/2020

Van ons Miertjie klassie af:

ONS LEGKAART IS VOLTOOI!!!! 🧩

Baie dankie aan elke liewe Miertjie & Mamma vir julle oulike bydraes.

Soos ek die legkaart stukke ontvang het, het ek besef ek het nie die saak mooi deurdink nie... elke ou neem teen n ander hoek af en dus is geen een van die stukke dieselfde grootte nie! 🙈

Juis op daardie oomblik het dit my ook bewoë gemaak... want n nader-aan-die-waarheid beeld sal mens nêrens kry nie. Dis perfek. Dis presies hoe ons elkeen is... uniek, anders, heeltemaal verskillend van die een langs hom! Tog is ons almal deel van Een wonderlike prentjie.

So deur die loop van die lewe skuur en skaaf die Here ons totdat ons ons perfekte lê-plek in Sy legkaart gekry het.

Dit het my groot vreugde verskaf om hierdie bymekaar te sit vir die kinders! Wys asb vir elkeen waar sy stukkie inpas. Ons gaan die legkaart in die klas ophang.

-Juffrou Annette🐜

Gr 6-7🌳Ons het sover in Lockdown geleer oor hoe God op dag 4 die Ligte in die hemele geskep het. ☀️ Hy het op dag 5 die ...
21/05/2020

Gr 6-7🌳

Ons het sover in Lockdown geleer oor hoe God op dag 4 die Ligte in die hemele geskep het. ☀️ Hy het op dag 5 die Voëls en die Visse gemaak. 🐠 Toe leer ons oor dag 6 van die Skepping en hoe spesiaal God die mens en al die diere gemaak het!🦁

“En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.”
‭‭JOHANNES‬ ‭1:5‬ ‭AFR53‬‬

21/05/2020

Kyk die lekker lessie wat ons Gr 4-5 juffrou vir ons maaitjies aangebied het!🌿

Gr 4-5🌿Ons het geleer van die Israeliete se trek deur die Rooi See🌊 en hoe die Here vir hulle voorsien het in die woesty...
21/05/2020

Gr 4-5🌿

Ons het geleer van die Israeliete se trek deur die Rooi See🌊 en hoe die Here vir hulle voorsien het in die woestyn met Manna en Kwartels. 🏜 Ons hoor toe van die Tien Gebooie en hoe Moses dit aan die volk gegee het. ⛰

“Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.”
‭‭HEBREËRS‬ ‭11:29‬ ‭AFR53‬‬

21/05/2020

Ons Gr 2-3 maaitjie het haar versie gememoriseer! Well done, Esther!🌿

“En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.”
‭‭GÉNESIS‬ ‭22:14‬ ‭AFR53‬‬

Gr 2-3🌿Ons sover in Lockdown al geleer van Abram en Lot en hoe Lot uit S***m en Gomora moes vlug. 🔥 Toe leer ons hoe Isa...
21/05/2020

Gr 2-3🌿

Ons sover in Lockdown al geleer van Abram en Lot en hoe Lot uit S***m en Gomora moes vlug. 🔥 Toe leer ons hoe Isak gebore is met God se belofte aan Abraham. Abraham moes vir Isak offer, maar die Here het Abraham se gehoorsaamheid gesien en ‘n lammetjie voorsien. 🐑

“En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.”
‭‭GÉNESIS‬ ‭22:14‬ ‭AFR53‬‬

21/05/2020

Kyk hoe lekker speel en leer ons Gr 0-1 maaitjie oor die Jerigo mure!🧱

Address

144 Von Willich Avenue
Clubview

Opening Hours

09:45 - 12:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bethanië Sondagskool - Rooted Kids posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Bethanië Sondagskool - Rooted Kids:

Share