27/08/2026
πΏπ€ BASAAR-DAG IS AMPER HIER!
Het jy jou mense saamgenooi? π
Jou eetlus gereed? π
Want Bosveldterapie is amper hier!
Kom geniet βn middag vol lekker kos, gesellige kuier, kindervermaak, stalletjies en alles wat βn goeie basaar nodig het! πΎπ₯
Hier is alles wat jy moet weet voordat jy kom:
π PARKERING & VERVOER
Parkeer gratis by Matsport Sentrum of NG Kerk Wierdapark en maak gebruik van die beskikbare WANATU bussie na die kerk.
ποΈ KAARTJIES
Koop jou basaar-kaartjies by die aangewese kaartjiepunt en gebruik dit dan by die verskillende stalletjies.
π³ KAART WORD VERKIES
Kontant is welkom, maar ons verkies kaartbetalings. Daar sal kaartmasjiene by die stalletjies beskikbaar wees vir vinnige en maklike betalings.
π¬ ROOKAREA
Daar is βn aangewese rookarea agter in die hoek. Gebruik gerus die terreinplan om dit maklik te vind.
ππ₯π· EN DANβ¦ DIE BELANGRIKE DEEL! π
Kom honger, want daar gaan baie lekker dinge wees!
π₯ Pannekoek
π Hamburgers
π Worsbroodjies
π Kerrie & rys
π₯ͺ Jaffels
π₯ Spit-braaibroodjies
π₯© Biltong & wyn
β Cappuccinoβs & Americanoβs
π₯€ Koeldrank & water
π Kinderpret
β¦en nog BAIE meer!
π
Vrydag, 28 Augustus 2026
β° 14:00 tot laat
π NHK Swartkop | 107 Irelandlaan, Eldoraigne
Bring jou familie. Bring jou vriende. Bring jou eetlus. π
Kom smul, kuier & geniet βn bietjie BOSVELDTERAPIE saam met ons! πΎπ€
Ons sien jou daar! πβ¨