07/09/2026
๐๐๐ค
๐ฉ๐๐ก ๐ฆ๐ง๐๐๐ง๐ฆ๐ง๐๐๐ง๐๐ฅ ๐ง๐ข๐ง ๐๐๐ฅ๐๐๐๐ฆ๐๐๐ฅ ๐๐ก ๐ฎ๐ฐ ๐จ๐จ๐ฅ!
Van een van Suid-Afrika se mooiste verhoรซ na die hartlike atmosfeer van โn gemeentefees โ die Ainos, Laerskool Hennopspark se geestelike revuegroep, het die naweek van 28 en 29 Augustus twee besonderse geleenthede beleef!
๐ฉ๐ฟ๐๐ฑ๐ฎ๐ด, ๐ฎ๐ด ๐๐๐ด๐๐๐๐๐ | ๐ง๐๐ต๐๐ฎ๐ป๐ฒ ๐ฌ๐ผ๐๐๐ต ๐๐ฟ๐๐ ๐๐ฒ๐๐๐ถ๐๐ฎ๐น
Getrou aan die betekenis van hul naam โ โKinders wat die Here prysโ โ het die Ainos Vrydagaand die Here se Naam geloof op die indrukwekkende verhoog van die Staatsteater in Pretoria.
Met โn 12-minute program het die groep afgeskop met Dawid en die Reus en My Lighthouse. Daarna het Bernard Booyens as solis, saam met die Ainos, die bekende Gratitude met die gehoor gedeel.
Die atmosfeer het โn besonderse oomblik bereik toe Denuschke van Heerden as solis, saam met die groep, Soos in die hemel gesing het. Daar was โn hemelse vrede in die teater โ โn belewenis wat diep geraak het en nog lank onthou sal word.
๐ฆ๐ฎ๐๐ฒ๐ฟ๐ฑ๐ฎ๐ด, ๐ฎ๐ต ๐๐๐ด๐๐๐๐๐ | ๐ก๐ ๐ช๐ถ๐ฒ๐ฟ๐ฑ๐ฎ๐ฝ๐ฎ๐ฟ๐ธ-๐ฆ๐๐ถ๐ฑ ๐๐ฒ๐บ๐ฒ๐ฒ๐ป๐๐ฒ๐ณ๐ฒ๐ฒ๐
Net 24 uur later het die Ainos hulself tussen stalletjies, basaarlekkernye en โn heerlike gemeentefees-atmosfeer bevind as deel van Kerk-in-die-Suid se gemeentefees.
Hier kon die groep hul volle repertoire met die gehoor deel, met Amelie du Toit as solis vir die hartroerende lied en gebed, In Jesus Name.
Dit was ook besonders om ou kennisse, oudskoliere en oud-Ainos-lede weer raak te loop!
โn Groot dankie aan al ons ouers wat ons by elke geleentheid kom ondersteun. Ons waardeer julle ongelooflik baie.
Die Ainos is tans kliphard aan die oefen ter voorbereiding van hul jaarlikse uitreiktoer. Hierdie jaar vertrek hulle na die Nylstroom- en Naboomspruit-omgewing, waar hulle weer die geleentheid sal hรช om deur musiek en boodskap die Here se Naam te verkondig.
Twee dae. Twee totaal verskillende verhoรซ. Een doel: om die Here te prys.
Ons harte is vol dankbaarheid teenoor ons Ainos-kinders en hul afrigters vir hierdie twee besonderse optredes. Julle het ons trots gemaak!
Definitief was geen hart onaangeraak nie.