Neos Gemeente

Neos Gemeente Neos congregation is a place of blessing and growth.

It is a Spiritual Haven where you can experience the blessing of the Lord and where you can grow in your relationship with Him on a daily basis. Teaching from God's Word, and praise and worship are done in both English and Afrikaans, with an additional service in one of the African languages during the week.

27/05/2026
Ons sien baie uit daarna om hierdie Sondag FEBA Radio by ons te verwelkom en te luister  na die getuienisse van hoe FEBA...
14/05/2026

Ons sien baie uit daarna om hierdie Sondag FEBA Radio by ons te verwelkom en te luister na die getuienisse van hoe FEBA, deur radio en media, Jesus se lig bring na die onbereiktes.



Almal is welkom en deel gerus met jou vriende, familie, en op julle gemeenskapsgroepe.

Ons kan 'n verskil maak in ons land.

H/v Flamingo en Hoep-Hoep laan, Wierdapark, Centurion
Tyd: 9:00

Kom geniet tee en koffie na die tyd en kom ontmoet en gesels saam.

06/05/2026

Midweekoordenking

Leef deur die Gees!

Luister na die kragtige oordenking van ds Ralph du Toit!

Ons hoop dat almal 'n geseënde paasnaweek ervaar het en ook uitgerus van die vakansie teruggekeer het. Mag hierdie kwart...
08/04/2026

Ons hoop dat almal 'n geseënde paasnaweek ervaar het en ook uitgerus van die vakansie teruggekeer het.
Mag hierdie kwartaal vir ouers, oupas en oumas, al ons enkellopende gemeenskapslede, en kinders baie besonders wees en mag elkeen die teenwoordigheid van die Here ervaar.
Rus in God se vrede hierdie seisoen, maak julle versoeke, gebede, en bekommernisse, en dit waarvoor julle dankbaar is bekend aan Hom. Wees bly in alle situasies, want Hy is met jou!
Juig en jubel, want Hy het opgestaan en Hy leef!

Paasnaweek 2026 - Vrydagoggend diens by Neos GemeenteDienstyd: 8:00Adres: H/v Flamingo en Hoep-Hoep str. Wierdapark, Cen...
02/04/2026

Paasnaweek 2026 - Vrydagoggend diens by Neos Gemeente
Dienstyd: 8:00
Adres: H/v Flamingo en Hoep-Hoep str. Wierdapark, Centurion, 0157
Diens word gelei deur ds Ralph du Toit
Kom geniet koffie en tee na die diens.

Johannes 6:48 - "Ek is die brood van die lewe."

Herderlike nota:

Dit is steeds skoolvakansie en nou ook Paasnaweek. Ek benader dié naweek altyd met gemengde gevoelens. Dit is veronderstel om die grootste Christelike Feesgeleentheid te wees maar soveel Christene maak daarvan ‘n vakansie en breek weg! Was eintlik maar so oor al die jare. Ek is dankbaar vir dit wat gemeentes wel aanbied en ook vir die gemeentes wat kampe of konferensies aanbied. Mag dit vir jou en jou gesin ‘n ware Christusfees wees as die Kruisiging en die Opstanding van Jesus gevier word. By Neos is dit die afsluiting van die sewe boodskappe oor die “Ek is” uitsprake van Jesus. Ons kuier informeel saam rondom die woord en sang – amper soos ’n groot selgroep. Kom om dit saam met ons te geniet in die teenwoordigheid van God as Vader, Seun en Gees!
Geseënde Paasfees!
Neos groete in Jesus
Ralph

01/04/2026

Luister saam na hierdie week se Midweek Oordenking: 2026.04.01
----------
Midweek Oordenking uit Filippense 2:5-11 Besing die lof van Jesus saam!
----------
Groete en liefde vanaf Neos Gemeente,
Ralph du Toit

Alle oupas en oumas word genooi na hierdie naweek se GrandparentingSA byeenkoms by Neos Gemeente in Wierdapark, Centurio...
02/02/2026

Alle oupas en oumas word genooi na hierdie naweek se GrandparentingSA byeenkoms by Neos Gemeente in Wierdapark, Centurion.
Ds Christo Jansen van Vuuren en sy vrou Hannatjie kom gesels en leer van
𝙃𝙤𝙚 𝙤𝙢 '𝙣 𝙞𝙣𝙩𝙚𝙣𝙨𝙞𝙤𝙣𝙚𝙡𝙚 𝘾𝙝𝙧𝙞𝙨𝙩𝙚𝙣 𝙤𝙪𝙥𝙖 𝙚𝙣 𝙤𝙪𝙢𝙖 𝙩𝙚 𝙬𝙚𝙚𝙨!
Datum: 7 - 8 Feb 2026 (Saterdag 8:00 - 12:00 en Sondag 9:00 - 10:30 Diens afsluiting)
Waar: Neos Gemeente, h/v Flamingo en Hoep-Hoep str, Wierdapark, Centurion, 0157.
Koste: R50.00 per persoon (vir die materiaal en verversings)
Vir navrae en besprekings: Ds Ralph 084 595 2008
Deel gerus die pamflet met inligting en program met familie en vriende asook kollegas.
Sien julle die naweek!

Address

Hoep-Hoep Avenue, Wierdapark
Centurion
0157

Opening Hours

08:30 - 11:00

Telephone

+27126580525

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Neos Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share