Doxa Deo Lyttelton

Doxa Deo Lyttelton Hier om te sien hoe 'n stad transformeer na 'n plek waar God regeer.

08/09/2026

🎶 NEVER FORGOTTEN HITS 🎶

Daar is net ’n bietjie meer as ’n week oor!

Maak seker jy kry jou kaartjies en kom geniet ’n heerlike vertoning op 17 & 18 September!

Bring jou lekkerste kos, nooi jou mense saam en kom geniet ’n aand van goeie vermaak, lekker kuier en die beste atmosfeer! 🥳

Kry jou kaartjies hier: https://linktr.ee/LyttleEvents

// 6 September 2026 //Then you will know that I am the Lord;  those who hope in me will not be disappointed.”  (Isaiah 4...
08/09/2026

// 6 September 2026 //

Then you will know that I am the Lord; those who hope in me will not be disappointed.” (Isaiah 49:23 )

// Manneaand - Worship innie bos //Proverbs 27:17—"As iron sharpens iron, so one person sharpens another"
03/09/2026

// Manneaand - Worship innie bos //

Proverbs 27:17—"As iron sharpens iron, so one person sharpens another"

25/08/2026

// Mannekamp 2026 //

Ons sien uit om hierdie jaar se Mannekamp saam met julle aan te pak by Weesgerus Oord! 🙌

Maak gereed vir ’n naweek van goeie geselskap, lekker kuier en ’n tyd om saam as manne te groei. Meer inligting oor die program, gassprekers en tema van die kamp sal later gedeel word.

16–18 Oktober 2026

Vir meer inligting en om te registreer: https://doxadeonorth.churchsuite.com/events/2vzjnoh5

🎶 NEVER FORGOTTEN HITS 🎶Die liedjies wat jy nooit sal kan vergeet nie. Die mense wat jy altyd wil onthou.❤️Sommige liedj...
21/08/2026

🎶 NEVER FORGOTTEN HITS 🎶
Die liedjies wat jy nooit sal kan vergeet nie. Die mense wat jy altyd wil onthou.❤️
Sommige liedjies vat jou terug na ń plek, 'n tyd, ń herinnering… of sommer net 'n lekker tyd saam met mense wat vir jou belangrik is.

Hierdie jaar bring ons daardie treffers terug!🎤🎸
Kom geniet ń aand van bekende gunstelinge, nostalgie en sommer net lekker saamkuier. 🥳

Nooi jou familie en vriende, pak jou piekniekmandjie 🧺 en kom sing, lag, onthou en geniet die aand saam met ons!
❤️ Want musiek is op sy beste wanneer dit saam geniet word.

📍 Hoërskool Centurion Skoolsaal
📆 17 & 18 September om 18:30
Ons sien uit om saam met jou te kuier!

Never Forgotten Hits neem jou op 'n nostalgiese reis deur tydlose treffers. Herleef die musiek, herinneringe en oomblikke wat nooit vergeet sal word nie.

|| Die Mooi van Vrouwees Vroueoggend ||"'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene." Spreuke 31:10
19/08/2026

|| Die Mooi van Vrouwees Vroueoggend ||

"'n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene." Spreuke 31:10

Kom ons wees getroue rentmeesters.Ons doel is eenvoudig: om Suid-Afrikaners wat kwalifiseer, veral jongmense tussen 16 e...
31/07/2026

Kom ons wees getroue rentmeesters.

Ons doel is eenvoudig: om Suid-Afrikaners wat kwalifiseer, veral jongmense tussen 16 en 25 jaar, aan te moedig om as kiesers te registreer.

Hierdie is nie 'n oproep om enige politieke party of kandidaat te ondersteun nie. Dit is 'n uitnodiging om as Christene verantwoordelik op te tree en die geleentheid te bewaar om, wanneer die tyd aanbreek, 'n biddende en ingeligte besluit te neem.

Om in 'n demokratiese land te leef is 'n voorreg. Deur te stem dra ons op 'n praktiese manier by tot die welstand van ons gemeenskappe en die toekoms van die volgende geslag.

🗳️ Op Dinsdag, 4 November, vind Suid-Afrika se Plaaslike Regeringsverkiesing plaas. Plaaslike regering beïnvloed ons daaglikse lewe, van paaie en water tot veiligheid, parke en gemeenskapsfasiliteite.

As jy nog nie geregistreer het nie, doen dit gerus. As jy reeds geregistreer is, maak seker dat jou registrasiebesonderhede en stemadres korrek is. Onthou om te registreer by die adres waar jy op verkiesingsdag sal wees.

As volgelinge van Christus is ons geroep om vir ons leiers te bid, die welstand van ons gemeenskappe te soek en getrou te wees met elke geleentheid wat God aan ons toevertrou.

https://registertovote.elections.org.za/voter/registration/za

29/07/2026

Address

118 Selborne Avenue, Lyttelton Manor
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 08:30 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doxa Deo Lyttelton posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share