Hervormde Kerk Centurion-Oos

Hervormde Kerk Centurion-Oos Ons vertrou dat jy reeds baie welkom voel in die Hervormde Kerk Centurion-Oos.

Jy sal vind dat die geestelike toerusting van lidmate vir ons ‘n baie hoë prioriteit is. Kom maak die reis met ons mee en láát jou toerus, sodat jy ook soos ‘n boom wat by waterstrome staan, kan groei en ontwikkel om ‘n verskil te maak in die
lewes van mense rondom jou.

Erediens 6 September 2026
06/09/2026

Erediens 6 September 2026

Skriflesing: Fil. 3:4-6, Hand. 9:1-16 Fil. 4:11-13 ...

05/09/2026
Wees die verskil!
04/09/2026

Wees die verskil!

02/09/2026

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

30/08/2026

Skriflesing: Ester 2-4 ...

29/08/2026

🌻 HIERDIE WEEK 🌻
30 AUG – 6 SEPT 2026

⛪ SONDAG
30 AUGUSTUS – KERKRAADBEVESTIGING

🕘 09:00 Erediens
(ds. Lisa-Mari)
Jnr Kategese

🕠 17:30 Erediens
(prof. Jaco)
Snr Kategese

📅 MAANDAG
31 AUGUSTUS

🕔 17:00 Predikantebyeenkoms
📖 19:00 Bybelstudie
(dr. Christo)
📖 19:00 Bybelstudie (ds. Lisa-Mari)

📅 DINSDAG
1 SEPTEMBER

🕒 15:00 Heuwelsig

📅 WOENSDAG
2 SEPTEMBER

📖 09:00 Bybelstudie (ds. Lisa-Mari)
📖 10:00 Bybelstudie PvR (prof. Jaco)

📅 DONDERDAG
3 SEPTEMBER

🧶 10:00 Breigroep
🕒 15:00 Parke

📅 SONDAG
6 SEPTEMBER

⛪ 09:00 Erediens
(ds. Lisa-Mari)
Jnr Kategese

⛪ 17:30 Erediens
(prof. Jaco)
Snr Kategese

📚 KATEGESE
Sien julle almal weer Sondag 30 Augustus. 😊

🌷 DAMES
LENTE-TEE VERSKUIF
Die damesoggend van
5 September is op versoek verskuif na vroeg volgende jaar. Hou asb. die kalender dop vir die datum. Ds. Janine sal steeds die oggend waarneem! 🌷

🙏 VOORBIDDING
Ons vra voorbidding vir die volgende lidmate wat in die hospitaal of tuis siek is. Ons bid dat die Here julle geloof sal versterk en dat julle vas op Hom sal vertrou.

• Louise van der Merwe
• Henco Bezuidenhout
• Doris Vermeulen
• Debbie du Toit

🙏 Ons bid julle God se nabyheid en versterking toe.

🎂 GEMEENTELEDE VERJAAR

Mag u ‘n wonderlike lewensjaar ervaar. 🎉

30 Augustus
• Nico Jonker
• Ben Willem Kern

31 Augustus
• Luan van Rhyn
• Corinne Botha van der Westhuizen

1 September
• Adreen Bye

2 September
• Gerda van Rooyen *83
• Hanlé Lötter
• Annemarie van der Wal

3 September
• Eduan Venter *13

4 September
• Seef Breytenbach
• Soné Steenkamp-Jonker

5 September
• Lenie Strydom *83
• Dehan Rheeders *4

🌸 God’s rykste seën word u toegebid.

🤝 BELANGEGROEPE

🎶 MUSIEK & KUNSTE
Prikkel die kultuurdier in jou en sluit aan. Laat weet asb. Marilene Heunis 072 563 7821 as jy deel wil raak van die groep! 🎵

👣 STAPGROEP
Laat weet gerus as jy volgende keer wil saamstap. Mary-Ann, 082 467 6731 👣🌻

🧶 BREI ’N BIETJIE
Ons brei Donderdae 10:00 (of kom kuier net saam). ☕🧶

Nellie Rautenbach 082 926 8856

❤️ OMGEE DIENSGROEP
Hierdie groep ondersteun begrafnisgeleenthede. Sou u graag u liefde en omgee op hierdie manier wou deel, kontak gerus vir Nellie 082 926 8856.

💛 TRAUMA & VERLIES
Ons gaan voort met ons reis oor Emosionele Intelligensie. Kom reis gerus saam met ons deur hierdie interessante tema!

Enigiemand is welkom! Bring gerus iemand saam! 🌻

📅 Donderdag 17 September om 12:00.

💙 PASTORALE SORG – PREDIKANTE
Ons predikante wil graag lidmate emosioneel en geestelik ondersteun. Kontak asb. enige van die predikante wanneer jy behoefte het aan ‘n gesprek of ondersteuning.

Of nooi gerus die predikante vir ‘n koffie/tee! ☕

🙏 PRAKTIESE DANKBAARHEID
Dankie vir elke lidmaat en vriend van die gemeente vir gereelde dankoffers. Maandelikse dankoffers stel ons in staat om die gemeente se bediening te ondersteun en ons visie uit te leef. ❤️

📰 BLITSPOS/HERVORMER
Volg die skakels in die Boodskappertjie om die kerknuus te ontvang.

🛒 KOSKAS
Ons koskas benodig asb. weer items indien moontlik! 🙏

Ons het tans baie baked beans – ander items sal baie help. Baie dankie vir u ondersteuning! ❤️

Kontak gerus vir Rianne Venter by 072 241 7166.

🚚 Onthou dat u ook van afleweringsdienste gebruik kan maak soos bv. Checkers 60/60.

Indien u items laat aflewer – slegs Maandag tot Vrydag vanaf 09:00 – 12:00.

📍 Napierweg 103.

🏦 BANKBESONDERHEDE
NHK Centurion-Oos
ABSA Rek. 600580507
Takkode: 632 005

Verwysing: Jou Naam + Offergawe /Deurkollekte / Motorwagte

🧡 MOTORWAGTE
Die oranje sakkies word gebruik om vir die motorwagte dankie te sê.

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning en betrokkenheid by ons gemeente. 🙏🌻

Address

103 Napier
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Centurion-Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Hervormde Kerk Centurion-Oos:

Share