Triomftog

Triomftog Hier eer ons God deur sy liefde te wys. Dis wat ons is as begenadigdes, wat ons wil wees as verlostes

10/12/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees. Loof die Here!
Ps 150. (NLV)
“Loof die Here! Loof God in sy heiligdom! Loof Hom onder sy magtige uitspansel! Loof Hom vir sy magtige dade. Loof Hom vir sy eindelose grootheid. Loof Hom met die ramshoring. Loof Hom met lier en harp! Loof Hom met tamboeryn en koordanse. Loof Hom met snaarinstrumente en fluite! Loof Hom met die klank van simbale. Loof Hom met galmende simbale. Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!”
Loof die Here vir sy magtige dade; Sy eindelose grootheid.
En die kulminasie, die vervulling, die knooppunt daarvan is die koms van sy Seun, ons Here Jesus Christus! Laat alles wat lewe die Here loof!
———-
Hierdie is vir eers die laaste van die dagstukkies. “Vir eers”, want ons kyk na ander moontlikhede om dagstukkies te bekom. Een so moontlikheid is die dagstukkies in die Almanak van ons kerke wat voorgelees en aangestuur word.
Baie dankie dat jy so getrou “ingeskakel” het oor al die jare. En ook dankie vir die positiewe terugvoer en reaksie hierop! Vir my was dit ook ń persoonlike reis wat my gevoed, getroos, insig bly gee het en my liefde vir die Here gebou het. Liefde en vrede!

09/12/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees. Wat is die “geseënd” in “geseënde Kersfees”?
Ps 1:
“Dit gaan goed met (geseënd is) die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oord**k. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak. So is die goddeloses nie. Hulle is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Daarom sal goddeloses hulle nie kan handhaaf wanneer die Here oor hulle oordeel nie en sondaars nie 'n plek hê in die vergadering van regverdiges nie. Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.”
Ps‬ ‭2:2-3, 5-7, 10-12‬:
‭“Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen sy gesalfde en sê: “Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af!” Hy spreek hulle aan in sy toorn, in sy gramskap jaag Hy hulle op loop: “Dit is Ek wat hom as my koning gesalf het op Sion, my heilige berg.” Ek wil vertel wat die Here aangekondig het. Hy het vir my gesê: “Jy is my seun, van vandag af is Ek jou Vader. Wees dan nou verstandig, konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees, sodat Hy nie toornig word en julle op die pad omkom nie, want sy toorn ontvlam gou. Dit gaan goed met (geseënd is) almal wat by Hom skuiling soek.”
‭‭Tussen Ps 1:1 en Ps 2:12 se: “Geseënd is die mens…” staan daar wat vir jou seën bring. En lees maar wat dit is. Wat ek wil uitlig is dat jy die Woord dag en nag oord**k - en die Woord het mens geword! En ook dat jy jou moet onderwerp aan die koning. En dié Koning van alle konings is die Seun van God, Jesus die Christus.

08/12/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees. Méér as Dawid die mens-koning.
Ps 89:21-30‬ (NLV)
“Ek het my dienskneg Dawid gevind. Met heilige olie het Ek hom gesalf. Met my hand sal Ek hom ondersteun, met my arm sal Ek hom sterk maak. Vyande sal hom nie onderwerp nie, goddeloses sal hom nie verdruk nie. Ek sal sy vyande voor hom verpletter en sy haters verslaan. My trou en liefde sal met hom wees, en deur my Naam sal hy oorwin. Ek sal sy mag uitbrei tot by die see, en tot by die riviere. Hy sal vir My sê: ‘U is my Vader, my God, die rots van my redding.’ Ek sal hom my eersgeborene maak, die magtigste koning op aarde. Ek sal vir altyd aan hom my trou betoon; my verbond met hom vas laat staan. Ek sal ’n opvolger vir altyd bepaal; sy troon sal wees sonder einde, so lank as wat die hemel bestaan.”
Ons kan juig dat die Redder, ons Here Jesus Christus, gekom het.

06/12/2021

Dissipelskap 294. Jesus het Sy eie mense in die wêreld liefgehad tot aan die einde. (Joh 13:1). Daarom begin Hy Sy dissipels se voete was (v 4-5), want Jesus het geweet… (v 3).
“Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie , maar hierna sal jy verstaan.” (v 7). “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” (v 8). Jy verstaan nognie Petrus, maar Ek moet jou skoon was deur my bloed… “Iemand wat (so) gebad is, het nie nodig dat iets anders as sy voete gewas word nie, omdat hy reeds heeltemal skoon is.” (v 10)
En dan was daar Judas: Gedurende die aandete het die duiwel dit reeds in sy hart gelê om Jesus te veraai. (v 2). Jesus was die aardse stof ook van Judas se voete af (hy was immers uitgekies as een van die twaalf), maar hy word nie skoon gebad deur die bloed van Jesus nie, want ook die Skrif moes vervul word. “Selfs my vriend, wat ek vertrou het en wat saam met my eet, het die hakskeen teen my gelig.” (Psalm 41:10)
Is jy “gebad” in die bloed van Christus, of word net die stof van jou voete afgewas?

03/12/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees: juig van blydskap!
Ps 98
“'n Psalm. Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.”
Die 1ste paar verse van die Psalm juig oor die verlossing wat die Here gebring het in sy volk se gekiedenis en vind vir ons vervulling in die eerste Kersfees. Die laaste paar verse roep na die laaste Kersfees, die wederkoms van ons Here. Lees die psalm weer en juig in die Here en wees bly in en voor Hom.

02/12/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees. Sing ń nuwe lied.
Ps 96.
“Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en g***s vul sy heiligdom. Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag! Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. Verkondig onder die nasies: “Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel.” Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.”
Die Psalm sê die Here sal kom. Ons sing die Here hét gekom! ń Nuwe lied. Oor Sy redding.

30/11/2021

Stilword in die Psalms. Kersfees!
Ps 132:11-18.
“Die Here het 'n eed teenoor Dawid afgelê, en dit staan vas, Hy sal daarvan nie afwyk nie: “Ek sal een van jou eie seuns in jou plek laat koning word. As jou nakomelinge hulle aan my verbond hou en aan die verordeninge wat Ek hulle leer, sal ook hulle seuns vir altyd op jou troon heers.” Ja, die Here het Sion gekies en dit vir Hom as woning begeer: “Dit is my rusplek vir altyd; hier wil Ek woon, dit is my begeerte. Ek sal Sion ryklik seën met wat hy nodig het, aan sy armes voedsel in oorvloed skenk. Ek sal aan sy priesters die oorwinning gee en my troue dienaars sal juig. Daar sal Ek die heerskappy vir Dawid vestig, vir my gesalfde 'n nageslag op die troon verseker. Sy vyande sal Ek magteloos laat toekyk, maar sý kroon sal bly skitter.””

29/11/2021

Dissipelskap 293.
“Wie in My glo, glo nie net in My nie maar ook in Hom wat My gestuur het. En wie My sien, sien Hom wat My gestuur het.” (Joh 12:44-45). Wie Jesus gesien het, het die Vader gesien. Net so: “Ek het immers nie uit my eie gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, het self vir My ‘n opdrag gegee oor wat Ek moet sê en wat Ek moet verkondig.” (v 49). Wie Jesus gehoor het, het die Vader gehoor.
Elkeen dan wat in Jesus glo (en daarom ook in die Vader), kan verseker hieraan vashou: jy sal nie in die duisternis (sondeverlorenheid) bly nie (v 46), want Jesus bring verlossing en nie oordeel nie (v 47), en dit is volgens Sy Vader se opdrag – Hy bring die ewige lewe! (v 50).
Jy, dissipel van Jesus – glo jy dit? As jy dit nie glo nie en Jesus se woorde nie aanneem nie, sal dit (jou eie ongeloof) jou op die laaste dag veroordeel! (v 48). Daar is dus ‘n verskriklike oordeel, vir hulle wat nie (wil) glo nie! Jesus het immers as lig na die wêreld gekom (v 46) – moenie in die duisternis bly nie!

26/11/2021

Stilword in die Psalms.
Ps 73:13-28.
“(13)Dat ek die kwaad vermy het en met 'n eed my onskuld verklaar het, het dus niks gehelp nie, (14)want elke nuwe dag het vir my teenslae gebring en elke nuwe môre straf. (15)Maar as ek so sou aanhou praat, sou ek dié verloën wat aan U behoort. (16)Daarom het ek diep naged**k om dit te verstaan en was dit vir my bitter moeilik (17)totdat ek in die heiligdom van God ingegaan en besef het wat die uiteinde van die goddeloses is. (18)U laat hulle op gladde plekke loop, U laat hulle ondergaan deur hulle eie geknoei. (19)In 'n oogwink word hulle iets afgrysliks, gaan hulle te gronde, tref 'n verskriklike einde hulle. (20)Net soos 'n droom wat ophou as 'n mens wakker word, so verdwyn hulle, Here, as U ingryp. (21)Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder insig; (22)soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra. (23)Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. (24)U lei my met u raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. (25)Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. (26)Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir altyd. (27)Dié wat ver van U af is, gaan verlore, U vernietig dié wat aan U ontrou is. (28)Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.”
Die stryd van hierdie gelowige digter, dat hy byna koers verloor het toe hy die voorspoed van goddeloses gesien het, kom tot ń hoogtepunt in v13. In dié vers word sy hart ontmasker. Sy gehoorsaamheid aan God was nie ń manier om God te eer nie, maar eerder ń manier om God te kry om te doen wat hy self graag wil hê! Om te sê: “Here, ek sal U dien as ek X kan kry”, is om eintlik te sê dat ek X liewer het as vir God en dat ek Hom bloot as handige gereedskapstuk gebruik om X in die hande te kry. Hierdie besef bring die digter (en elke gelowige) by die keerpunt (ook van hierdie Psalm) in v17: om in die teenwoordigheid van die ware God te wees. Dit laat my die werklikheid deur God se oë sien (vv18-27. Lees dit weer!) en my tot die besluit kom dat dit goed vir my is om na aan God te wees (v28).

25/11/2021

Stilword in die Psalms. Die kwaadaardigheid van jaloesie.
Ps 73:1-9.
“God is waarlik vir Israel goed, vir hulle wat rein harte het. 2 Maar ek, my voete het amper gegly my treë was amper wankelrig. 3 Want ek het verwaande mense beny; ek het die voorspoed van goddeloses gesien. 4 Hulle het immers tot hulle dood geen sorge nie; en hulle liggame is vet. 5 Aan die sorge van sterflinge het hulle nie deel nie, en hulle word nie geteister saam met gewone mense nie. 6 Daarom versier hoogmoed hulle nekke, bedek 'n kleed van geweld hulle. 7 Van vet peul hulle oë uit, die versinsels van hulle hart oorskry alle perke. 8 Smalend onderhandel hulle met bose bedoelings; uit die hoogte dreig hulle met afpersing. 9 Hulle rek hulle monde teen die hemel, en laat hulle tonge gaan oor die aarde. 10 Daarom draai sy volk hierheen. Wie vol is, word deur hulle uitgepers, 11 en hulle sê: “Hoe sal God dit weet? Is daar dan kennis by die Allerhoogste?” 12 Kyk, dit is hoe goddeloses is: Immer sorgeloos vermeerder hulle hulle rykdom.”
Die Psalmdigter bely dat hy in die greep van jaloesie is (v3). Jaloesie, die groenoog monster, vreet soos kanker aan geloof. Jaloesie is om iemand anders se lewe te wil hê. Dis nie alleen om te d**k dat ander nie hul goeie lewe verdien nie, maar dis om te d**k dat ék dit verdien en dat God dus nie regverdig was nie. Hierdie geestelike selfbejammering dreineer alle vreugde uit jou lewe uit.

22/11/2021

Dissipelskap 292.
“Nou is my siel ontsteld. Wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar Ek het tog juis met die oog op hierdie uur gekom! Vader, verheerlik u Naam!” (Joh 12:27). Dan die stem uit die Hemel: “Ek het dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.” (v 28).
“Hierdie stem het nie ter wille van My gekom nie, maar ter wille van julle. Nou het die oordeel oor hierdie wêreld aangebreek; nou sal die heerser van hierdie wêreld uitgedryf word. En as Ek van die aarde af verhoog word, sal Ek almal na my toe trek.” (v 30-32).
Wonder jy nog saam met die skare oor “die Christus” en “die Seun van die Mens.”? “Nog ‘n kort tydjie is die lig by julle. Terwyl julle die lig het, leef daarvolgens, sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis leef, weet nie waarheen hy gaan nie. Terwyl julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan wees.” (v 35-36). Dankie Jesus dat U die lig vir die wêreld is (Joh 8:12) – en my ook na U toe trek!

18/11/2021

Stilword in die Psalms. Geseënd om ń seën te wees.
Ps 67.
“Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, Sela sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies. Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Mag die nasies bly wees en jubel omdat U hulle regverdig regeer en hulle op die aarde lei. Sela Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën. God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.”
Die Here seën ons, sodat ons vir die nasies ń seën sal wees.
En hoe is ons ń seën vir ander? Ons prys die Here voor ander, “sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies.” C.S. Lewis het gesê dat om iets te prys (in dié geval die Here), maak ons genieting daarvan (van Hom) en ons vreugde in Hom volkome. Deur die Here nie te prys voor en saam met ander nie, ontsê ons nie alleen Hom van sy eer nie, maar ook onsself van vreugde.

Address

Corner Of Willem Botha And Meyer Street
Centurion
0157

Opening Hours

09:00 - 17:00
18:00 - 19:00

Telephone

+27126545629

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Triomftog posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Triomftog:

Share