Kerk-in-Suid

Kerk-in-Suid Geen kinder- of tienerbediening dan nie. Kontak: 081 050 3363

EREDIENSTE | Kerk-in-Suid

Sondae tyd
• 08:00 – Inhuis
• 10:00 – Inhuis & Aanlyn (YouTube)
Kinderbediening: 08:00
Tienerbediening: 09:40

Skoolvakansies & langnaweke: Net 09:00 diens.

Dis vir ons ’n groot voorreg om saam met ons gemeenskap te kan dien 💚
25/06/2026

Dis vir ons ’n groot voorreg om saam met ons gemeenskap te kan dien 💚

Ons Skolevoedings- en Groenteprojek beplan weer ‘n sopuitreik en ons kort jou hulp!Ons droom is om 1000 liter sop, saam ...
22/06/2026

Ons Skolevoedings- en Groenteprojek beplan weer ‘n sopuitreik en ons kort jou hulp!

Ons droom is om 1000 liter sop, saam met brood en margarien, in te samel vir mense in ons gemeenskap wat dit die nodigste het.

📅 Insamelingsdatum: Dinsdag 23 Junie
⏰ Tyd: 16:00 – 18:00

Elke bydrae, groot of klein, help om iemand se dag warmer en beter te maak. Kom ons wys saam die liefde van Christus deur praktiese omgee.



22/06/2026

Pa! Hoe goed kan jy skat? 📏😄
Vir Vadersdag het ons die pa’s op die proef gestel met ‘n maatband-uitdaging - en laat ons net sê, sommige skattings was beter as ander! Een ding is seker: Die invloed, wysheid en liefde wat pa’s in hul gesinne saai, kan nie gemeet word nie.

Dankie aan elke pa, oupa, mentor en vaderfiguur wat getrou opdaag, lei, dien en liefhet. Ons vier julle. 💙

Welkom by Kerk-in-Suid se aanlyn-erediens vandag om 10:00 saam met Ds. Ziandri Jacobs.Preektema: Hoe dieper, hoe groter ...
21/06/2026

Welkom by Kerk-in-Suid se aanlyn-erediens vandag om 10:00 saam met Ds. Ziandri Jacobs.

Preektema: Hoe dieper, hoe groter beloning

Ons hoop dat vandag se erediens vir jou bemoedigend en betekenisvol sal wees. Hier is die erediens se skakel:

📺 Erediens by Kerk-in-SuidPreekreeks: Bestem vir Meer!Tema: Hoe ...

Indien jy nog wonder oor môreoggend se ontbyt 😉 wil ons jou nooi na ons Pannekoek Saterdag!Kom maak jou oggend ‘n bietji...
19/06/2026

Indien jy nog wonder oor môreoggend se ontbyt 😉 wil ons jou nooi na ons Pannekoek Saterdag!

Kom maak jou oggend ‘n bietjie lekkerder met vars pannekoek, goeie koffie en geroosterde toebroodjies.

📅 Saterdag 20 Junie
⏰ 07:00 – 10:00

Bring jou gesin, nooi ‘n vriend en kom kuier saam!



19/06/2026

Word jy net ouer?

Ons leef in ‘n wêreld wat ons leer om heeltyd meer te soek.Meer sukses.Meer geld.Meer erkenning.Meer gemak.Maar wat as d...
18/06/2026

Ons leef in ‘n wêreld wat ons leer om heeltyd meer te soek.
Meer sukses.
Meer geld.
Meer erkenning.
Meer gemak.
Maar wat as die grootste verlies in jou lewe nie is dat jy te min het nie...
..maar dat jy tevrede geraak het met ‘n vlak geloof?

Wat as God jou nie geroep het om bloot kerk toe te gaan, die regte antwoorde te ken of net “goed genoeg” te leef nie?
Wat as Hy jou geroep het tot iets dieper?

Hierdie Sondag sluit ons ons reeks • Bestem vir Meer • af met die tema:
Hoe dieper, hoe groter die beloning.

Nie omdat God goeie gedrag beloon nie, maar omdat daar ‘n lewe is wat net ontdek word deur mense wat bereid is om dieper te gaan.

Die vraag is nie hoeveel van God daar vir jou beskikbaar is nie. Die vraag is: Hoeveel van jouself is jy bereid om aan Hom oor te gee?

Sien jou Sondag!
🕗 08:00 (in-huis)
🕙 10:00 (in-huis & aanlyn)
👧 08:00 Kinderbediening-afsluiting
👫 09:40 Tienerbediening-afsluiting
👉 Erediens-link: https://youtube.com/live/0CCxo4eym_Q?feature=share

Ons leef maklik met die idee dat die kerk se gesondheid die verantwoordelikheid van die dominee, die leiers of die mense...
17/06/2026

Ons leef maklik met die idee dat die kerk se gesondheid die verantwoordelikheid van die dominee, die leiers of die mense "wat betrokke is" is.
Maar wat as dit nie waar is nie?
Wat as die geestelike diepte van 'n gemeente die som is van elkeen van ons se persoonlike wandel met God?

Gister is ons herinner dat niemand in die liggaam van Christus net 'n toeskouer is nie. Die Heilige Gees gee aan elke gelowige gawes, passie, vermoëns en geleenthede - nie vir onsself nie, maar vir die opbou van ander.

Dit beteken jou gebed maak saak.
Jou diensbaarheid maak saak.
Jou gehoorsaamheid maak saak.
Jou geestelike groei maak saak.

Miskien voel jou bydrae klein. Miskien d**k jy iemand anders sal dit doen. Maar die Koninkryk word dikwels gebou deur gewone mense wat eenvoudig getrou reageer op die Gees en op die behoefte van die mense langs hulle.

Die vraag waarmee ons huis toe gestuur is, bly uitdagend: As elke lidmaat in hierdie gemeente presies so geestelik diep was soos jy vandag is, hoe sou die gemeente lyk?

Mag dit ons nie met skuld vul nie, maar met nuwe oorgawe. Want jou verdieping bou die gemeente.
Een gawe. Een mens. Een oomblik van gehoorsaamheid op 'n slag.
~ Ds. Ziandri Jacobs

https://www.youtube.com/live/EHXVuaa-q4s?si=l-gXP3KvEXVb-cVL

Welkom by Kerk-in-Suid se aanlyn-erediens vandag om 09:00 saam met Ds. Ziandri Jacobs.Preektema: Jóú verdieping bou die ...
14/06/2026

Welkom by Kerk-in-Suid se aanlyn-erediens vandag om 09:00 saam met Ds. Ziandri Jacobs.

Preektema: Jóú verdieping bou die gemeente
Skriflesing: 1 Korinthiërs 12 & 14

Ons hoop dat vandag se erediens vir jou bemoedigend en betekenisvol sal wees.

Hier is die erediens se skakel:

📺 Erediens by Kerk-in-SuidPreekreeks: Bestem vir Meer!Tema: Jóú ...

Address

306 Cotie Street
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:30
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 08:00 - 09:00
10:00 - 11:00

Telephone

+27810503363

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kerk-in-Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Kerk-in-Suid:

Share

Category