Christian Knights MCC.

Christian Knights MCC. We are a Christian based club who believes that life can be loved and enjoyed even if you are a child of God.. We love our Families and friends..

Middag Vriende,SEISOENE........Ja, so is daar seisoene vir elke ding en mens in ons lewens, party maal is daar mense in ...
13/01/2017

Middag Vriende,

SEISOENE........

Ja, so is daar seisoene vir elke ding en mens in ons lewens, party maal is daar mense in jou lewe vir 'n dag en ander kere vir 'n maand en dan ook weereens ander vir 'n leeftyd.. Alles op sy tyd en plek soos net deur God bestem.
Dit is ongelukkig 90% van die tyd hartseer as seisoene tot 'n einde kom en meeste van hulle wil jy nie agterlaat nie, maar soos God vir jou deure oopmaak moet jy luister en dan deur die nuwe deur stap en die oues agter jou toemaak.
So kom ek dan ook vandag op die einde van 'n siesoen in my lewe en ek sluit dan vandag die blad van die Christian Knights af soos dit aan my gekoppel is, ek vertrou daar sal eersdaags 'n nuwe blad in werking wees wat onafhanklik gaan staan, so kyk asseblief uit daarvoor indien julle baat gevind het by die Knights se blad.
Ek sal dus voortaan nie meer as Da Prez enige skrywes rig nie en ook nie deel nie!
Na 'n LAAAAAAANG oorweging het ek besluit om die tuig neer te lê en gee oor aan die nuwe leierskap van die Christian Knights MCC en glo en vertrou dat hulle die klub tot nuwe hoogtes sal dryf..
Dit is my wens en gebed vir hulle dat dit altyd goed sal gaan en dat hulle deur gioedheid en guns gevolg sal word..
Dankie vir die eer en voorreg wat ek gehad het om as President te staan en ek hoop ek het as voorbeeld vir ieder en elk gestaanen gelei.
Dankie weereens aan almal wat gedeel het en my ook ondersteun het, dit word uit my hart uit waardeer..
Onthou weereens die bergbid sessie elke Saterdag oggend om sesuur by Fort Klapperkop en dan ook vir die Centurion mensies by Centurion Lifestyle Centre in die parkeer area voor die gimnasium vir ons dakbid..dit sal om sewe uur wees ELKE Saterdag oggend.
Kom in jou pajamas ook as jy wil, maar moet dit nie misloop nie!
Seëninge vir ieder en elk van julle en geniet 'n welverdiende ruskansie die naweek.

BLLH&R
Vir Oulaas,
Da Prez

Brotherhood, Love, Loyalty, Honour & Respect vir die van julle wat steeds wonder..

06/01/2017

Middag Vriende.......

LOOOOONG TIME Né! Jip dit is weer skouer aan die wiel en die lewe vierkantig in die oë kyk en nog 'n fantastiese jaar wat voorlê..
Die vorige jaar is in 'n ommesienkie verby en vir sekeres beter as vir ander begin en geëindig. Voorwaar het dit wel goed vir ieder en elk ingehou en kan dalkies fokus daarop en dan sommer ook positief wees oor die jaar wat voorlê.

Soos meeste van julle weet, is ek en Nesta in die eg verbind op 17 Desember 2016 en ek glo haar lewe het ook net soos myne daadwerklik verander. Dit is regtig lekker om haar "MAN" genoem te kan word en ons geniet mekaar ontsaglik baie, dankie my NESTA dat jy bereid was om my vroutjie te word..

Ons is ook in die proses om die blad op sy eis te laat staan en nie meer gekoppel te word aan my naam nie, sodoende sal van die ander lede meer inspraak hê en sal dan ook berigte kan plaas en geleenthede met almal kan deel. Ek glo dit is die stap in die regte rigting aangesie die Christian Kniights MCC aan die mense behoort en nie aan my nie!

Ek wil almal net herinner aan ons dakbid Saterdag oggende om sewe uur by Centurion Lifetsyle Sentrum in die parkeer area voor die Virgin Active Gimnasium en dan ook aan Bombshelter Pretoria se bergbid elke Saterdag oggend om sesuur te Fort Klapperkop by die kommunikasie toring. Voorwaar die regte manier om jou naweek op te kikker!

Bikers Kerk dienste word ook orals aangebied en as jy voel om by te woon, kontak my gerus en ek stuur jou in die regte rigting in jou area! Al die Pastore is baie bevoeg en stap die ekstra myl vir hul gemeentes!

Vriendelike groete,

Da Prez
BLLH&R

Middag Vriende!So kom alle dinge seker tot 'n einde en 2016 is geen uitsondering nie..Hierdie sal my laaste skrywe vir d...
08/12/2016

Middag Vriende!
So kom alle dinge seker tot 'n einde en 2016 is geen uitsondering nie..
Hierdie sal my laaste skrywe vir die jaar wees en ek gaan ook bietjie afsluit en rus..
Ek behoort hier teen 8 Januarie weer die sleutel te draai en die bus weer opstaaart...
Die naweek het ons dan ook ons laaste offisiéle dakbid by Centurion Lifestyle Centre en ek nooi almal uit on Saterdag oggend om 6:45 by ons aan te sluit om die jaar goed te kan afsluit...
Daar is wel van die mense wat gesê het hulle gaan deur Desember daar wees en aanhou bid en ek moet sê dat dit my geweldig na aan die hart lê..
Volgende week is ons Christian Knights MCC se Desember Dooprun Sabie toe en ek moet sê dat dit al hoe meer gewild raak onder die mense van oral oor.. Die jaaar het ons al 'n hele venue uitgeboek en daar was steeds mendse wat plek gesoek het..
Dit gaan super awesome amazing wees,,, Kan nie meer wag nie!
Maak gerus volgende jaar 'n "Date" met ons en ry saam! Julle sal voorwaar nie spyt wees nie!
Ons het weereens die jaar met hoogte en laagte punte deurgereis maar steeds was elke dag die moeite werd..
Blessings op blessings op blessings..
Aan al ons lede en vriende wat die jaar iemand moes afstaan wil ek net sê dat my hart na elkeen toe uitgaan al hoor nie altyd van my af nie.. Dit is vir my ook erg seer en weet wat elkeen deurgaan aangesien ek daai paadjie ook verskeie kere moes stap.
Gelukkig kan ek sê dat ABBA alles weer heel maak en jou kop op die regte tyd vir jou lig!
Ek wil net aan elke familie en vriend en sommer ook die wat ek nie ken nie, "n Fantastiese tyd toewens in die Feesseisoen, mag julle elke oombli geniet en sommer julle familie en vriendskapsbande weer van vooraf sterker smee,
Kom ons fokus op die rede waaroor alles gaan en lig ons kinders in oor die regte dinge van die tydperk..
Dit gaan immers nie oor die paaartie en kuier nie , maar oor 'n baaaaie groter saak as dit!
Blessings vir ieder en elkeen en wees veilig.
Da Prez
BLLH&R

Christmas begins with CHRIST........

Middag Vriende,Jip, soos gewoonlik op 'n Vrydag middag kom griffel ek so woord of drie..Die jaar is op sy rug en staan b...
02/12/2016

Middag Vriende,

Jip, soos gewoonlik op 'n Vrydag middag kom griffel ek so woord of drie..
Die jaar is op sy rug en staan baie vinnig einde se kant toe,met hordes en hordes mense wat op vakansie begin gaan en wil rus na 'n BAAAIE LAAAAANG jaar vir meeste van ons.

Mense asseblief, wees veilig en ry versigtig, los maar die voggies tot jy by jou bestemming kom en d**k asseblief vir almal op die pad..
As jy bikers kry, wees so gaaf om effens links te hou dat die spannetjie kan verby kom, dit vat slegs 'n sekonde of twee en dan gaan almal weer op hul trand voort.. ----- DANKIE BYVOORBAAT----

POISON RALLY
Jip, die naweek is die grootste Rally van die land aan die gang in Kroonstad en beloof om weereens 'n GROOOOOT naweek te wees vir almal daar. Wees veilig oppad soontoe mense, die "High Speed " eenheid is daarop uit om die manne vas te vat..
Wees veral versigtig so dertig Kilos voor Kroonstad met die padwerke daar!

Môre oggend het ons weereens ons sewe uur bidsessie by Centurion Lifestyle Centre en ek wil ieder en elk uitnooi om daar by ons aan te sluit vir padkos vir die naweek. Dit is voorwaar 'n wonderlike ervaring en die RUACH het ons al verskeie kere daar kom raakry! Dankie ABBA vir die salwing op hierdie byeenkoms!

Daarna skiet ons deur Rayton toe vir die Qumi huis afsluitng saam met Wolf Spirit en dit is voorwaar elke jaar 'n belewenis.. Kom sluit aan, jy sal nooit weer dieselfde wees nie. AWESOMENESS

Mag ieder en elk van julle 'n finominale naweek hê en lekkerrrr rus.

Blessings,
Da Prez
BLLH&R

Dagsê VriendeSo kom 'n relatiewe lagwekkende week tot 'n einde en kan ons maar net d**k wat die volgende week weer gaan ...
25/11/2016

Dagsê Vriende
So kom 'n relatiewe lagwekkende week tot 'n einde en kan ons maar net d**k wat die volgende week weer gaan oplewer..
Dalk kan "Drain Cleaner" vir ons kinders 'n Universiteitsgraad optower of so iets... Hehehehe, die DOOM storie het regtig almal se koppies kom plat maak..
Kry vanoggend weer woord vanaf Pastoor Pieter Ras daar in Warmbad wat weer daaraan herinner dat al die snaakse goedjies in die eindtye gaan gebeur. Mense leen hulself uit aan allerhande strooi en dan wil hulle wonder wat is fout as dinge sleg gaan...
Ons moet onsself begin reg maak en ons lewens in toom kry en dinge regmaak voor daar nie meer tyd is nie.
Vanoggend post een van die klublede op die groep dat ons moet begin praat met mekaar en ek kan nie MEEEER saamstem nie, ek self is baaaaaie skuldig want dit is maklik om gougou 'n whattsapp te stuur, so raak ons nie direk betrokke nie.. Die tegnologie neem ons lewens totaal en al oor..
Koop tyd uit vir jou medemens en sit bietjie moeite in en vind uit wat gaan aan met mense, sodoende kan ons dalk net in tyd daar wees om te help!
Laas week gehoor van die aangename en rustige ou wat almal mal was oor, net dood eenvoudig sy eie lewe beëindig het........
Niemand het agter gekom daar is fout nie want niemand let meer op nie en niemand praat regtig met mekaar nie.. Ai jaai jaai mense, wat het van ons geword?? Wie het ons geword??
Koop die naweek bietjie tyd uit en spandeer saam met mense om 'n tafel en PRAAAT vir 'n slag met mekaar..
Dalk leer jy iets of vind dinge uit wat jy nooit sou verwag nie, dalk kan jy die verskil in iemand se lewe maak om sy of haar ideaal te verwesenlik!
di
De naweek is TOYRUN,,,, whoop whoop whooop en dit gaan fantasties wees..
Sluit gerus by jou mense in jou eie omgewing aan Sondag en maak so 'n verskil in 'n minder bevoorregte kind se lewe! Dit is lewens veranderend!
Dan het ons Sondag aand vir Sam Childers, die Machine Gun Preacher by die Bosvelder in Centurion om 18:00. Kom luister graag na die man se getuienis en ervaar die lewende werke van God!
Mag julle geseend wees en 'n naweek van liefde en vreugde met briljante GESELSKAP ervaar..
Da Prez
BLLH&R

Dagsê Vriende,Skryf die week maar bietjie vroeër aangesien ek nie more tydjie sal kry nie!Ry gisteraand ewe rustig huis ...
17/11/2016

Dagsê Vriende,

Skryf die week maar bietjie vroeër aangesien ek nie more tydjie sal kry nie!
Ry gisteraand ewe rustig huis se koers en glip daar in Jean laan af snelweg toe. Kry toe vir ou Cor daar by sy robot en hy vra om bietjie te kan gesels. Ek maak toe maar plan en stop op die middelmannetjie daar by hom en ons kuier so bietjie soos ou vrinne daar in die pad. So nou en dan groet iemand en ou Cor groet ewe beleefd terug en gesels aan.
Die man is erg opgewonde want sy broer kan hom nou ter enige tyd kom haal om daar by hom in Vereeniging te gaan woon. Blykbaar reeds gereel vir Cor om 'n sweis kursus te doen en dan moontlik werk by Eskom..
Cor sien geweldig baie uit daarna en sy oë blink as hy vertel van sy broer, reken my dat net jou eie familie jou kan help want hulle ken al jou streke ens. Ons kuier 'n hond uit 'n bos uit verder..
Later vra Cor of ek kan help, hy trek bietjie swaar vir kos en ek sien toe geen rede hoekom nie, ek voel toe klaar of ek die man gaan mis as hy weg is daar.
Ek bid vir hom en vra vir seen op sy toekomspad en jy kan die dankbaarheid in sy oë sien. hy is weg met die belofte om eendag as hy weer 'n bike het ook vir die Knights te kom ry en ek voel geëerd.. Dankie Cor, vir jou nederigheid en dankbaarheid, dankie ook vir die belofte om jouself weer op te tel en dan ook 'n Christian Knights te wil word. Ek glo en vertrou dat onse Hemelse Vader jou sal seën en jou wense sal beloon en laat waar word.
Nou ja toe, vir die res van ons wat dan so kerm oor die stukkende land en alles wat verkeerd is, daar is hoop!
As jy steeds werk het en 'n dak oor jou kop met warm water en kos, het jy regtig niks om oor te kerm nie. Ek inkluis kan met dankbaarheid erken dat dit beter gaan met ons as met baie ander in die land.
So, dankie ABBA VADER vir U voorsiening, beskerming en Genade!1
Mag julle 'n feestelike naweek hê en gevul word met genade en liefde..
Blessings,
Da Prez
BLLH&R

11/11/2016

Dagsê Vriende,

Die tyd snel verby teen 'n ontsaglike tempo en mens kry skaars kans vir enige iets, so baie om steeds te doen voor Desember en die is maar twee weke weg! Sjoe man, alles voel half onwerklik...

Prys ons Hemelse Vader vir die lieflike reen wat tans besig is om oral te val en dan ook ons damme weer kan vul met water vir ons gebruik..
Ons harte gaan uit na al die families wat so erg getref is deur die storms en geweldig baie skade gelei het, mag julle gou herstel vind ..
Aan die arme mense wat geliefdes verloor het, wil ek net meegevoel betuig en wens julle kalmte en berusting toe in die tyd van verlies en pyn!
Vandag is daar net lof en eer aan Onse Hemelse Vader vir Sy groooooooot genade oor ons, dankie ABBA.

Mag julle almal 'n lekker naweek hê en mag julle stil word voor ons Vader en dan sommer lekker rus en ontspan ook.

Sterkte aan al die manne daar by Johnnie op die plaas met die mannekamp, mag julle net seeninge ontvang en 'n briljante naweek hê..

Blessings,

Da Prez
BLLH&R

Dagsê Vrinne,Wat 'n week, dog nog ek gaan grond vat toe is alles verby, 'n week met emosies wat teen die dak vasslaaan e...
04/11/2016

Dagsê Vrinne,

Wat 'n week, dog nog ek gaan grond vat toe is alles verby, 'n week met emosies wat teen die dak vasslaaan en dan weer diep onder grondvlak draai, dit alles tesame met gekoppel aan die gemoedstoestand en humeur..
Bliksis mense wanneer gaan die dinge tot 'n punt kom, ek het nie ged**k dat daar ooit in my lewe soveel wanorde en deurmekaarspul kan wees nie, dit is werklik 'n Babelse verwarring om die minste te sê....

'n Handjievol opgewerkte jonges dwing basies die hele alnd tot stilstand oor seker die mees idiotiese idees wat daar kan wees en dit word net aanvaar....Nee nee neee, want ons polisie en weermag se hande is afgekap. hulle is nou net mense wat oorals in basisse sit en salarisse ontvang vir niks doen nie, want hulle MAG nie..Eish man!
Dan word mense net dood eenvoudig van die paaie afgery en dood gery deur van dieselfde jong kompie in 'n voortsnellende bus om te kan gaan betoog en dit is nou maar "Tooo BAD "..
Vriende lê in hospitale en mense is in verdeeltheid en die adder kry net te lekker want sy ou hele slangplan kom tot werking, maar steeds sien ons dit nie!

Ons hou gou Helloween paarties en steek dit weg onder die dekmantel van kostuum partytjies, dan wil ons weet hoekom dit sleg gaan met ons.........Jy vier dan die adder se dag, dit is hoekom! Jaaaaa, maar dit is niks ernstig nie, ons geniet onsself net.
CRAP MAN..... Jy jaag stront aan!
Ons moet ons fokus begin skuif mense en weer terug draai na die lig toe! Dit sluit mysselwers net so lekker in hoor, ek knoop te maklik en praat te gou, ons is mos nou untouchable..
Kry so ewe 'n SMS wat sê, Become untuochable by joining so and so and this and that..

Wie de duiwel ding ons is ons laatliks..

Ons moet onsself weer begin nederig maak voor ons Vader en in aanbidding gaan, dit is al uitweg.

Bring my na die punt van ons oggend bid elke Saterdag oggend om sewe by Centurion Lifestyle Centre in die parkeer area voor Mr. Price .
Nie 'n SMS "Bid vir my nie" kom sluit aan en deel die gebed sessie met ons, almal is welkom!

Mense, ek is nie kwaad nie, ek is stukkend hier binne..

Hoop om meer mensies te sien in die oggend, jip lig jou agterstewe so bietjie vroeër en kom sluit aan en ja Mc'Donalds is reeds oop vir koffie daai tyd van die oggend.
Maak 'n date met God en kom bid bietjie asseblief en as jy sukkel met die koffie pryse, daar is ALTYD iemand wat jou sal help met 'n koppie..

Blessings vir jul almal,

Da Prez
BLLH&R

Middag Vriende,Sooo kom alle dinge ten einde!Dae, weke, maande, jare en dan ook lewens.......Ek sien die week een van on...
28/10/2016

Middag Vriende,
Sooo kom alle dinge ten einde!
Dae, weke, maande, jare en dan ook lewens.......
Ek sien die week een van ons grootste voorbeelde van mens wees en vriendelikheid altyd die selfde en altyd iets goeds te sê vriende verloor die stryd van die lewe en word na ons Vader toe geneem..
Morris ek en 'n horde ander mense gaan jou geweldig baie mis ou vriend en weet dat jy in vrede gaan rus!
So besef ek weereens dat tyd vir niemand wag nie en more is dalk te laat, ek leer ook dat daar niet tyd is vir kwaad of "offense" neem nie want more is daai persoon dalk weg...
Daar is nie tyd om te wag tot later om omverskoning te vra nie, as jy Crap aangejaag het, gaan vra omverskoning en maak reg!
Ons spreek in tonge wat sny soos swaarde en kom nie eers agter hoe ons die volgende persoon seer maak of hoe ons sleg praat van ander of hoe ons onse Hemelse Vader se Naam sommer net gebruik nie...
Ek maak gisteraand 'n grap met 'n pêl en besef eers later dat dit regtig onsmaaklik moes wees al het ek dit nie sleg bedoel nie, my denke is nie sy denke nie en ek maak seer.. Vanoggend vroeg woel die storie my nog erger en ek maak reg, dit het my sommer tonne beter laat voel..
My idee van bou 'n brug en kom daar oor is moontlik vir die persoon 'n saak van lewe en dood of vergewe of nie!
Ons moet begin d**k mense..
'n Pel kom vertel jou van iets en jy reken hom dit was onnosel, maak daai persoon dalk so seer dat hy die EEN mens wat hy in sy vertroue geneem het nooit weer sal vertrou nie en dat wil jy later weet wat is jou probleem!!!!
Ons moet begin d**k mense...
"n Pel gebruik die naam van die Here tydig en ontydig en jy spreek hom of haar nie aan nie want jy is bang hulle owrd kwaad vir jou..
Jy versuim jou plig teen God en ek is sooooo skuldig hieraan!
Ons moet begin d**k mense...
Neem jou plek in jou huis as hoof en koning en priester in en kry jou huis in orde! TYD RAAK MIN..
Ek los my kinders om te doen soos hulle goed d**k want hulle moet leer......... Werk nie... Hy of sy volg in jou voetspore want JY het die voorbeeld gestel.. Spreek die probleem areas aan en moet dit nie afmaak as dit is wat hulle vandag doen nie..
ONS MOET BEGIN D**K MENSE!!!
My hart en gemoed is waar vandag, ek is bekommerd want ek is lief vir julle.. Mense is my baie na aan die hart en ek gee om, daaroor die skrif..
Let asseblief op die "high days" wat die naweek aan die gang is, bekerm jou mense deur te bid, die aanvalle van die slang is erg in die dae, wees paraat en op jul hoede..
Tree asseblief in gebed vir die "survivors" en dan die mense wat hulle oppas, hulle het gebed nodig asseblief!
Mense wees asseblief bedagsaam in jou daaglikse optrede en spraak en kom ons kyk of ons nie kan verbeter nie...
Let ook op as jy net praat en sien hoeveel keer gebruik ons die naam van die Here in onsinnige praatjie of om iets te beklemtoon.
Mag ieder en elk van julle 'n super awseome fantasmagoriese naweek hê en mag julle lekker rus in die tyd.
Blessing vir jul
Da Prez
BLLH&R

Middag Almal,Jaaaa dit is WEEEER Vrydag en vandag kan ons met 'n loflied in ons harte die Here loof en prys vir die fant...
21/10/2016

Middag Almal,

Jaaaa dit is WEEEER Vrydag en vandag kan ons met 'n loflied in ons harte die Here loof en prys vir die fantastiese reen wat die week reeds geval het..... Dankie ABBA VADER..

Sondag begin ou Ollie toe 'n ding met sy preek oor mense wat hoop verloor het en wat is nou eintlik genoeg?

Dit was 'n treffende boodskap en ek peins reeds heel week hieroor.. Daarom het ek en Nesta dadelik die "Challenge" aanvaar om iemand te gaan voed Woensdag aand en sommer net weer opnuut 'n klomp harts ervaringe te kry. Dit was regtig puik en ek d**k die gedagte kan 'n meer gereelde instelling word..
Mens gaan wel lekker hartseer huis toe en bly d**k aan die mensies wat op straat is en deur al die reen moes veg om te probeer droog bly.
Ek het vanoggend vroeg darem weer vir Cor gesien daar op Jean laan en hy het darem 'n sambreel ook byderhand gehad om sodoende te kon droog bly..

Wel, ek het ook moed verloor so paar maande terug en was regtig in sak en as, my awesome Nesta het my bly bystaan en ek het nie vir een oomblik my aandag van God afgehaal nie, Dit was my behoud en ek kon weer HOOP kry en MOED skep..

Vandag bly ek en Nesta lekker in ons Kothuis daar in Glen Austin en is albei weer gelukkige mense met 'n rustigheid om ons. Dankie my liewe Vader vir U hulp en genade deur die hele tyd..
So het Abba dan nog baie meer vir ons in die komende paar weke om te doen voor die jaar finaal sy oë sluit en tot ruste gaan kom..

Ons skop af die naweek met die UNITY RUN se diens by Beula Park in Germiston en as jy nog nooit 'n klomp bikers saam die Here sien dien het nie, MAAK 'N PLAN... Jy sal nooit weer die selfde wees nie..

Ek vertel ander dag die verhaal van Cor Van Jeanlaan, sommer nou sy naam en van en dan nog 'n klomp interresante dinge wat ons gaan doen voor die einde van die jaar.
Kom ons loof en prys God die naweek vir die mildelike reen wat ons ontavng het en dan ook dat Hy so genadig is ...

Mag julle ieder en elk 'n briljante naweek hê en geseend wees..

Blessings
Da Prez
BLLH&R

17/10/2016

Dagsê Vriende,
Kom Vrydag, kyk ek die storie so en ek weet ek het niks te sê nie en vroetel hier en daar oor dingetjies om te skryf ens... Gelukkig is ek vroeg af en dodge die hele spul van julle sinder om ;n woord kwyt te raak... hahahahaaaa lag ek en d**k dit is OK, Neeeeeeeee toe nie meneer.
Dit pla my die hele tyd dat ek julle afgeskeep het en niks te sê gehad het nie, tot SONDAG oggend..

BOOOOOOEM,
Daar bring ou Ollie woord Sondag oggend en ek weet net daar en dan dat ek moes wag en die boodskap vanoggend eers deurgee..

Ja ja ja ons was bietjie "gechallenge" en ek wil graag die geleentheid gebruik om ieder en elk van julle ook te "challenge"..

Ons gaan Woensdag aand ons ete opskep en dan uitvat op straat en iemand wat huisloos is bederf met 'n kossie, maar dan vat ons dit 'n rapsie verder....... Ons bid dan ook vir die persoon en gaan dan huis toe en skep NIE vir ons kos in nie en gaan slaap EEEEN aand soos hulle sommer meer as gereeld doen.

GAME ON... Wie val saam met ons in op die een???

Gee dan sommer so bietjie terugvoer Donderdag en Vrydag en laat weet hoe dit jou hart en gemoed laat voel het om die goeie daad te doen. Kom ons release bietjie die gevoel van welwillendheid in ons omgewing en dan "Challenge" jy ook sommer jou vriende en famillie om dieselfde te doen..

Dit klink vir my na 'n bakgat idee, en ek wonder wie sal die moed hê om dit te doen..Kom ons kyk!

Liefde en seëninge vir ieder en elk van julle..
Da Prez
BLLH&R

Middag Almal,Wow, ek hoor vanoggend dat daar sleg 86 dae van die jaar oorbly.... Blikskottel maar die tyd vlieg en daar ...
07/10/2016

Middag Almal,
Wow, ek hoor vanoggend dat daar sleg 86 dae van die jaar oorbly.... Blikskottel maar die tyd vlieg en daar is hordes en hordes goedjies en ditjies en datjies wat nog moet gebeur voor die jaar finaal op sy rug gaan lë..
Soms wonder jy of jy deur alles gaan kom en dan na die tyd d**k jy,, sjoe was toe nie eers so erg nie!
Menslike faktor...... Ons STRESS mos oor alles en dan gebeur daar 90% van die goed nie eers nie..
Bring my na die terme VERTROUE en GELOOF
Ons as spesifiek Suid-Afrikane jkan mos nie eneige iemand anders vertrou om vir ons 'n ding te doen nie! Ek self is baie skuldig aan die outjie hoor!! Man, as ek iets gedoen wil hê, dan doen ek dit self want anders is dit nie reg gedoen nie..
Soo gaan die dinge maar met ons ou volkie... Die ander probleem is mos, ek glo nie die of daai of Piet of koos sal die job gedoen kry nie.. hy of sy het nie genoed ervaring nie of ek d**k dit is iets wat hy of sy al gedoen het nie!
Komaaan mense, dit is net aardse dinge en as iemand anders dalk op bollie, gee dit ons die kans om te help of ons kan dalk net soooo verbaas wees oor die persoon se "verborge" talente...
Soos ek gesê het, ek struikel sleg met diesefde probleem en wens ek kan meer aan ander oorlaat om te doen, sodoende sal ek nie net myself nie maar ook ander mense baaaie kan help.
kom ons kweek die gedagte van ander die kans gee om hulself aan jou te bewys of die geleentheid om gehelp te kan word..

O nthou asseblief die bergbid by Fort Klapperkop en dan ook om sewe uur elke saterdag oggend by die Centurion Lifestyle Centre in die parkeer area voor die Virgin Active Gimnasium. Hoop om julle daar te sien!

ONTHOU.... Die bid geleenthede is vir ieder en elk en nie net vir bikers of Bombshelter lidmate nie!

Seëninge vir almal en mag julle een geweldige lekker en ontspannede naweek hê..

Blessings,
Da Prez
BLLH&R

Address

Centurion

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Christian Knights MCC. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share